Page 1 of 1

Leupold MK4

Posted: Mon Nov 30, 2015 10:14 pm
by geelslang
Naandse

Is daar dalk iemand in die omgewing van Alliwal -Noord of Bloemfontein in die besit van 'n Leupold MK4 6.5-20X50 telleskoop. Ek wil graag na een kyk en hanteer.

Groete
Geelslang

Re: Leupold MK4

Posted: Mon Nov 30, 2015 11:52 pm
by SeeMoNsteR
Manne dit sou nou verkieslik die LR/T, of steeds beter nog die ER/T model wees. Laat weet vir Ernst indien jul een van die bg het sodat hy kan kom loer.. hys n nice jongman wat die goete versigtig sou behandel ;)

groete

Re: Leupold MK4

Posted: Tue Dec 01, 2015 4:05 pm
by Sangoma (IAN)
Geel slang, wees mar net versigtig met die MK4 scopes. Daar is vreeslik baie fakes beskikbaar. En die fakes verskil ook van mekaar.

Re: Leupold MK4

Posted: Tue Dec 01, 2015 5:18 pm
by Gawie(13mm)
Sangoma (IAN) wrote:Geel slang, wees mar net versigtig met die MK4 scopes. Daar is vreeslik baie fakes beskikbaar. En die fakes verskil ook van mekaar.
Nuut kos hul net soveel soos 'n NF en tweedehands gaan jy knor om een vir onder R 16 000.00 te kry. Indien iemand jou een vir minder aanbied, sal ek jou 'n brief gee dat Fanie Venter hom gebou het! ;D

Re: Leupold MK4

Posted: Tue Dec 01, 2015 7:21 pm
by geelslang
Dankie kerels. Mens moet wakker wees. Gelukkig is daar manne met kennis in hierdie verband. Terloops wie hier weet van een in my omgewing?

Re: Leupold MK4

Posted: Tue Dec 01, 2015 9:44 pm
by Sangoma (IAN)
As ek mag vra, Hoekom spesifiek n MK4? Kan jy n tweede handse een kry vir n bargain? Of kyk jy na n nuwe een?

Re: Leupold MK4

Posted: Tue Dec 01, 2015 10:36 pm
by geelslang
Man kom ek stel dit so. Ek het nou redelik al die taktiese tipe scopes bekyk behalwe die MK4. Ek soek n scope vir my 6.5X47 Lapua en ek wil eers die MK4 onder oe kry en sy turrets voel voor ek die call maak.

Re: Leupold MK4

Posted: Wed Dec 02, 2015 10:34 am
by Katefbessie
geelslang wrote:Man kom ek stel dit so. Ek het nou redelik al die taktiese tipe scopes bekyk behalwe die MK4. Ek soek n scope vir my 6.5X47 Lapua en ek wil eers die MK4 onder oe kry en sy turrets voel voor ek die call maak.
Het jy ook na March, Burris en Swaro se X5 modelle gekyk?

Re: Leupold MK4

Posted: Wed Dec 02, 2015 5:13 pm
by geelslang
Ek het nie na die swaro gekyk nie ek gaan nie 40k+ spandeer op n scope nie. Die Burris is nie my koppie tee nie. Die kruis en my oe werk nie saam nie. March is baie nice maar weereens 35K+

Inruilwaarde van n scope is vir my nogal belangrik so ek kyk na die scopes wat goed 2de hands verkoop.

Re: Leupold MK4

Posted: Wed Dec 02, 2015 5:31 pm
by stf
Geelslang,
Dok Johan Naude van Thaba Nkulu op die Lady Grey pad het een.
Miskien ken jy sy seun Hennie - hy is ook op die plaas.
Stf

Re: Leupold MK4

Posted: Wed Dec 02, 2015 5:40 pm
by Gawie(13mm)
Geelslang. Ek kies my MK4 enige dag bo 'n NF, in dieselfde prysklas. Onder ideale omstandighede sal die meeste mense nie die verskil tussen die lense kan waarneem nie, maar met swakker lig toestande en in die mis en reën, klop my MK4 my vriende se NF'S met twee lengtes ;D Ons Bolanders sal onder water ook skiet as ons kon. ;D Die MK4 se beeld wydte is merkbaar groter as die NF s'n op ooreenstemmende vergrotings. Myne se knoppe is al behoorlik gedraai en hy "track" 100%.

Met 'n 20 MOA basis gee hy my 50 MOA se elavasie verstelling. Goed genoeg vir 1200 m plus, met my 243.

Re: Leupold MK4

Posted: Wed Dec 02, 2015 5:50 pm
by Wouter Roets
Gawie

So bek moet jam kry!

Groetnis
Wout

Re: Leupold MK4

Posted: Wed Dec 02, 2015 6:18 pm
by SeeMoNsteR
Thanks Gawie. Finally iemand wat waarheid praat oor die MK4... Dog sweerlik eks die enigste ou in die land met n goeie een. Ek ruil my mk4 ert sweerlik nie vir NF of watokal anders in die prysklas val nie. Kyk vir jouself voordat jy net hype glo...of mense wat dit like om die Mk4s te bat sonder dat hul enige eerstehande ervaring het.

In my opinie track hul saam die bestes, myne was al deur 12.5 mils (125 clicks) op n tall target gerun en was spot on. Itv optika word eers regtig gebeat deur Kahles gen 3 en daai top tier Alpha glas..wat heelwat meer kos. Gawie het genoem die fov is ook baie gaaf en my bevindinge beaam dit. Als wat n man nodig het is plainweg daar. Scope is robust to boot en weeg nie onnodig baie nie.

Dit gese... kyk mooi uit vir die fakes

Groete

Re: Leupold MK4

Posted: Sun Dec 06, 2015 1:37 pm
by Steppenwolf
Die Mk 4 ER/T is defintief op my FFP kortlys. As daai dem liksens vir die 338WM net will kom.

Re: Leupold MK4

Posted: Tue Dec 15, 2015 12:31 pm
by Rooivalk1
Ernst, ek het daai spesifieke Mk 4 waarna jy soek maar sit in Pretoria. Indien jy dalk hier verby ry is jy welkom om te kom kyk ! Ek skiet gewoonlik met n March of n Kahles maar wanneer jagtyd kom dan soek ek daai Mk 4. Hy stel baie lekker, opties is hy baie goed en verder is hy nie so groot en swaar soos bv n Nightforce nie.

Re: Leupold MK4

Posted: Fri Dec 25, 2015 11:05 am
by SeeMoNsteR
Het iemand hier asb vir my geelslang (Ernst) se nommer asb?
Dankie

Re: Leupold MK4

Posted: Tue Jan 12, 2016 10:25 am
by WSM
More Gawie

Ek moet met jou saamstem ivm die Mk4
Ek het twee 8.5-25x50's en ek sal hulle vir geen geld in die wereld ruil nie!
Ek het beide n ruk gelede Leupold toe gestuur deur Formalito om net gediens te word, en na al die jare was daar steeds niks fout nie, en kos die hele oefening Amerika toe en terug slegs R250 per teleskoop - Insluitend verskeping.

As my bank bestuurder dit toelaat sal dit weer en weer die volgende keuse wees.