Page 1 of 1

Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 21, 2015 5:55 am
by Cobust
My naam is Cobus Terblanche (Cabousie) en is vanaf Kuruman. Besoek al jare lank die website vir raad en idees en het uiteindelik besluit om aan te sluit. Hoop en glo en sal ook 'n bydra kan lewer.

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 21, 2015 6:11 am
by marco
More more goeie besluit gewees..Baie welkom. Vertel ons bietjie meer vani roere.

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 21, 2015 6:41 am
by tripodmvr
Welkom Cobus. Sien jy het vroeg inspirasie gekry om aan te sluit.

Gaan loer bo by "User Control Panel". Sit jou blyplek aan sodat dit help wanneer items aangekoop of geruil word. In enige gesprek kan ons dan ook sien in watter streek jy is en watter klimaat en diere daar voorkom. Jou ouderdom is jou eie keuse, maar dui op belangstellings en moontlike ondervinding in sekere toepassings.

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 21, 2015 6:51 am
by Heinz Petersen
Welkom Cobus.
Jy het nou al genoeg raad en idees hier gekry. Nou kan ons weer n slag van jou iets leer.

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 21, 2015 10:01 pm
by Cobus(Cobb)
Hallo naamgenoot, welkom hier.

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Tue Dec 22, 2015 10:15 am
by Cobust
Hi
Ok, hier gaan ons. Sal al die goeters gaan doen op die control panel. Is maar bietjie tegnologies gestremd. Sover dit die wapens aangaan: .243 is in 1970 deur my pa gekoop en ek het ge-erf. Bietjie verander en het nog net die RSA aksie oor. Pacnor 26 duim loop op met Armtec kolf en Swaro Z5 5-25 scope. Maak mooi.
.375 is 'n standaard Remington 700 met Swaro Z5 3.5 - 18. Hy geniet nogal 235 g tsx teen so 2800f/s.
300WSM is nat nuut. 3weke gelede gekry. savage vlp12 met Kahles k624i op. Skiet nosler 175 g custom competitions teen netoor die 3000f/s.
Praat nie oor my 30.06 nie. Hy moet gaan. 4 jaar laas met hom geskiet.
Ek herlaai die laaste 15 jaar en sukkel maar nog steeds om sekere dinge te verstaan.

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Tue Dec 22, 2015 7:54 pm
by ruaanb
welkom daai vlp's gooi mooi

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Thu Dec 24, 2015 11:49 am
by Citfield
Welkom.