Page 1 of 1

Smart HD Optics scope

Posted: Sat Dec 12, 2015 10:27 pm
by Jacquesb
Naand almal

Ken iemand hierdie scope?
En wat dink julle?

Groete
Jacques

Re: Smart HD Optics scope

Posted: Thu Dec 17, 2015 8:16 am
by Steppenwolf
Ken die eenheid glad nie. Vir die prys glo ek nie dit sal kers vas hou met tradisionele scopes in daai prysklas nie.

Re: Smart HD Optics scope

Posted: Thu Dec 17, 2015 10:46 am
by FHM
Jacques hier is n ongelukkige customer wat 2 foute uitwys.
http://www.opticsplanet.com/reviews/rev ... 93697.html

Hier is n meer gelukkige customer maar dit lyk of jy n rugsak vol batterye moet saamdra as jy die scope op jou geweer het in die nag.
http://www.opticsplanet.com/reviews/rev ... 99128.html

En hier is n deeglike oorsig met pro's en con's
http://www.thetruthaboutguns.com/2015/0 ... ght-optic/

EK weet nie of jy die scope in RSA kry en of jy dit wil invoer nie. As jy kyk na die exchange rate huidiglik gaan die scope van U$ 699 jou by die 15 K kos saam met invoerbelasting.

Sterkte met jou besluit

Re: Smart HD Optics scope

Posted: Thu Dec 17, 2015 10:52 am
by ruaanb
Is dit nie maar dieselfde as die ATN XSight wat nou by Safari op special is nie?

Re: Smart HD Optics scope

Posted: Thu Dec 17, 2015 11:07 am
by FHM
Ruaan dit lyk na presies dieselfde scope wat by Safari op special is (edit)
... nee dit is nie - Safari outdoor adverteer NIGHTVISION ATN NIGHT TREK 5X MONOCULAR.

Re: Smart HD Optics scope

Posted: Thu Dec 17, 2015 11:46 am
by Geno
Dit is dieselfde scope wat S&O adverteer.
Herra260, Marno en Francois Marais het al met die scopes te doen gehad.

Re: Smart HD Optics scope

Posted: Fri Dec 18, 2015 5:49 am
by twinhunter
Ek het gehoor dat die manne by S&O nou die nag die scope getoets het en op 300m in piknag donker 'n 200mm gong gestamp het. Het self al bietjie met die scope gestaan en speel en moet sĂȘ dis nogal indrukwekkend wat jy alles kan doen met die app op jou foon en die scope saam.

Re: Smart HD Optics scope

Posted: Sat Dec 19, 2015 9:47 pm
by Jacquesb
Baie dankie vir die terugvoer manne.
Ek vra namens n vriend.
Ekself is tegnologies gestrem en het net n kruishaar nodig.
Groete
Jacques