Page 1 of 1

Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 12:25 pm
by Baasvark
Manne,

Ons lees altyd oor die herlaai press is beter as daardie een en ek het al die redes daaragter gelees en dit maak sin.

My vraag egter is dit:

Kan iemand getuig van 'n merkwaardige verskil wat hy agter gekom het toe hy opgradeer?

Ek het my ou Lee press vervang met 'n Rockchucker en wil die ou een gee vir iemand wat saam my werk. Die Lee het nog net goeie diens gelewer maar dalk moet die mannetjie eerder iets beter van die begin af koop?

Wat dink julle?

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 12:31 pm
by tripodmvr
Ek het 'n 2de handse Rockchucker plus 2 Lee goedkoop langs mekaar opgestel. Rock vir hervorm van doppe en Lee's vir indruk van koele.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 12:45 pm
by Piet Pille
Ek het met 'n RCBS JR-2 gewerk en het toe geluister na " berderf jouself, jou rowwe black-sam" .... en vir my 'n Forster Co-Ax gekoop.


Daars 'n groot verskil in die ontwerp, leverage en gemak wat hom beslis in 'n ander klas sit!

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 12:46 pm
by Kallie Fernhout
Luister saam op die een. As ek n lee press het en my runout is tussen 1-2 inkrimente op my patrone wat se voordeel gaan n duurder en beter press my bied?

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 1:01 pm
by LoopSoosStroop
Kallie Fernhout wrote:Luister saam op die een. As ek n lee press het en my runout is tussen 1-2 inkrimente op my patrone wat se voordeel gaan n duurder en beter press my bied?
Geen

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 1:11 pm
by Piet Pille
Kallie Fernhout wrote:Luister saam op die een. As ek n lee press het en my runout is tussen 1-2 inkrimente op my patrone wat se voordeel gaan n duurder en beter press my bied?
Niks wat jou patrone aanbetref nie, maar dalk t.o.v. tyd en moeite.
Met daai Co-Ax byvoorbeeld hoef ek nie skoentjies te verander tussen kalibers of dies in en uit te skroef nie. hulle skuif net in en uit. Hys ook baie sterker sodat ek nie so baie krag hoef te maak om veral groter doppe soos my 375 te FL size in vergelyking met my ou JR-2 nie. Lang doppe hoef ek ook nie meer te kantel waneer ek seating doen nie, want die gap tussen die skoen en die die se onderkant was te kort om hulle net in te skuif. Simpel klein goedjies, maar nogal tydrowend.
Verder hou ek van sy primer seating assembly bo-op wat baie vinnig en maklik primers seat. Ek gebruik tans eerder hom as my hornady hand priming tool....

Dit alles kom ongeluk weer teen paar rand. So elke ou moet maar self besluit of die gerief die geld werd is.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 1:13 pm
by Eugene
Van dag een af op 'n LEE press wat saam met die kit gekom het, herlaai en my runout op my gelaaide rondtes is maar dieselfde as die van mense wat op aansienlik duurder press'e laai. In my beskeie opinie is dopvoorbereiding en jou metode, meer belangrik as die press wat jy gebruik.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 1:20 pm
by Williel
My ondervinding van n press is maar om deur elke stap van die dopvoorbereiding runout te meet. Meet n gevuurde dop se run out. Meet weer nadat dit deur die press was (nek of vollengte). Meet nadat die koeël geset is. Dan moet jy besluit of die probleem by die press lê of die dies. Ook is die dopnekwande ewe dik.

Dis ook belangrik om jouself te vra wat se groepering is jy mee tevrede en tot watter afstande gaan jy skiet. Vir die langafstandmanne met pasmaakroere sal hulle elke bietjie doen om beter te wees totdat hulle perfekte ammunisie het en dan die gespook om wind/mirage en bullet drop te lees.

Jy kan dit vir die man gee as jy voel dis die regte ding om te doen, die kort en lank vir my is soos Oom Marius sê, gebruik altwee.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 1:28 pm
by JTM
Die mag dalk 'n ongewilde antwoord wees en is slegs my opinie.

Die ongemaklike waardheid is dat meeste algemene skuts nooit daai verkil prakties in sy skiet sal sien tussen 'n Lee en 'n Forster press nie. Dit is bloot omdat meeste nie genoeg skiet en hulle skiet tegniek so verfyn het tot 'n punt waar hulle konstant genoeg skiet om nou te sê dat hulle herlaai tegniek sal moet verbeter om beter te presteer nie.

Run-out op gelaaide rondtes is maar 'n vark. Maar wat ek gevind het is dat dit meer die matryse is wat dit veroorsaak as die press.

Verder is die kans dat jy foute in jou skoot induseer deur swak skiet tegniek groter as die bietjie wat 'n press moontlik kan bydra.

As dit moontlik was om kwalitiet snellertyd te kon koop sou ek veel eerder my geld daarop spandeer het as 'n duur fancy press wat net stof opgaar in jou herlaaikamer.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 2:05 pm
by Gawie(13mm)
Jannie vir voorste sitter!!!!!! ;D

Jy is erg slim op 'n Vrydag middag mater. Ek stem volkome met jou saam. Al die "wil hê" goedjies maak ons net armer en nie beter nie.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 2:14 pm
by Kallie Fernhout
[quote=Al die "wil hê" goedjies maak ons net armer en nie beter nie.[/quote]

Baie waar ;)

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 2:23 pm
by Baasvark
Dankie manne! Dis wat ek vermoed het!

