Page 1 of 1
Langafstand skietbaan naby Humansdorp
Posted: Sun Dec 13, 2015 11:36 am
by LJS
Ek het so rukkie terug genoem dat ek n langafstand baan gaan bou buite Humansdorp op n plaas. Dit sal so 25 km van humansdorp af wees. As daar ouens is wat gaan belang stel, sal dit goed wees om koppe by mekaar te sit voor ek met die opset begin. Baan sal tot op 1100 kan gaan met gongs tot op 1500. Groete
Re: Langafstand skietbaan naby Humansdorp
Posted: Sun Dec 13, 2015 11:55 am
by Bakkies303
Ek sal verseker belangstel om daar te kom skiet, maar van die uitleg van 'n skietbaan weet ek egter niks.
Re: Langafstand skietbaan naby Humansdorp
Posted: Sun Dec 13, 2015 11:57 am
by tripodmvr
Dink net mooi voor jy met plasing en grondwerke begin. Baan wat so naby aan Noord-Suid is met skietpunte in die noorde en teikens na die suide werk die beste in SA. Sonlig is dus grotendeels heeldag op die teikens. In die binneland is windrigting oorwegend vanuit die noorde (geld hier by ons).
Re: Langafstand skietbaan naby Humansdorp
Posted: Sun Dec 13, 2015 12:40 pm
by LJS
Thx, gaan basies 1 of 2 keer n maand oop wees net op Sat of Son oggend. Oos na Wes skiet is een opsie en dan ver teikens (1500) sal van suid na noord wees. Wind is by ons minder vroeg oggend, maar baan sal 400 m Bo see spiel wees so weer is bietjie beter as tee aan kus.
Re: Langafstand skietbaan naby Humansdorp
Posted: Sun Dec 13, 2015 3:42 pm
by Speelmansjagter
Lenro...
Ek is in om te probeer help.
Jy kan my maar PM of bel. nes jy wil as jy wil he ons moet bymekaar kom.
Soos ek laas vir jou gese het is ons 3 ouens wat die ding ernstig wil begin.
Re: Langafstand skietbaan naby Humansdorp
Posted: Mon Dec 14, 2015 3:24 pm
by LJS
Dankie vir die hulp, ons sal vroeg volgende jaar reel. Kry maar nog idees om dit interesant te maak. Wat is die gong sizes op 7/8/9/1200m ? Eninge iemand? Groete