Page 1 of 1
hi aan almal
Posted: Fri Dec 04, 2015 11:13 pm
by ljoubert
Hi vra raad vi ladings vir sabatti rover tac 308win probeer uitvind wat my geweer se looplengte ie het gemeet van toe grendel met skoonmaak stok tot punt van loop 655mm. 25.78" wag nog vi antw vir groef. Klink my dit is n 1-12sal die manne so gaaf wees om my nader aan in lading te kom asb
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 5:28 am
by Regie
Wel miskien moet jy jou self voorstel en bietjie meer oor jou self praat soos jou roere ens voor jy antwoorde soek.
Lees die reels
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 6:19 am
by tripodmvr
Welkom Mnr Joubert. Dit is 'n ope versoek wat jy nou gevra het. Die koeëls wat jy wil gebruik gaan bepaal watter "beginlading" ek vir jou sal voorstel. Elke geweer is uniek en daarom is ladings wat soos koekresepte uitgedeel word nie vir my aanvaarbaar nie. Veiligheid kom eerste.
Gaan lees hieronder om meer te leer oor lading ontwikkeling, Quick Load en OBT.
http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=75
http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=132
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 7:57 am
by ljoubert
Dankie aan die 2 manne wat geantw het is nog nuut hier en soek nog wag ek moet en nie moet vra vra nie.

Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 8:13 am
by ljoubert
More manne moet ek my hier voorstel en oor my roere
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 8:17 am
by PWV
ljoubert wrote:More manne moet ek my hier voorstel en oor my roere
Ja, vriend, gaan voort!
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 8:23 am
by ljoubert
My roere 38 ruger 9mm cz 45 colt 22 savage 243hova 30o6cz 375sako nuwe speelding 308win sabatti rover tac ss. Eks n treindrywer in Ladysmith Natal
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 8:49 am
by Regie
Welkom meneer
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 8:54 am
by ljoubert
Dankie Regie
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 9:03 am
by ljoubert
Probeer nog vasstel wat my 308 win sabatti se looplengte en groefdraai is
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 9:14 am
by ljoubert
Het surburban gekontak geweer da gekoop. Kon nie met sekerheid vi my se hoe lank loop en groefdraai is. Het email na sabatti in italie gestuur ma na n week ook nog geen antw gekry. Raad wat aan my gegee is vi loop lengte. Slot in geweer meet met skoonmaak stok vanaf bolt face tot voor punt van loop. So gemaak 655mm. 25.78“is dit nou n 25“ loop of n 26“ loop. Het met skoonmaak stok met lappie vooraan groefdraai probeer vasstel ma kry dit nie reg. Enige raad asb
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 9:14 am
by twinhunter
Welkom ljoubert,hier gaan jy baie dinge leer maar dis darem gelukkig alles goeie dinge.

Ek wag ook huidiglik vir my 308 Sabatti Tactical lisensie so dit sal interesant wees wat jou lading gaan wees. Sal dit bietjie dophou.
Re: hi aan almal
Posted: Sat Dec 05, 2015 9:33 am
by Gawie(13mm)
ljoubert wrote:Het surburban gekontak geweer da gekoop. Kon nie met sekerheid vi my se hoe lank loop en groefdraai is. Het email na sabatti in italie gestuur ma na n week ook nog geen antw gekry. Raad wat aan my gegee is vi loop lengte. Slot in geweer meet met skoonmaak stok vanaf bolt face tot voor punt van loop. So gemaak 655mm. 25.78“is dit nou n 25“ loop of n 26“ loop. Het met skoonmaak stok met lappie vooraan groefdraai probeer vasstel ma kry dit nie reg. Enige raad asb
Welkom ljoubert.
Jou loop is so lank soos wat jy hom gemeet het. Dus 655 mm.
Ons almal rond maar af na die boonste afmeting. Langs die braaivleis vuur sal jy dus vir jou vriende vertel van jou nuwe 26 duim roer.

Indien jy met lading ontwikkeling besig raak sal jy egter die korrekte data gebruik.
Groetnis.
Re: hi aan almal
Posted: Sun Dec 06, 2015 10:07 am
by ljoubert
Is da nog iemand wat ook n sabatti rover tac stanles s 308 win met n 25.78 in 655mm loop lengte. Loop dikte 28.20mm het
Re: hi aan almal
Posted: Sun Dec 06, 2015 10:24 am
by Gawie(13mm)
ljoubert wrote:Is da nog iemand wat ook n sabatti rover tac stanles s 308 win met n 25.78 in 655mm loop lengte. Loop dikte 28.20mm het
Aangesien jy nog nie lekker vertroud is met hoe Jaracal werk nie, sal ek jou in die regte rigting beduie.
Gaan na die "Boards index". Gaan dan af na die "Herlaai" afdeling en begin dan 'n nuwe draad daar met jou vra tov. jou roer.
Deur herlaai inligting by die bekendstellings te vra is soos om 'n naam vir jou kind te registreer voor jy sy ma ontmoet het.
Groetnis.
Re: hi aan almal
Posted: Sun Dec 06, 2015 10:38 am
by ljoubert
He'll dankie Hero. Nou weet ek ook. Het voorheen gevra wa ek mag en is vir my gese gaan voort
Re: hi aan almal
Posted: Sun Dec 06, 2015 11:25 am
by mossie
Rondom die geweer se groef draai wonder ek of hulle nie die Europese neiging dat alle 30 kalibers 1-11 groefdraai lope toegerus word, gaan volg nie.
Meet is om te weet.
Re: hi aan almal
Posted: Sun Dec 06, 2015 11:40 am
by ljoubert
Dag se Mossie. Ja nee weet nog nie het myself en skietwinkel hier het probeer meet ma kry dit nie reg om groefdraai te meet. Dalk het ek n smoothbore gekoop