Page 1 of 5

Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:11 pm
by JanH
Dagsê kerels.

So 'n paar maande gelede het ek en 'n vriend begin praat oor vir ons self sakpas Rotary Wet Tumblers te bou. Ons begin toe nou eers allerhande idees bymekaar maak van hoe ons ou printers se parte en assies gebruik as rollers en so tekere te gaan om so goedkoop as moontlik weg te kom.

Ek besluit toe dat genoeg is genoeg en ek wil iets ordentliks bou waarop ek kan trots wees en met 'n geruste hart kan sê "ek het die ding gebou."

Ek trek toe weg en begin ontwerp op SolidWorks (ek is gelukkig 'n Meganiese Ingenieur). Ek het in die proses baie raad gevra by 'n paar manne hier op die forum, Francoisv het veral baie gehelp. Ek het toe op die ou einde genoeg ontwerp werk gedoen dat ek tevrede was om kwotasies te kry vir die lasersny van die verskillende materiale en dat ek kan aan die werk spring met die vervaardigingsproses.

Hier is die oorspronklike "snips":
1.jpg
2.jpg
3.jpg
Nog fotos en nog beskrywings volg.

Re: Tuirgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:15 pm
by JanH
'n bakkievrag vol parte
4.jpg
4.jpg
Ek dink nie my sweiswerk is te sleg nie
5.jpg
Hier staan die eerste 3 aanmekaar ge "spotweld"
6.jpg

Re: Tuirgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:21 pm
by JanH
Nog so 'n bietjie sweiswerk
7.jpg
Eerste keer aanmekaargesit (nog net die koppeling is nodig)
8.jpg

Re: Tuirgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:23 pm
by JanH
Hulle is so 'n bietjie groter as die modelle wat mens by S&O koop:
12.jpg
Spuitverf by 'n pel se huis
13.jpg
16.jpg

Re: Tuirgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:27 pm
by JanH
Hier is so 'n paar fotos van die eerste keer wat ek hom gebruik het:
18.jpg
19.jpg
20.jpg

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:30 pm
by JanH
Ou doppe wat my boet in die veld opgetel het:
Voor
21.jpg
en Na
22.jpg
Sommer net 'n hele klomp 223 doppe op my droograkkie
23.jpg

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:33 pm
by JanH
Ek het die naweek so 'n hele paar foto's geneem soos wat hy nou lyk, hier is hulle.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:35 pm
by JanH
Hy kan heelwat doppe hanteer, ek het die naweek die volgende doppe almal op een slag in hom gehad:

375 H&H x 75
270 Win x 43
7x57 x 56

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:38 pm
by JanH
My resep loop so:
- Ek gooi eer sal die doppe in
- Daarna Stainless Steel Media
- Maak dan so 75% vol water
- Een teelepel sitroensuur (Citric acid)
33.jpg
34.jpg
- twee teelepels sunlight liquid
35.jpg

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:49 pm
by JanH
Die is al die fotos wat ek nou het.

Ek het baie dikker staal gebruik as wat nodig is, die rede hiervoor was sodat ek dit met gemak kan sweis (ek gebruik nog 'n ou boog sweismasjien)
Ek het die twee kante ook van dukker staan gemaak sodat hulle nie die poliuretaan bussies te maklik sal sny nie - in my opinie is die benadering baie goedkoper as om 'n lip op te sweis.

My doel was om soveel as moontlik "off the shelf" produkte te gebruik met so min as moontlik masjinering omdat ek nie self 'n draaibank of soortgelyk besit nie.

Al draaiwerk wat ek op die ou einde benodig het was om die buigbare koppelings 'n bietjie te laat masjineer sodat hulle mooi op die VW City Golf ruitveër motor se assie pas.

Hoop julle hou daarvan en ek hoor graag wat julle dink

Groete,
JanH

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:50 pm
by Williel
Wow, daai lyk bitter mooi!!!

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 1:56 pm
by Katefbessie
Is dit nie maar presies 'n identiese kopie van die huidige STM Tumbler op die mark nie?
Sien "jou" resep is ook presies dieselfde as STM s'n behalwe vir die vervanging van Lemi Shine wat moeilik bekombaar is.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 3:34 pm
by joe rocket
Lemishine se hoofbestandeel is sitroensuur.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 3:49 pm
by JanH
Katefbessie wrote:Is dit nie maar presies 'n identiese kopie van die huidige STM Tumbler op die mark nie?
Sien "jou" resep is ook presies dieselfde as STM s'n behalwe vir die vervanging van Lemi Shine wat moeilik bekombaar is.
Hi,

Hy is so te sê 'n kopie, behalwe dat ek die drom direk aandryf.

Hy is ook baie groter as die STM tumbler en die laers wat ek gebruik is ook heelwat groter as hulle s'n.

