Page 1 of 2
Nightforce ATACR raad asb
Posted: Sun Dec 13, 2015 1:51 pm
by WitWillem (Charl)
Ek kort asb hulp met die besluit oor n NF ATACR
Soos op die forum al bespreek is die nuwe NF ATACR al n geruimde tyd beskikbaar. Ek kyk nou na n ATACR, second focal pane in MOAR.
Nou my vraag is oor of dit die regte of nuwe een is. Die second focal pane scope se made in japan, maar die FFP een se made in USA. Wat ek al op die forum gelees het is die made in usa die een om voor te gaan want hy het die nuwe beter glas. As ek na NF se webtuiste kyk kan jy ook in die fotos sien dat bo op die FFP scope is made in usa geskryf en nie op die 2nd FP scope nie. Die FFp scope se afwerking is ook meer n gloss afwerking in vergelyking met n matt afwerking vir die 2nd FP in die fotos.
Ek wil nie noodwendig n FFP scope he nie, maar wil ook nie die verkeede een koop nie.
So is die 2nd FP NF (made in japan) so goed soos die FFP (made in Usa)? Ofwag ek maar tot in FFP een beskikbaar raak?
Dankie vir die hulp
Charl
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Sun Dec 13, 2015 2:28 pm
by Capt. Yoda
Koop n 2.5-25x52 March
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Sun Dec 13, 2015 2:43 pm
by WitWillem (Charl)
Ja begin nou na hulle kyk
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Sun Dec 13, 2015 3:00 pm
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote:Koop n 2.5-25x52 March
Hoekom?
Wat maak die March beter as die ATACR en is jou stelling gebaseer op persoonlike ondervinding?
Ek spaar self vir 'n nuwe taktiese teleskoop en wil graag 'n ingeligte besluit neem. Die probleem met al die toetse op die internet tot nou is dat die persoon wat die toetse doen bevooroordeeld is teen een of die ander maak.
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Sun Dec 13, 2015 3:04 pm
by cassie_calvinia
hoe verskil die fov tussen die atacr, nfx, en march?
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Sun Dec 13, 2015 3:46 pm
by WitWillem (Charl)
Cassie, ek wil die scope op n 338 lm sit vir langafstandskiet. Vir my is ekevasie en glas dus belangrik.
My vraag is egter of die 2 scopes dieselfde glas het en die kwaliteit dieselfde is?
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Sun Dec 13, 2015 3:50 pm
by Albert84
Ek luister saam
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Mon Dec 14, 2015 7:45 pm
by WitWillem (Charl)
Smaak my niemand weet nie, nou voel ek nie meer so dom nie.....
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Mon Dec 14, 2015 8:54 pm
by Jaco v Zyl
Ek kan nie se wat die verskil tussen die japaneese en amerikaanse atacr is nie,ek het die japanese een, maar hier is my mening oor die ander.
Die march,nxs en atacr is al 3 bulscpopes, en ek glo al 3 sal in die meeste skuts se behoeftes voorsien.
My persoonlike mening oor die 3 geniemde scopes:
March- dink dis die beste all round scope
Atacr- ek hou van hom as n langafstand scope
Nxs- dink dis goeie waarde vir geld, ook as n all rounder.
Soos ek se my persoonlike mening, gebaseer op ervaring.
Groete
Jaco
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Mon Dec 14, 2015 8:59 pm
by WitWillem (Charl)
Dankie Jaco. Ek het 2 NXS 8-32 scopes. Ek soek iets beter en met meer elevation. Daarvoor is die atacr vir my goed met 120 Moa.
So ek ken hulle goed. Wil net probeer bepaal of ek wag vir die ffp of n 2ndfp een neem wat tans beskikbaar is.
Dankie vir jou mening.
Groete
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Mon Dec 14, 2015 10:00 pm
by renier183
ffp
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Mon Dec 14, 2015 10:07 pm
by WitWillem (Charl)
Dankie, ek begin ook daai kant toe leun.
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 7:03 am
by Capt. Yoda
WitWillem (Charl) wrote:Dankie, ek begin ook daai kant toe leun.
