Page 1 of 1
Wie se wat Vortex Viper PST 6-24x50
Posted: Thu Dec 17, 2015 8:07 am
by Steppenwolf
Hi manne en mannine wie se wat van hierdie FFP scope? Sal jul opinies baie waardeur
Re: Wie se wat Vortex Viper PST 6-24x50
Posted: Thu Dec 17, 2015 10:11 am
by Hein22
Ek hou baie van myne. Clicks is baie positief en baie akkuraat. Glas is helder en ek kyk mooi tot op 700m met hom (nog nie veel verder geskiet nie). Ek kan nou wel nie 6mm gaaitjies op 300m sien nie (selfs nie op 250m nie) maar ek het nog nooit 'n scope besit waarmee ek dit kon vermag nie - miskien maar net my oë. Die reticle vul die beeld ook mooi op 20x vergoting en op - iets waaraan ek nou gewoond geraak het en dadelik mis as ek in 'n scope kyk wat nie so is nie. Die shims vir die 'zero stop' is meer as voldoende vir my benodighede.
Ek het die FFP MRAD weergawe en ruil hom vir niks. My persoonlike opinie is dat die scope baie goeie waarde vir geld is en dat ek nie veel gaan bykry as ek 'n scope van dubbel die geld waarde koop nie.
EN - jy kry lewenslange waarborg, "no questions asked".
Re: Wie se wat Vortex Viper PST 6-24x50
Posted: Thu Dec 17, 2015 10:23 am
by Burger
Ek het 2 van die teleskope, een in FFP en een in SFP en altwee MRAD. Baie gelukkig met myne en ek dink Hein22 het dit reeds als mooi opgesom. Wat ek wel kan bynoem is dat Mrad vir my maklik werk as jy hom eers gewoond geraak het.
Re: Wie se wat Vortex Viper PST 6-24x50
Posted: Thu Dec 17, 2015 11:38 am
by Beyers
Baie gelukkig met my 2 al is hullle SFp
Re: Wie se wat Vortex Viper PST 6-24x50
Posted: Thu Dec 17, 2015 6:43 pm
by Steppenwolf
baie dankie manne
Re: Wie se wat Vortex Viper PST 6-24x50
Posted: Sat Dec 19, 2015 4:23 pm
by Alwin
Ek hou ook baie van die spesifieke model. Die EBR-2C "recticle" is my gunsteling. Maar onthou dat die teleskoop by die toepassing moet pas. Hy is beslis nie geskik vir een en alle tipes sportskiet en jag nie. Maar vir lang afstand skote, op onbekende afstande in die veld, behoort hy puik te werk.
Re: Wie se wat Vortex Viper PST 6-24x50
Posted: Sat Dec 19, 2015 9:23 pm
by Steppenwolf
Vortex en Bushnell verbaas mens
Re: Wie se wat Vortex Viper PST 6-24x50
Posted: Sun Dec 20, 2015 7:05 am
by JPS
Dis korek, maar kyk spesifiek wat die aanwending is vir die kompetiesie waar daarvan die opname gemaak is. Dit is in die PRS kompetiesie as ek dit nie mis het nie. Jy sal dan ook nie Bat, Barnard ens. In daardie gewere kry ook nie maar eerder taktiesentipe aksies met magesyne ens.
Maar Vortex is sekerlik nog steeds goeie waarde vir geld.