Page 1 of 2
Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Thu Jun 09, 2011 3:41 pm
by marno
Dag manne,
Ek wil die storie vertel wat met my gebeur het dan sal ek graag wil hoor of iets soort gelyk al met julle gebeur het.
Ek jag al vandat ek nege jaar oud was en skiet redelik baie. So 3 jaar terug sit ons om die kampvuur naby Ellisras en praat so oor jag en gewere.
Toe kom die onderwerp op of 'n scope al jou oog oop gekap het. Die meeste manne vertel hulle stories en wys day hulle merke nou nog sit.
Ewe windgat se ek nee ek jag al klomp jare en dit het nog nooit met my gebeur nie. Kuier toe nog so bietjie en gaan slaap toe.
Volgende dag is ek uit saam met die gids om blou wildebeeste te soek. Kry hulle toe en ek vat dooie rus op so bossie met 'n baie snaakse "angle", ek het toe met die 30-06 geskiet. Bang!!! Klap die skoot en blou wildebees se kind sak net daar in sy spore. Baie impressed met my skiet vernuf loop ons na die blou wildebees toe. So in die stap voel ek maar iets is nou warm hier op my gesig. Vee toe my hand oor my gesig en raai wat sien ek? Lekker loop die bloed van my gesig af. Die adrenalien het so gepomp dat toe ek die skoot aftrek, ek nie eers gevoel het hy kap my op die oog bank nie.
Soos wat mens is op die bakkie terug kamp toe dink ek wat ek vir die manne gaan se want ek voel soos 'n absolute poepol want net die vorige aand spog ek dat dit nog nie met my gebeur het nie.
Wel wys jou net, as jy begin windgat raak oor iets gaan jy jou gat sien.
Ek luister graag na julle.
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Thu Jun 09, 2011 3:54 pm
by Gerhard
Welcome to the Half Moon Club....

Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Thu Jun 09, 2011 3:55 pm
by Jeagermeister
Ja jong,
Elke ding het mos maar sy manier om jou so af en toe in die bek te kom ruk..
Ek skiet mos nou Prakties pistool, en daai game het die manier om jou nederig te hou, net soos jy dink jy is agter die kap van die byl en die reloads loop glad en die voorsight is mooi stil, dan verrinnewetter jy 'n stage dan is jy weer op blokkie een... so dit gebeur..
En so van die scope gepraat, was in Std 8 toe my pa se 375H&H een vroee, koue Saterdag oggend sy merk op my wenkbrou kom laat het... 'n mengelmoes van onkunde en 'n geweer wat nie pas nie...
My merk sit vandag nog baie duidelik, ek dra hom met trots.. en net dis net die manne wat weet wat dadelik agterkom wat dit is...
Dalk moet ons 'n ou Hofie hier begin waar die manne die foto's kan opsit van die scars... Soos die Yanks hom noem, "Weatherby Eye" ..
Sommiges is mos gelukkig dat die scar nie vir altyd bly nie...
Groete,
JM
Beste raad wat ek nog gekry het is: Bly nederig, dan is die val darem nie so groot nie!
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Thu Jun 09, 2011 3:58 pm
by marno
Daai is so waar.
Jy kan bly wees daai 375 het nie jou oogbank gekraak nie. hehehhee
Maar jy is reg ek dra myne ook met trots.
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Thu Jun 09, 2011 4:41 pm
by James Wilson
het 2 van daai houe al gevat, altwee op die neus en altwee agter jakalse aan. en elke keer as ek so skielik die jakals hier ver links van my sien uitpeul.
hier is enn voorbeeld van te vinnig skiet
[img width=560 height=420]
http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C02305.jpg[/img]
gelukkig het die vuilgoed darrem seerder gekry:
[img width=560 height=420]
http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C02301.jpg[/img]
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Thu Jun 09, 2011 4:46 pm
by Gerhard
Jeagermeister wrote:
Ja jong,
Elke ding het mos maar sy manier om jou so af en toe in die bek te kom ruk..
Ek skiet mos nou Prakties pistool, en daai game het die manier om jou nederig te hou, net soos jy dink jy is agter die kap van die byl en die reloads loop glad en die voorsight is mooi stil, dan verrinnewetter jy 'n stage dan is jy weer op blokkie een... so dit gebeur..
Ja as n man brain failure op n stage kry dan kom die wiele behoorlik af...
Het lank self geskiet en ge RO om te weet waarvan jy praat.
Dit is hoekom ek so mal is oor skiet as sport.
Net as jy dink jy is die kat se snor dan jaag jy aan en is neus eerste in die grond vas...

Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Thu Jun 09, 2011 6:08 pm
by Dawid
My seun se maat het self 2 pragtige halfmaantjies bokant sy oog van n 30 06 en dit agter n Blesbok aan, maar dit kom van nie luister nie.
In my Lugmagdae self daai Cowboys en Crooks gespeel en daar leer n man vinnig van nederig wees en konsentreer.
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Thu Jun 09, 2011 9:13 pm
by henslin
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Thu Jun 09, 2011 10:14 pm
by erx
Nes Gerhard gese het, welcome to the halfmoon club china!
Groete
erx
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Fri Jun 10, 2011 3:00 pm
by Vlakvark
[img width=560 height=372]
http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4202.jpg[/img]
[img width=560 height=372]
http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF3697.jpg[/img]
7mm Rem Mag eerste keer dat ek vanaf stoke skiet en dan nog teen n ''angle'' berg op
458 Lott seker ma te maar vir hom

Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Fri Jun 10, 2011 3:02 pm
by marno
BWOOOOHAHAHAHAHAA!!!!! Dit lyk baie bekend!!!
Lyk my dit het al met amper almal gebeur of dit gaan nog.
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Fri Jun 10, 2011 3:06 pm
by marno
Ja nee ten minste het dide jak geval!
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Fri Jun 10, 2011 3:49 pm
by Jaco Swart
Manne.
Wat moet ek se, geluk dat julle aan 'n spesiale klub behoort, of ek hoop nie dit gebeur met my nie.
Ek sal beslis nie dom genoeg wees om te 'breg" dat ek nog nie een het nie.
Groetnis
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Sat Jun 11, 2011 8:56 am
by spekieries
Ou Vlakvark
Ek is bly ek is nie daai scope nie, dit lyk of hy nou 'n m@#rse pak slae gaan kry.
Groete
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Sun Jun 12, 2011 12:17 am
by theedge
Nou te bang om iets te se
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Tue Jun 14, 2011 4:03 pm
by JACQUES BOTHA
Jagbehep
Ek hoop nie daai kweskoot op die voorkop was op daai vark wat jy op 35 cm geskiet het nie??????
Kry n regte roer n kruppel2-50 en jou probleme stop net daar
Jacques
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Tue Jun 14, 2011 4:17 pm
by Hugo
My halfmaan het gekom in St7, skiet op 'n vark, tref die 7x57 my hard op die voor kop, ek voel nog of dit bloei en hou vas en gelukkig niks bloed nie, die gids se, hy gan opspring basie, skiet hom, jis so waar as wragtig tref die scope my vir 'n 2de keer en toe loop die bloed.
Die goeie ou dae van lekker dom wees.
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Tue Jun 14, 2011 4:18 pm
by BLOK
Hugo, joune of die vark sin

Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Tue Jun 14, 2011 5:41 pm
by James Wilson
JACQUES BOTHA wrote:
Jagbehep
Ek hoop nie daai kweskoot op die voorkop was op daai vark wat jy op 35 cm geskiet het nie??????
Kry n regte roer n kruppel2-50 en jou probleme stop net daar
Jacques
HAHAHA!!!
nee, darrem nie, en onthou dit was 13cm.

Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Wed Jun 22, 2011 11:10 pm
by .::Alwyn-U::.
Ja dit gebeur ten minste 1 keer met almal!

Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Mon Jul 04, 2011 1:00 pm
by Rickus
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Tue Jul 05, 2011 12:55 pm
by Dewie
Halo Almal
Dit het gelukkig nog nie met my gebeur nie,
En ek hoop ook nie dit sal met my gebeur nie
Dewie
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Tue Jul 05, 2011 1:30 pm
by theedge
Ek se weer te bang om iets te se want ek weet dit kan gou gebeur. Deel egter die volgende n dierbare vriend - skiet baie op daardie tyd was hy al so 15 jaar PH en het baie oorsee en plaaslike jagters vergesel so is dit dan ook ek en hy wat saam Kudu gaan skiet. Na die skoot toe sit die merk daar die man weet nie eens van die hou nie. So ja dit gebeur baie gou. Ander geval so 7jaar terug kan dalk langer wees het ek saam met klomp maats springbok en blesbok gaan uitskiet daar in Ventersstad omgewing. My een pel het so in die verloop van die een dag hom by my aangesluit. Nie lank nie toe is die Springbokke by ons - met die wat hy skiet toe is dit nou een van daardie skote wat hom terug klap en die oogbank oopslaan. Baie kwaad is die man daar weg later toe kom hy weer by my sit nog steeds die lap op die oog - ek kon nie glo dat die wond nog bloei nie en vra toe hou die ding dan nie op nie - baie kwaad wys hy my nog n shot so 5mm onder die ander een. Ek het beloof om nooit daaroor te lag nie. (Te bang dit gebeur met my ) so verder se ek niks verder nie
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Tue Jul 05, 2011 3:32 pm
by Francois B
Middag almal
Ek het self n bloutjie geloop met die 303 toe ek 5 jaar oud was ek het die geleentheid gekry om my 1ste springbok te skiet , maar ek moes 1s wys ek kon skiet , op die skietbaan het ek 2 skote geskiet al twee het my op die oogbank gekap met die ou tasco ek moes maar my trane gou afvee want ek was te bang ek verloor my kans op n springbok! Ek het derem 4 geskiet daardie dag sonder beserings! Dit het tot dusver nog nie weer gebeur nie gelukkig het ek dik wenkbroue wat die scars wegsteek!
Re: Vinnig kom 'n man aarde toe......
Posted: Tue Jul 05, 2011 9:45 pm
by herley
Naand manne
Ja nee dit gebeur maar met almal, ekt so 3jaar terug met n'vriend gaan jag, hyt toe met my 308 norma magnum geskiet en ek met my 308 cz en ons het op gemsbokke geskiet, dit was ver skiet en ek skiet eerste en toe my skoot klap sak die bok se kniee en nie lank nie of die bok staan op waarna my vriend toe skiet op die bok maar mis en hy laai toe weer maar kry nie die bok in die scope nie, ek skiet toe die bok plat en toe ek hom vra wat gaan aan hoekom hy nie geskiet het nie sien ek toe die half maan wat onder bloed is, ekt hom net daar maar my sakdoek gegee en ons praat nou nog daaroor.