Page 1 of 1

Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 3:20 pm
by Eduard Venter
Goeie middag.

Ek wil bietjie raad vra by die bees boere. Wat kan ek vir wit brahaman verse en koeie gee om hulle mooi af te rond om veiling toe te vat 14 januarie? Hulle is in redelike kondisie maar nog nie vet genoeg nie. Die weiding in die veld is ook omtrent op met die droogte.

Dankie

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 6:51 pm
by johans
dis bietjie min tyd vir afrond.maar jy kan sb100 en geelmeel meng.gee net eers min aan die begin

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 7:00 pm
by Eduard Venter
Ok dankie. Ekt ook nou by n paar boere gehoor dis te min tyd. Hulle het lusern gemeng met mielies aanbeveel aangesien die beeste al bietjie lusern kry die laaste paar weke

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 7:13 pm
by Capt. Yoda
Pasop maar net vir te veel mielies veral as hul dit nie ken nie

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 7:17 pm
by Eduard Venter
Dankie kaptein. Ons voer nooit eintlik ons beeste nie maar die droogte dwing ons daartoe. Die Liewe Heer sal vir ons die reen stuur maar vir nou moet ons maar begin voer.

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 9:01 pm
by Apie
Watse area is julle Eduard?

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 9:06 pm
by Eduard Venter
Apie so 20km buite dwaalboom

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 9:21 pm
by Apie
Hoeveel verse + koeie het jy en wat wil jy hĂȘ vir hulle?
Ouderdom op koeie en verse?

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 9:27 pm
by Eduard Venter
Ons gaan donderdag klas en uitkeer. Skat so 20+ jaaroud verse en dalk so 10-15 koeie van enige ouderdom. Dis my pa en oupa se beeste sal bietjie hoor wat wil hulle he. Ek sal nie nou van myne verkoop nie want ek het net 6 koeie en my laaste 5 kalwers was almal bulletjies! So gaan dit mos maar haha

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 9:42 pm
by Apie
Laat weet my, my swaar is in die veiling bedryf en het redelik kontakte, dalk het hy vir jou n koper uit die hand uit wat soek...

Re: Beeste afrond vir veiling

Posted: Mon Dec 28, 2015 9:45 pm
by Eduard Venter
Dankie apie waardeer die moeite. Die probleem is met die droogte het niemand meer weiding om beeste aan te koop nie so kopers is maar skaars