My ou press het al sy kant gebring en ek sien hy het nou 'n klein bietjie speling op hom - die rede vir die nuwe een!

Skiet nogsteeds goed ( vir my vermoeens) met wat herlaai is met die ou press. Maar sy leeftyd is nie meer so lank nie!

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 2:24 pm
by JTM
Hehehe ja Gawie... te slim ;)

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 2:27 pm
by Frederik
As enige iemand nie gelukkig is met hulle goekoop LEE press is nie daar is plek vir hulle by my hulle sal welkom voel.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 3:01 pm
by JTM
Baasvark wrote:My ou press het al sy kant gebring en ek sien hy het nou 'n klein bietjie speling op hom
Jou press het nie speling op nie , dit is nou net ge-"freefloat" nes 'n Forster :D

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 3:45 pm
by Tienie
MY Lee volledige herlaaistel destyds gekoop vir R199-00 ja honderd nege en negentig rand. My press en al die ander bybehore werk nog soos n droom en dit vir 11 verskillende wapens.. "as jy nie n sniper is nie gaan daai mooi rcbs of forrester nie n verskil aan jou gropering maak nie".

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 5:13 pm
by Alwin
My 2c se opinie:

Ek het vir omtrent 20 jaar met 'n gewone ou Lee 2001 Challenger gewerk. Daai ene wat gewaarborg was tot die jaar 2001. Wel, na baie duisende rondtes handwapen en geweerpatrone, het die skakel onder die hefboom gebreek. Nuwes was nie vinnig genoeg beskikbaar nie, toe maak ek my eie van sagte staal. Volgende het die raam gekraak. Dit was net nadat ek omtrent 2000 375H&H doppe ge-FL-size het. Nie te sleg vir 'n goedkoop pers, wat my omtrent R130 gekos het nie. (Die pieperige skakels op die aluminium-raam Lee dien die doel van "veiligheidsklep" om te voorkom dat jy die raam breek.)

Daarna het ek gesoek vir iets beters. Verskeie opsies oorweeg en getoets, o.a. RCBS, Hornady, Lyman, Simplex en nog 'n paar.

Lee se "Classic Cast" was toe net uit. Teen die helfte van die prys van die naaste mededinger en 'n volle 100mm slaglengte, was dit 'n aanloklike waagstuk. Ek is nog nie een dag spyt oor die pers nie. Hy werk baie lekker met enige kaliber van 223 tot 375H&H lengte. (Ek laai vir my handwapens op "progressive" masjiene.) Konsentrisiteit is puik en die stang toon nog geen speling na baie duisende siklusse nie. Ek kan hierdie pers sterk aanbeveel.

Terloops, my ou gekraakte Lee doen steeds diens met 'n "universal decapper" en 'n paar ander take wat nie veel spanning op hom sit nie. Die stang het baie speling weens slytasie.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Fri Dec 04, 2015 7:52 pm
by Apie
Jy kan liewer met n Lee laai met speling as n Rcbs wat effe uit belyning uit is.
My Lee met n Collet die en Rcbs standaard Seater laai minder as 2 thou konstand met meer koele in die 1 thou reeks as die 2 thou reeks.
Ek dink ook soos hierbo genoem goeie matryse en tegniek is baie belangrik

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Mon Dec 07, 2015 2:52 pm
by Quintin2812
Ek dink so. Ek het gesukkel bullet run out, ek het dies vervang, 2 keer het ek doppe vervang ek het doppe gesny ek het doppe ge-anneal ek kon nie die probleem oplos nie.
Al die tyd was dit die press sien fotos.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Mon Dec 07, 2015 3:10 pm
by Williel
Quintin, daai Lyman se skarnierpunte word deur "cap springs" vas gehou. Maak seker die caps is reg om op gesit. Die holkant van die spring moet na die press wys om sodoende speling op die werkende meganisme weg te vat. Ek het dit oorgekom terwyl ek die press skoon gemaak het. Na vele gesukkel het ek Lyman direk gekontak en dit was hul antwoord en oplossing tot my probleem.

Hoop dis in jou geval dieselfde.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Mon Dec 07, 2015 4:22 pm
by Quintin2812
Baie dankie ek het gekyk na die clips want ek het dit erens raak gelees maar hulle is reg. Ek het maar besluit om 'n ander een te koop.

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Mon Dec 07, 2015 7:44 pm
by JTM
Sjoe daai Lyman is sommer goed skeef. Jy sal hom maar met 'n reënboog vlaggie moet toemaak...

Re: Herlaai Press - Is daar werklik 'n groot verskil?

Posted: Tue Dec 08, 2015 11:17 am
by DawieKotze
Quintin2812 wrote:Baie dankie ek het gekyk na die clips want ek het dit erens raak gelees maar hulle is reg. Ek het maar besluit om 'n ander een te koop.
Ek is seker Lyman sal party toe kom as jy daai fotos vir hulle wys.

Ek het my Lyman dopsnyer terug gestuur (deur Quenets waar ek hom gekoop het) omdat hy ook nie haaks opgelyn het nie en hulle het hom vervang.

Groete

Dawie