Page 1 of 2

Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 1:31 pm
by DSG
Manne ek weet, die topic is seker al so afgesaag maar ek weet regtig nie meer watter kant toe nie. Ek het klaar n lieflike 30-06, besig met die process vir n 375 H&H. ek soek n kaliber vir daai lang plat vlakte skote (springbok, gemsbok) - die 30-06 doen dit al reeds maar ek wil bietjie minder wiskunde doen en ek soek n platter trajek.
Ek herlaai nie self nie maar oorweeg dit sterk.

Wat sal julle aanbeveel?
:)

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 1:34 pm
by JPS
300 Win mag. of 300WSM

My 2c

Groete
JP

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 1:42 pm
by Witpietskiet
Springbok = 243
Gemsbok = 300WSM, 300Win Mag, 7mm Rem Mag

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 1:46 pm
by DSG
Hoe maklik beskikbaar is daai 7mm Rem Mag factory loads?

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 2:19 pm
by DSG
Ludwig,

ek is baie tevrede met die 30-06 en hy skiet baie plat met die 150 grain hornady's maar tog voel dit vir my met n 300 Win Mag gaan ek net nog lekkerder daai lang skote skiet. Ek zero op die oomblik op 200m daarvandaan is dit 9 clicks +7.4" tot op 300m en 21 clicks +21.5" tot op 400m.

Miskien jik my gat maar net vir nog n roer.

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 2:19 pm
by Witpietskiet
DSG wrote: Hoe maklik beskikbaar is daai 7mm Rem Mag factory loads?
Redelik oral beskikbaar, PMP maak ook vir die 7mm Rem Mag patrone

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 2:40 pm
by LoveHenties
Met 'n 30-06 reeds in jou kluis, en ons lisensies so moeilik soos dit is, is die vraag nie eintlik, watter teleskoop kan dinge makliker maak nie?

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 3:03 pm
by .::Alwyn-U::.
Yes manne

Witpietskiet is heeltemal reg! ek herlaai ook nog nie en skiet met 'n 7mm rem mag. PMP petrone kry ek amper orals beskikbaar maar baie duur!

Bietjie meer oor daai 7mm rem mag, hy skiet rerg baie plat! ek gooi die 140grein dan loop hy lekker vinnig. Ek het al die 180grein gegooi 'n paar jare vir swart wildebees en eland. Ek het nou 'n 375H&H ook gekry, skiet 'n herlaaide dop 200grein punt met hom, jy kan dit oorweeg as jy geld wil spaar en nie 'n hele nuwe roer koop nie! Die 300WM was vir my ook 'n opsie maar my oom jag al vir jare met 'n 375H&H so toe vat ek maar hom bo die 300WM.

Maar ja, mens kan nie verkeerd gaan met die 7mm rem mag nie.

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 3:16 pm
by Janjak
DSG,
my opinie...
As ek n 30-06 en 375 gehad het sou ek na iets soos n 243 of 25-06 gekyk het.

Met die 30-06 kan jy reeds 150gr by die 3000fps gooi wat redelik naby aan bv die 7mm RM is.
Die 7mm het n beter profiel en gooi dalk bietjie vinniger maar jy wen nie soooo baie nie.

my 1 Zim$

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 3:28 pm
by JPS
Geneig om saam te stem met Janjak,
Ek het vir die 300 geopt omrede Gemsbok ook op die menu was, maar jy kan GSC's (onder andere) vir die .375 asook vir die .30-06 kry om die gemsies te looi doer ver, maar onthou die .300 gaan dit beter doen as die .30-06 dit is verseker, ek het ook .30-06 maar dis maar realiteit.
Dan kan jy die 25-06 vat vir die springbokke en Blesbokke ens. (Se maar net 25-06 omrede ek myself uit 243 gepraat het en toe 25-06 gekoop het ;D)

Kyk ook na wat Geno met daai 25-06 gedoen het op gemse ook ;) opdie Deben Gemsbokke post van hom.



Groete

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 3:30 pm
by Jaco Swart
DSG.

Moet nou nie verder soek nie.

Gaan koop vir jou 'n 243 en al joou kopseer is opgelos. Jy moet net weet dat jou ander wapens so bietjie gaan stof opgaar as jy die 243 het.