Hoor by Geno oor daai 3-24x52 FFP March wat hy by hom het
http://marchscopes.com/tactical-3-24-x-52-ffp.html
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 7:12 am
by Geno
Francois Marais het daai March 3-24×52 gekoop.
Daar is egter baie voorraad by die warehouse.
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 9:02 am
by Sangoma (IAN)
Het jy na die Vortex Razor Gen 2 gekyk?
Daar is nou iets wat my oog gevang het!
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 9:05 am
by WitWillem (Charl)
Hi Sangoma - ja ek het al opgelees oor die Vortex Razor, maar nog nie een in my hande gehad nie. Dit lyk na n baie lekker scope
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 9:11 am
by Smitstertjies
Kyk maar gerus na die March 3-24 x 52 FFP. Ek het een op my 6.5x55 en het sopas nog een van Geno bestel vir die 338 Lapua. Bul scopes.
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 10:21 am
by vossie1
Wat prys die March scope,ek moet kyk vir iets vir my creedmoore
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 12:15 pm
by Pinkes
Witwillem...vir langafstand sal ek kyk na die ATACR Enhanced SFP MOART kruis.Dis wat ek ook orals gesoek het,maar kry nerens nie.Die gewone MOAR is te dik(het dit probeer). Ek het my NXS almal verander na die MOART kruis omdat ek ook LR skiet. Ek is nie seker nie,maar dink die FFP MOAR is dieselfde dikte as die SFP s'n. So hou dit in gedagte want hy maak nogals n kol vining toe op 1000m+.En vir langafstand waar jy net le en skiet(veral vir 'n 338LM) sien ek nie nut vir 'n FFP scope nie.Onthou jy betaal ook meer vir dit.(geld is seker nie 'n faktor nie

)
Ek sal ook sterk na die MARCH 2.5-25 kyk.Hy het ook 120moa verstelling en glo die glas sal ook goed wees.
FYI-Moenie die gewone NXS 5.5-22 met 100moa onderskat nie. Ek gebruik nou een op my 300wm met 'n 20moa base en het 'n volle 78moa wat ek kan stel van 'n 100y zero. Ek kan tot op 1910y stel met die kombo volgens my App. En dan is daar nog 20moa in die reticle oor om te gebruik. Ek en cappie gaan juis die naweek die 1mile aanpak met die NXS.
Groete
Dirk
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 1:23 pm
by WitWillem (Charl)
Middag Dirk, dankie vir die terugvoer.
Het jy al die glas van die 2nd focal plane met die FFP ATACR vergelyk?
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 1:41 pm
by Pinkes
Nee ek het nog nie.Maar ek verstaan die 2nd Gen ATACR SFP en ATACR FFP se glas is dieselfde.
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 1:44 pm
by WitWillem (Charl)
Dankie dit is wat ek wou hoor. Daar is n SFP MOAR wat ek kan kry, maar soos genoem is die MOART die beter opsie. Besluite besluite
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:01 pm
by Pinkes
Hoop jy kry die ding.Hulle is so skaars soos ys in 'n student se dop.
As jy n 2nd GEN ATACR met moart ekstra iewers kry,laatweet my asb.
Groete
Dirk
ps: Hulle sê trou is nie perde koop nie,maar scope koop..ook nie!

Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:06 pm
by WitWillem (Charl)
Al wat ek kan dink is om dit self van die VSA af in te bring... maar dit is nie ideal nie
Sal maar nog wag / soek
Re: Nightforce ATACR raad asb
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:16 pm
by Albert84
Charl, jy praat van direk in bring van die USA af. Hoe doen mens dit, soos ek verstaan mag mens nie tactical scope uit bring nie, net handelaars? Klink my die probleem le daai kant met customs en ITAR. As mens hom net in jou bagasie kan laai en op die jet klim gan ek negatief wees, want een van my vriende het vandag terug gevlieg en ek het maar besluit om nie een saam te laat kom nie, kan n duur les wees as hulle om af vat!