Page 1 of 1
Opinie oor die teleskoop?
Posted: Thu Jun 09, 2011 11:44 am
by Hugo
Wat se julle manne van die scopes?
http://www.bushnelloutdoorproducts.eu/w ... lt/733945/
Julle opinie oor albei, sonder om een voor te trek oor jy die brand skiet asb,
http://www.leupold.com/hunting-and-shoo ... -3-9x40mm/
Re: Opinie oor die teleskoop?
Posted: Thu Jun 09, 2011 12:53 pm
by Louis Kriel
Die Trophy XLT is eintlik 'n cheapie wat vir $75 in die VSA gaan. Dis moelik om te se waar hy gemaak word, want Bushnells word in die Fillipyne, China, Korea en Japan gemaak. Tien teen een China of Korea. Die scope om na te kyk is hierdie een:
http://www.bushnelloutdoorproducts.eu/w ... 0/423944m/
As jy 'n kredietkaart het en iemand ken om hom oor te bring kan jy hom vir onder R2000. Dis in alle opsigte 'n puik scope.
Jy kan ook die Leopold VX2 by S&O kry vir R2500. Dis 10 jaar terug se prys! My pel het onlangs die 4-12x40 VX1 opgesit en hy is baie happy.
Re: Opinie oor die teleskoop?
Posted: Sun Jun 12, 2011 7:34 pm
by JACQUES BOTHA
Manne en Maninne
Dalk moet ons met teleskope dieslefde reel gebruik as wat n ou oom my eendag van dames (vrouens ) vertel het.
Hy het gese mens kry nie n lelike vrou nie (hy se die een is net mooier as die ander)
Sal ons dan kan se: [glow=red,2,300] Alle scopes is goed......(die een dalk net n bietjie beter as die ander ?) [/glow]
groetnis
Jacques
Re: Opinie oor die teleskoop?
Posted: Sun Jun 12, 2011 7:54 pm
by Pvdw
JB dit klink soos my vriend wat altyd s? " Geen wyn is sleg nie, sommiges is net lekkerder as ander"
Peet
Re: Opinie oor die teleskoop?
Posted: Mon Jun 13, 2011 9:33 am
by Louis Kriel
Dis seker verkeerd van my. maar ek sukkel om geloof in enige iets met "Made in China" op te he. Seker maar oor my seuns se speelgoed dit almal op het en net 'n week hou.

Re: Opinie oor die teleskoop?
Posted: Mon Jun 13, 2011 5:37 pm
by Pvdw
DirtyOldsix ek self is nie lief vir daai China manne nie maar een ding verloor ons uit die oog.
Net soos BMW, Mers, VW Duitse voertuie is maar in Afrika gebou word maar onder toesig en leiding van die moeder maatkapy in Duitsland, net so word baie ander items in 'n fabriek wat besit en bestuur word deur 'n Amerikaanse/Duitse/ of Europese maatskapy gebou volgens Ma se spresifikasies.
Die probleem kom in as jy daai China manne los om hulle eie ding te doen

Baie van hulle produkte het GEEN kwaliteit beheer op nie.
Ek meen maar net as die manne hier by ons 'n BMW of Mers aanmekaar kan flans sodat die hele w?reld daarmee tevrede is kan daai klompie in China onder toesig ook seker 'n paar goetters reg aanmekaar sit. Hulle gemiddelde persoon op straat glo ek is tog so effe beter geskool as ons deurnsnee mense bat nie eers kan lees of skryf nie.
Dis maar hoe ek na die spul kyk.
Peet
Re: Opinie oor die teleskoop?
Posted: Tue Jun 14, 2011 10:43 am
by Louis Kriel
Nee dit is so en blykbaar het hulle kwaliteit aansienlik verbeter. Ek is egter nog nie bereid om met 'n teleskoop daai kans te vat nie. Ek gebruik eerder my stokou Weaver K4 as iets wat in China gemaak is.