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 3:35 pm
by 300Winmag
... en dis hoekom ek nie van 'n 30-06 hou nie, ju sukkel om 'n verskoning te kry om nog 'n geweer te koop!

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 3:36 pm
by DSG
;D Ai julle manne laat my lekker lag so op die Vrydag!!! Maar baie dankie vir die goeie raad van almal - ja dit is nie n maklike besluit nie, ek sal hom maar maak more nadat die Bulls die Stormers getrap het. Lekker Naweek hou manne!
;D

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 3:56 pm
by Jaco Swart
DSG

Ek dui net 'n aanhaling aan wat ek vir Verkenner gepost het toe hy homself voorgestel het:
Ons het hier op die forum 2 beleide wat asb gehoorsaam moet word.

1. Jy mag nie die Blou Bul / Bulls naam noem nie , dit is kru taal en word nie geduld nie.
2. Jy mag nie oor  jou Land Rover "Breg" nie.


Jy moet asb ook by die praktyke gehoorsaam.

Groetnis

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 5:15 pm
by JPS
;D ;D ;D

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 5:32 pm
by Hein M.
Jaco S wrote:

1. Jy mag nie die Blou Bul / Bulls naam noem nie , dit is kru taal en word nie geduld nie.
;D

Mooi man!

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 6:35 pm
by Gerhard
DGS...

More speel die Bulle die Stormers stil.

Kyk net die manne se reaksie toe ek hulle vandag vertel het die Stormers gaan die cup wen...

[img width=560 height=395]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... ge0011.jpg[/img]

SO jy hoef nie te veel te dink nie...

Die 375 H&H is perfek vir daai lang afstand Gemsbok klas wild jag skote.

Dan ook die 30 06 vir die bosveld skote.

Die 243 Win sal sorg dat jy n perfekte 3 kaliber kombinasie het van kalibers vir Afrika.

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 7:19 pm
by Jaco Swart
243

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 8:05 pm
by erx
7mm Remington Magnum!

Groete
erx

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 8:37 pm
by Hein M.
Gerhard wrote:
Die 375 H&H is perfek vir daai lang afstand Gemsbok klas wild jag skote.

Dan ook die 30 06 vir die bosveld skote.

Die 243 Win sal sorg dat jy n perfekte 3 kaliber kombinasie het van kalibers vir Afrika.
Enigste waarheid hier ;D

Lekker naweek pel

Hein

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 9:08 pm
by tripodmvr
Julle manne sukkel om die regte kaliber te kry. Kies nou 7x64 en julle sal reg wees vanaf duiker tot eland. Minder terugslag en kruit as 7mm Rem en dieselfde vir 30-06. Plat trajek en bobaas kaliber. As jy reeds 30-06 het kry 243 vir die medium wild. Gebruik premium punte en die wild sal joune wees.

Re: Watter kaliber???

Posted: Fri Jun 10, 2011 9:17 pm
by .::Alwyn-U::.
Gerhard wrote: Die 375 H&H is perfek vir daai lang afstand Gemsbok klas wild jag skote.

Dan ook die 30 06 vir die bosveld skote.

Die 243 Win sal sorg dat jy n perfekte 3 kaliber kombinasie het van kalibers vir Afrika.
Almal se opinies mag verskil maar hierdie is beslis die regte opinie ;) ... DIS HULLE DIE!

Re: Watter kaliber???

Posted: Sun Jun 12, 2011 6:11 pm
by Swys14
My 3 geweer kluis sal die volgende insluit...

1) 25-06 of .243 of 6.5mm Swede
2) 300 Win Mag of 338 Win Mag
3) .416 Rigby of .375 H&H of 9.3x62

Re: Watter kaliber???

Posted: Sun Jun 12, 2011 7:20 pm
by .::Alwyn-U::.
Swys, gooi daai 9.3x62 weg  ;D hou by die 375

Re: Watter kaliber???

Posted: Mon Jun 13, 2011 9:29 am
by DSG
Jis Manne, ek hoop julle het ook so n lekker naweek gehad!  ;D

Baie Dankie vir al die raad ek waardeur dit. Hierdie besluit raak nou erger as om tussen 2 vroumense te kies!

My kop staan 300 Win Mag toe maar die 243 in die kluis maak baie sin.