Ek het oorspronklik wynsteensuur gebruik en nie sitroensuur nie, maar dit het die efek dat die doppe baie vinnig dof raak nadat mens hulle uit die seep mengsel uitgehaal het

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 3:56 pm
by Williel
Tartaric acid is die regte een vir Sannie. Probeer gerus, dis juis om koper en alooistaal skoon te maak.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 4:03 pm
by Suikermuis
En die groot vraag:
Wat is jou verkoopprys en hoe lank tyd verloop vanaf besteldatum tot versendingsdatum?

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 4:15 pm
by JanH
Suikermuis wrote:En die groot vraag:
Wat is jou verkoopprys en hoe lank tyd verloop vanaf besteldatum tot versendingsdatum?
Image
Suikermuis,

Ek gaan vroeg in volgende jaar nog 'n rondte bou wat dan met wisselstroom motors sal werk (die gelykstroom van die ruitveër motor was op die ou einde 'n probleem omdat ons nie almal 'n gelykstroom kragbron by ons huis het nie)

Soos ek my beplanning doen behoort hierdie nommers so in die omgewing van R 2300 te kos.

Die nuwe modelle sal dan gepowdercoat wees en met gewone wisselstroom krag werk.

Ek bestel eerste ding in Januarie al die parte wat ek gaan nodig hê om die volgende rondte te bou en dan sal ek ook 'n finale koste kan vasmaak.

Groete,
JanH

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 7:50 pm
by Jaco v Zyl
Hallo Jan
Ek het jou gepm
Jaco

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 10:17 pm
by Cobus(Cobb)
Kom ons sê jy vat 50 doppe...
Hoe lank cycle jy hulle en hoe sal hulle(die doppe) vergelyk met standaard tumbler se skoonmaak proses??

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 10:24 pm
by JanH
Cobus(Cobb) wrote:Kom ons sê jy vat 50 doppe...
Hoe lank cycle jy hulle en hoe sal hulle(die doppe) vergelyk met standaard tumbler se skoonmaak proses??
Hi Cobus,

Ek ek cyxle hulle vir so 1.5 tot 2 ure.

Die doppe is ou die ou einde baie skoner, hulle is aan die binnekant ook skoon en hulle primer pockets is ook skoon (mits jy die primers uitgedruk het voordat jy die hoppe in die tumbler sit)

Met 'n gewone tumbler is die doppe nooit aan die binnekant skoon nie en hulle primer pockets is ook nooit skoon nie.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Mon Dec 14, 2015 10:43 pm
by WitWillem (Charl)
Bestellings:
1) witwillem (Charl)

JanH wrote:
Suikermuis wrote:En die groot vraag:
Wat is jou verkoopprys en hoe lank tyd verloop vanaf besteldatum tot versendingsdatum?
Image
Suikermuis,

Ek gaan vroeg in volgende jaar nog 'n rondte bou wat dan met wisselstroom motors sal werk (die gelykstroom van die ruitveër motor was op die ou einde 'n probleem omdat ons nie almal 'n gelykstroom kragbron by ons huis het nie)

Soos ek my beplanning doen behoort hierdie nommers so in die omgewing van R 2300 te kos.

Die nuwe modelle sal dan gepowdercoat wees en met gewone wisselstroom krag werk.

Ek bestel eerste ding in Januarie al die parte wat ek gaan nodig hê om die volgende rondte te bou en dan sal ek ook 'n finale koste kan vasmaak.

Groete,
JanH

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Dec 17, 2015 2:18 am
by Francoisv
Nice produk JanH. Daar gaan baie dinkwerk en Somme in so projek in.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Dec 17, 2015 8:31 am
by Jean Marais
JanH wrote:Hy kan heelwat doppe hanteer, ek het die naweek die volgende doppe almal op een slag in hom gehad:

375 H&H x 75
270 Win x 43
7x57 x 56
Hallo Jan

Ek het vir my 'n drommetjie by Francois gekoop, maar nog nie die aandrywingstelsel gebou nie. Sal jy bereid wees om net die aandrywingstelsel aan my te verkoop as jy weer 'n klompie bou?

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Dec 17, 2015 8:34 am
by JanH
Jean Marais wrote:
JanH wrote:Hy kan heelwat doppe hanteer, ek het die naweek die volgende doppe almal op een slag in hom gehad:

375 H&H x 75
270 Win x 43
7x57 x 56
Hallo Jan

Ek het vir my 'n drommetjie by Francois gekoop, maar nog nie die aandrywingstelsel gebou nie. Sal jy bereid wees om net die aandrywingstelsel aan my te verkoop as jy weer 'n klompie bou?
Ja Jean dis glad nie 'n probleem nie.
Stuur net vir my die afmetings van jou drom sodat ek seker is hy pas op die aandrywing stelsel wat ek vir jou gee.

Groete
JanH

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Dec 17, 2015 8:45 am
by OU VOORSLAG
As jy die volgende rondte wil begin en die finale kostes het wil jy dit nie maar hier opsit nie dink hier is n paar manne wat jou gaan ondersteun soos ek bevoorbeeld.