Page 1 of 1

Foto's oplaai hulp asb

Posted: Mon Dec 07, 2015 6:14 pm
by Leon Crous
Is daar dalk iemand vir wie ek foto's kan whatsup wat dit vir my kan oplaai asb.
Ek sukkel my vrek en kom nerens. Photobucket se m...r. Wil nie vir my werk nie.
Groete,
Leon.

Re: Foto's oplaai hulp asb

Posted: Mon Dec 07, 2015 6:30 pm
by JTM
Wil jy van jou foon af laai of rekenaar?

Re: Foto's oplaai hulp asb

Posted: Mon Dec 07, 2015 6:58 pm
by tripodmvr

Re: Foto's oplaai hulp asb

Posted: Mon Dec 07, 2015 7:07 pm
by Heinz Petersen
Ek sit my GLOCK langs die laptoppie neer. Dit help so bietjie.

Re: Foto's oplaai hulp asb

Posted: Mon Dec 07, 2015 7:15 pm
by tripodmvr
Jy meen die rekenaar bewe so dat die fototjie inglip :laugh:

Re: Foto's oplaai hulp asb

Posted: Mon Dec 07, 2015 7:18 pm
by tripodmvr
Vir my is die maklikste - maak seker dit is 'n jpeg file van so 250kb. Onder full editor is daar choose file - soek hom waar hy gebere is. Add hom en plaas hom dan inlyn - hy verskyn dan as 'n lynbeskrywing - jy kan nou kommentaar bysit.

Re: Foto's oplaai hulp asb

Posted: Mon Dec 07, 2015 7:30 pm
by JTM
As jy 'n Android toestel het. Kry vir jou die toep genaamd Image Shrink Lite. Dit is die verniet weergawe. As jy dan in jou toestel se gallery na die foto kyk wat jy met ons wil deel, klik op die "share" opsie. Dit lyk soos 'n kleiner as teken met kolletjies. Onder die deel opsies kies jy dan die Image Shrink toep. Dit sal jou dan paar foto grote opsies bied. SVGA is gewoonlik een wat klein genoeg sal wees om op te laai. Die volgende opsies wat die toep jy bied kan jy net ignoreer en die terug knoppie druk om uit die toep te gaan.

Volg dan die instruksies bo om dit op te laai. Die gekrimpde foto sal onder jou toestel se interne dryf lê in die Imageshrink lêer.

Re: Foto's oplaai hulp asb

Posted: Tue Dec 08, 2015 1:10 am
by Leon Crous
Dankie manne, ek het reg gekom. Philip het maar gehelp!
En ja, ek het eers op die forum gekyk en al die maniere probeer..... ek's seker net te stupid. :-[
Cheers.

Re: Foto's oplaai hulp asb

Posted: Tue Dec 08, 2015 6:10 am
by tripodmvr
Leon Crous wrote:Dankie manne, ek het reg gekom. Philip het maar gehelp!
En ja, ek het eers op die forum gekyk en al die maniere probeer..... ek's seker net te stupid. :-[
Cheers.
Bel 'n vriend wat weet en dan gaan julle stadig deur die stappe.