Sudami Knaldempers
Posted: Mon Dec 28, 2015 12:59 am
Dagsê,
Ek het op Huntex 2015 kennis gemaak met Sudami X-Ring, ek het ook gesien daar is 'n draad op die forum wat hulle herlaai toerusting bespreek word.
Sudami se knaldempers het regtig indrukwekkend gelyk op Huntex en ek het 'n goeie gevoel gekry teen opsigte van die kwaliteit van materiale wat gebruik is en ook van die vakmanskap.
Ek het toe later kontak gemaak met hulle en hulle het vir my 'n video gestuur van hulle knaldemper in aksie, dit klink regtig goed op die video maar ek het nou al in die verlede gesien dat 'n knaldemper video moeilik vergelykbaar is met die werklikheid omdat 'n kamera se mikrofoon nie 'n mens se oor is nie.
My vraag is nou: is enige iemand op die forum al van Sudami se knaldempers gebruik het? Sal julle dit aanbeveel of sal ek die proefkonyn moet wees?
Ek hoor graag van julle!
Groete
JanH