Page 1 of 1

Myburgh se droom word waar...

Posted: Mon Dec 21, 2015 12:37 pm
by Ben Remington
Goeie middag...

Myburgh wou nog altyd baie graag 'n rooibok skiet...hy het baie vir my gesê : " Pa dit maak nie saak of dit 'n ram of ooi is nie...net solank dit 'n rooibok is."

Vanoggend vroeg hoor ek hy antwoord my selfoon en ek hoor net hy sê: " Dit sal baie lekker wees dankie oom."
Hy kom by die kamer ingehardloop en sê ek moet die Remington uit die kluis haal , ons moet ry.
Een van my pelle het hom gevra om vir hom 'n springbok en 'n rooibok te kom skiet. Die springbok se skoot was effens hoog en die rooibok sin amper te hoog...maar dit was dood skote...die rooibok het gestaan op 125m en die springbok op 90m.

Sy sussie nou een jaar en drie maande oud was ook by....voorreg om dit saam mens se familie te kan geniet.

Hier is so paar fotos.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20een_zpszp6qdmqp.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20twee_zpsphrir4xh.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20drie_zpsjc9ybutm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20vier_zpspdgtfj2n.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20vyf_zpsvfr9gqmo.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20ses_zpsbocaqm6k.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20sewe_zps9ledinxg.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20ag_zpsrtllgftw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20nege_zpsuhs0bwld.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20tien_zpslowvreev.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20elf_zpsuvlk1p1r.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20twaalf_zpsvioslqzy.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20dertien_zpssyradazb.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20veertien_zpstwzocqv1.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/ros%20vyftien_zpsfzsod6lr.jpg

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Mon Dec 21, 2015 12:40 pm
by ruaanb
Aitsa wat 'n lekker Kersgeskenk. Welgedaan aan die jong man.

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Mon Dec 21, 2015 12:55 pm
by toelie
Baie geluk aan die jong bulletjie. Wat n voorreg om dit met die familie te kan deel

Groete

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Mon Dec 21, 2015 1:00 pm
by Omnia
Baie geluk ou seun , hou jou jag nou al vir 'n geruime tyd dop , en lekker om te sien hoe pronk die pa , sou ek ook 'n seun gehad het sou ek presies die selfde gedoen het , maar nou ja soos die vrou se " liewe Jesus het geweet vir wie hy seuns moes gee" Hier kom nog 'n groot wildjagtertjie !!!!

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Mon Dec 21, 2015 2:01 pm
by Suikermuis
Baie geluk Myburgh! Hoop dis die eerste van baie wat jy en jou pa saam kan geniet. Daai foto hoort teen n kamermuur!

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Mon Dec 21, 2015 4:05 pm
by Mellies
Mooi man!

Met n vleisie...

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Mon Dec 21, 2015 5:44 pm
by VdWalt
Baie mooi en baie geluk!!

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Mon Dec 21, 2015 8:46 pm
by Ben Remington
Baie dankie aan almal...die man van my se bors is omtrent nou breed.

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Wed Dec 23, 2015 6:48 pm
by koos 2
Pragtig man, baie geluk aan die jagter !!!

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Tue Dec 29, 2015 2:05 pm
by Vlakvark Soldaat
Well-freakin-done! Dis awesome!

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Thu Dec 31, 2015 8:09 am
by OU VOORSLAG
Baie geluk Ben en Myburgh. Bietjie hoog maak nie saak nie, solank dit een skoot doodskoot is is dit n goeie skoot.

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Thu Dec 31, 2015 8:54 am
by Baasvark
Baie geluk! Kan nie wag tot my knapie sy eerste bok skiet nie!
Welgedaan.

Re: Myburgh se droom word waar...

Posted: Sat Feb 13, 2016 4:32 pm
by woutermarais60
Pragtig jong man jy was baie bevooreg
Mooi geskiet met pragtige fotos