Page 1 of 1
Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Mon Dec 14, 2015 8:39 am
by bush hat
More maats,
Vriend van my is ernstig om 'n pasmaak Musgrave 25-06 Rem met 26" loop, bull barrel, ens te laat bou.
Hy is nie op die forum nie....werk baie in die buiteland. Hy besit tans o.a. 'n .308 maar kyk na die 25-06 vir platter skiet, ook verder tot so 600m maks, dan SA Jagters tabelle, wil ook gebruik vir kalahari en voorsit jag, ens.
Wat dink julle van die kaliber, voor en nadele of ander beter voorstelle dalk ?
Groetnis
Re: Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Mon Dec 14, 2015 8:41 am
by Supacow
Ek sou 280ai of 284 win vote
Re: Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Mon Dec 14, 2015 8:42 am
by Capt. Yoda
Ek sou ook 6.5 of 7mm gaan
Re: Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Mon Dec 14, 2015 9:06 am
by TOKELOS
Baie lekker kaliber MITS die loop nie korter as 26 duim is nie. As ek hy was sou ek vir nog n langer loop gaan. 28 selfs 30 duim!
Re: Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Mon Dec 14, 2015 9:12 am
by tripodmvr
Ek kry die gevoel dat die 25-06 sy lewe gehad het. Die 6,5mm bied net meer en komponente is net makliker beskikbaar. Vir ver skiet op groter bokke tel die 120-140 grein koeëls ook meer in die' se guns. My aanbeveling sou ook 6,5/7mm wees.
Re: Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Mon Dec 14, 2015 9:20 am
by Supacow
As jy goedkoop pte 2dehands wil koop gaan 270 win.
Hul word soos die 2506e die een na die ander geprul.
Re: Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Tue Dec 15, 2015 7:35 am
by Gerhardu
Laat hy vir hom n 6.5-06 bou. Sal nie spyt wees nie!!!
Re: Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Tue Dec 15, 2015 8:42 am
by Williel
As ek reg lees is hy baie uitstedig. Gaan hy tyd op hande kry vir herlaai? As nie sal ek eerder na n ander kaliber kyk waar rakammunisie vrylik beskikbaar is. Ek besit die kaliber en my ervaaring is soos volg. Loop gaan dalk 2000 skote hanteer waar dit baie akkuraat sal wees. Daarna gaan jy moet begin belê in n nuwe een. Koeël keuse is nie so groot nie maar met herlaai is daar n klompie wat baie goed presteer soos bv 100gr SMK, 115gr Berger VLD en 85gr GSC. Die doppe is beskikbaar in Norma wat een van die beteres is op die mark met geen voorbereiding nodig nie. Vir die 500-600m skote gaan die 115gr Bergers baie mooi werk vir jag en papier skiet, nie dat ek al oor die 300m merk gejag het nie, lees ek wel baie op oor die onderwerp. Looplengte moet minimum 26" wees.
My gat het gejeuk vir n 25-06 juis oor vlaktejag en is nie vir een dag spyt nie. Dat daar beter kalibers met hoër BC koeëls is, is waar soos bo genoem. My oorweging neig ook na n 6.5-06 as die loop moeg is, maar dan moet daar nog plek gemaak word vir n 22-250 ook. Die is maar net my ondervinding.
Re: Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Wed Dec 16, 2015 8:43 am
by blaser
die 2506 is n puik geweer en maklik om te laai en baie akuraat
Re: Raad asseblief. Gedagtes/raad oor 25-06 Rem roer !
Posted: Wed Dec 16, 2015 9:09 am
by tripodmvr
blaser wrote:die 2506 is n puik geweer en maklik om te laai en baie akuraat
Gaan nie daarmee stry nie - dit geld veral as jy reeds een het. As daar egter nou 'n keuse gemaak moet word om so kaliber in die VSA as pasmaak geweer te bou kan dit nog sin maak. Met ons komponent beperkings, grootte van wild wat gejag word en lisensie probleme, sal ek veel eerder na 6,5 en 7mm kyk in daardie grootte orde van kalibers.