Page 1 of 1
Blom van kremetartboom
Posted: Sun Dec 13, 2015 1:18 pm
by tripodmvr
Het die' foto op 'n familielid se facebook gekry. Ek het nog nooit die blomme van 'n Kremetartboom gesien nie en ek het gedink dit kan 'n leer ervaring vir baie wees. Verder is dit uitsonderlik gevorm en mooi sag op die oog.
Baobab Flower 1.jpg
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Sun Dec 13, 2015 2:05 pm
by PWV
Pragtig!
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Sun Dec 13, 2015 2:12 pm
by win270
Baie besonders! Dankie dat jy dit met ons deel.
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Sun Dec 13, 2015 2:23 pm
by alecjohnson
WOW nog nooit vantevore gesien nie!
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Sun Dec 13, 2015 5:18 pm
by Hein22
Baie mooi. Die blomme maak oop in die aand en word bestuif deur vrugte vlermuise en ook insekte, vir die wat nie weet nie.
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Sun Dec 13, 2015 5:23 pm
by Ben Remington
Iets besonders.
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Sun Dec 13, 2015 6:53 pm
by TOKELOS
Besonders! Ook my 1ste keeer! Dankie!
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Sun Dec 13, 2015 7:16 pm
by tripodmvr
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Wed Dec 16, 2015 9:12 pm
by Vlakvark Soldaat
En dis waarvan creme-soda gemaak word.
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Thu Dec 17, 2015 10:06 am
by DawieKotze
Hiers 'n pragtige video van die blom wat binne 'n minuut oopmaak - net in die nag.
https://www.youtube.com/watch?v=Vp83DffMJ8Y
Groetnis
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Fri Dec 18, 2015 12:30 am
by TOKELOS
Sal graag wil verstaan oor hoekom net in die nag? Weet iemand dalk?
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Fri Dec 18, 2015 8:42 am
by Hein22
Ek glo dit sal wees agv die bestuiwing. Aangesien dit hoofsaaklik vlermuise en nag insekte is. Die blomme stink ook soos vrot vleis.
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Fri Dec 18, 2015 12:40 pm
by TOKELOS
Dankie Hein!!
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Wed Dec 23, 2015 1:47 pm
by Johan Nel
Dawie,
Die betrokke videogreep is van die madagaskar kremetartbome.
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Wed Dec 23, 2015 2:02 pm
by DawieKotze
Dankie vir die inligting Johan. Ek kan seker gaan google, maar wat is die verskil?
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Wed Dec 23, 2015 2:29 pm
by Johan Nel
Daar is nege spesies in die wêreld. Adansonia digitata is die een wat algemeen in die noorde van ons land voorkom. Sy blomme maak in die middag oop om in die nag bestuif te word. Die vrugtevlermius is wel een van sy bestuiwers. Die blom ruik nie aanvanklik sleg nie, maar aangenaam. Eers wanneer die blom afgaan kan dit sleg ruik.
Re: Blom van kremetartboom
Posted: Mon Feb 15, 2016 4:38 pm
by honda2
Sjoe dit is pragtig.