Page 1 of 2

cabelas

Posted: Sun Jun 12, 2011 7:03 pm
by ablm468
Ek sien Cabelas het nou 'n toegewyde Suid afrikaanse website, daar is egter steeds beperking op die produkte wat mens kan bestel van hulle af. Het enigiemand ondervinding van hulle en wat mag en mag nie by hulle bestel word nie. Is daar enige belastings betaalbaar op produkte van hulle bestel en hoe vergelyk die pryse tov plaaslike handelaars. Maw is die die moeite werd of moet 'n man eerder jou goed hier in SA soek?

Ek sal in elk geval eerder 'n plaaslik handelaar wil ondersteun maar somtyds het hulle nie als wat mens soek nie.

Re: cabelas

Posted: Sun Jun 12, 2011 8:48 pm
by Francois Marais
Hansman

Sit bietjie daar n link op, ek kry niks, net jagte wat ui uit USA gereel word.....

Mooi loop
Francois

Re: cabelas

Posted: Mon Jun 13, 2011 5:15 am
by Dawid
Dis www.cabelas.com .Ek en n maat van my het vir ons goed bestel van daar af en dit het presies 5 weke gevat toes dit in SA by die poskantoor.

Die pryse is baie goed en ek dink as mens net bereid is om n bietjie te wag is dit goed om vandaar te bestel want meeste van die jaguitrusting wat ons in SA koop en wat waarborge het kom inelkgeval van USA, so ......as dit breek word dit inelkgeval soontoe gestuur.

My 2c

Re: cabelas

Posted: Mon Jun 13, 2011 7:30 pm
by Pvdw
Dawid hoe het jy geregistreer? Ek het etlikke keer probeer maar my telefoon nommer bly hulle uitgooi. Ek het nou al landlyn, selfoon met ensonder die +27 als probeer. Wat het jy gedoen om dit te bypass??

Hoor graag.

Peet

Re: cabelas

Posted: Tue Jun 14, 2011 7:52 am
by Dawid
Nee Peet ek hetnie gerigestreer nie, ons het bestel, met die kaart betaal ,die adres gegee waarnatoe die goed moet gaan en dis dit.

Dink dit was 5 weke toes die goed by die poskantoor op Piketberg en my maat se vrou het dit loop afhaal. Geen probleme nie.

Re: cabelas

Posted: Sat Jun 18, 2011 10:17 pm
by ablm468
Dawid

Dir is goed om te weet, soms kan mens goed daar kry wat nie hier beskikbaar is nie, het jy enige invoer belastings betaal?

Re: cabelas

Posted: Sun Jun 19, 2011 8:13 pm
by Fanie Nel
Goeie naand Dawid

Wil net weet as mens nou goed van vsa bestel betaal mens invoerbelasting op die goedere

Groete Fanie Nel

Re: cabelas

Posted: Sun Jun 19, 2011 9:27 pm
by Monrique (SJ)
Fanie

Jy sal inderdaad belasting daarop betaal!!

Groetnis

Re: cabelas

Posted: Sun Jun 19, 2011 9:29 pm
by blaser
EK BESTEL HEELWAT VANAF DIE VSA EN BETAAL DAN NET VAT BY DIE POSKANTOOR

Re: cabelas

Posted: Mon Jun 20, 2011 6:46 am
by Dawid
Fanie

Solank die goedere wat jy bestel net onder die toegelate belastingvrye R 3 000-00 is. Ek bring ook gereeld goedere hier van Saudi af huistoe en solank dit onder die toegelate perk is het n man geen pyne nie.

Re: cabelas

Posted: Mon Jun 20, 2011 6:54 am
by Gerhard
David,

Wat maak jy in die sand land?

Re: cabelas

Posted: Mon Jun 20, 2011 8:25 am
by Dawid
Werk konstruksie Gerhard.....in die HSE bedryf. Ons kontrak maak eersdaags klaar dus is ek alweer opsoek na n ander.

Re: cabelas

Posted: Mon Jun 20, 2011 8:28 am
by Gerhard
Dawid wrote:
Werk konstruksie Gerhard.....in die HSE bedryf. Ons kontrak maak eersdaags klaar dus is ek alweer opsoek na n ander.
Sterkte Dawid,

Jy behoort nie te sukkel nie daar is baie werk in die HSE bedryf.

Groete

Re: cabelas

Posted: Mon Jul 04, 2011 12:53 pm
by Pumba30-06
Goeie dag aan al die manne
Ek dog gee ook my 2c van Cabellas. Ek het die 24/06/2011 vir my goedjies van hulle af bestel, ek het betaal en probeer van die goed vergeet want dit vat mos lank om te kom. Die 28/06/2011 stap hier n man met n boks vir my by die werk in en toe ek hom oop maak dit my goed. So ek moet se hulle diens is briljant en spoedig en my ervaring met hulle was baie aangenaam.

Re: cabelas

Posted: Mon Jul 04, 2011 12:57 pm
by BLOK
Pumba

Daai datums is jy seker dis reg, want 4 dae vir wraggies vinnig

Blok

Re: cabelas

Posted: Mon Jul 04, 2011 1:16 pm
by Monrique (SJ)
Blok

Ek  het ook al goed van US of A bestel en het dit 6dae daarna gaan haal by die poskantoor.  So ja, glo dit kan gebeur!!

Groetnis

Re: cabelas

Posted: Mon Jul 04, 2011 1:51 pm
by henslin
Het al twee keer van hulle gebruik gemaak. Albei kere was 5 dae tot hier by my in die boendoes. Selfs vinniger as die Posdiens vanaf Kaapstad tot hier !! Normaalweg kan jy hulle diens nie klop nie.

Re: cabelas

Posted: Tue Jul 05, 2011 7:38 am
by Pumba30-06
Ek is 100% seker. Ek het dit die vrydag bestel en die volgende week dinsdag toe is die goed by my. Ek kon dit self nie glo, maar dit is so. Hulle diens is maar net in n ander klas, ek het laas goed van kaapstad af bestel en dit het langer gevat om by my te kom met ons plaaslike pos diens. As ek reg was het hulle dit met UPS gestuur. Ek wens net hulle wil die so vol strond wees oor wat ons mag bestel nie. Daar is darm n paar lekker goedjies vir baie goedkoper as by ons te koop ;D

Re: cabelas

Posted: Tue Jul 05, 2011 7:44 am
by BLOK
Dit is wragtag goeie diens, ek dink ons posdiens kan dan rerig n ding of twee daar gaan leer. As dit die geval is sal ek ook in die toekoms van hulle gebruik maak.

Blok.

Re: cabelas

Posted: Tue Jul 05, 2011 8:02 am
by tripodmvr
Die aflewerings kos jou as aankoper meer om die' vinnige diens te kry. Ons hier in Afrika !!!!! - die posdiens in Engeland roem hulle daarop dat hul aflewerings slegs 24 uur vat - dit is normale pos.

Re: cabelas

Posted: Tue Jul 05, 2011 8:05 am
by blaser
onthou net hulle posgeld is vrek duur maar gewoonlik is dit nog steeds goedkoper as om plaaslik te koop

Re: cabelas

Posted: Tue Jul 05, 2011 10:42 am
by Pumba30-06
Hulle pos geld is vrek baie maar nog steed soos remington gese het is dit goed koper. Ek het vir my twee geweer tasse gekoop van hulle wat my $50 gekos het en die posgeld was $40 as ek reg onthou was dit R624 wat ek moes betaal vir altwee. Die tasse kos hier op Hunters Boma se webblad R1000 een so dit was nogsteeds n bargein.

Re: cabelas

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:17 pm
by ablm468
Pumba

Het jy die landpos of die lugpos opsie gebruik?

Re: cabelas

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:19 pm
by ablm468
Manne

Wat mag en mag nie by hulle bestel word nie, ek weet ammunusie is uit maar mag herlaai komponente soos doppe of punte bestel word?

Re: cabelas

Posted: Fri Jul 08, 2011 6:57 am
by blaser
daar is nog n plek nl brounals in die vsa wat net so goed is laas week by hulle bestel en 4 dae later gekry