Page 1 of 3
243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Fri Nov 27, 2015 12:57 pm
by Ben
Middag manne,
Wil graag bietjie menings hoor oor wat is die beste koels om n Gemsbok te skiet uit 243win.
Die koel wat ek in gedagte het en my nr 1 keuse is die Barnes 80 grein TTSX. Hy sal tot op 400m nog mooi kan oopmaak.
Die ander opsies is Berger 95 grein VLD hunting, maar ek is bang vir vleis skade.
Enige ander voorstelle of dink julle die Barnes sal werk.
Groete
Ben
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Fri Nov 27, 2015 1:06 pm
by Striker.
Middag Ben
Ek is seker die Barnes TTSX sal baie goed werk. Nog twee opsies wat jy kan oorweeg is Frontier se Spartan reeks en Peregrine. Ek is uiters beindruk met die Frontiers, hulle "mushroom" baie mooi en konstant die wat ons getoets het en het so te se 100% massa retensie. Nog 'n voordeel hulle word plaaslik vervaardig en is redelik maklik om voorraad in die hande te kry.
Groete
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Fri Nov 27, 2015 1:12 pm
by Capt. Yoda
Slaan hom met daai vld agter die blad
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Fri Nov 27, 2015 6:49 pm
by Pappabeer
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Sat Nov 28, 2015 6:45 am
by obasch
As jy bang is vir vleisskade, moenie die 243 gebruik nie, jy het 'n goeie kans dat jy dalk die hele bok kan verloor. Dis GROOT skade.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 8:43 am
by tau
100gr Hornady Interlock.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 8:56 am
by Capt. Yoda
Enige ordentlike koel op die regte plek sal die ding doen, solank jy nie n sagte koel deur sy skouer probeer skiet nie sal daai Gemsbok nie ver gaan nie.
Sy longe is groter as rugby balle, skiet daai VLD net agter die blad in en daai Gemsbok sal nie 50m gaan nie. Maak nie saak hoe sterk of groot n dier is nie hy kan nie bly hardloop as sy brein nie suurstof kry nie. As jy die TSX wil gebruik skiet hom so halwe hand bo waar sy poot by sy lyf kom dan sit jy hom deur die hard, as jy hom met die TSX hoog deur die blad skiet sal hy n entjie hardloop maar hy sal ook gaan le
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 9:02 am
by tau
Gemsbok gee nie om waarmee jy hom skiet nie, sy vel is nie baie duk nie, nie vreeslike groot bene soos Eland en Groot Kudu bul nie. Hy gee nie om of jy hom met 'n .375 of .243 skiet nie, maar mis net die hart of senuwee stelsel en jy gaan die plaas verken.
Ek het al ophou tel hoeveelkeer skoot te hoog was op Gemsbok en net longe geslaan het en nie die hart nie. Hy hol net ver genoeg om "weg" te raak op 'n plaas. As Gemsbok se kop eers gesak het en hy kon so bietjie onder die skadu van 'n Kameeldoring staan terwyl jy bloedspoor soek...goodluck.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 9:28 am
by Ben
Jammer kerels was nie die naweek op die lug nie. Capt. jy het duidelik ondervinding met die VLD. Omdat hulle so opbreek maak hulle nie baie vleis skade nie...?
Ook dan is dit nie beter om dan die VLD Target miskien dan te gebruik nie, omrede die dikker mantel? Net n vraag?
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 10:17 am
by tau
BEn ek antwoord nou sommer. Ek het 88gr VLT gebruik in .243 nadat hulle mooi akkuraat geskiet het, hulle het nie vir my so mooi skade gemaak soos die interlock's nie. Die interlock en Bond wat nou mos maar beter is in sy konstruksie is, mushroom mooi en maak gesonde skade aan die bok. Ek aanvaar jy wil lyfskote skiet anders sou koeel keuse nie so belangrik gewees het as jy wou helmet houe gooinie. EK het al heel wat Interlocks in Gemsbokke en Kudu's gekry wat die lood gedeelte die jacket verloor en dan tot teen die verste kant van die bok se vel toer. Skade is maar redelik, maar die bok hang in die koelkas.
DIt is waar groter wapens met premium koeels mos nou die hele gesprek onder kaliber vs bok grote gesprek wen. Jy kan 'n groter, meer bepaalde wond kanaal veroorsaak wat die bok "mooi" dood met 'n groter wapen en premium koeels. Terwyl 'n kleiner kaliber met 'n "swakker" koeel die bok sal dood, maar die opbreek van die koeels gaan meer scrapnel veroorsaak wat skade veroorsaak aan ongewenste area's, maar die bok se dood veroorsaak tot 'n mate.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 10:23 am
by Capt. Yoda
Ben, die rede om die VLD te gebruik is wanner jy skade binne in die tyken wil he, met n 243 se spoed behoort jy nie n exit te he nie maar sy bors gaan soos n sop bak binne lyk met n 6mm gatjie waar hy in is.
Die bq dukker mantel op die tyken koels gaan nie regtig op kort afstand n verskil maak nie maar as jy n koel wil he wat 85% van sy gewig hou en n mooi mushroom maak is die berger nie die koel nie.
Hy gaan baie vinnig reageer as hy die bok slaan maar ek sou nie bang wees vir vreeslik baie skade nie, ek sny eder 500gr of n kg vleis weg en die bok val net daar in sy spore as wat ek 300gr se vleis wil spaar en die bok hardloop ver. Soos Tau ook se as jy hom nie reg skiet nie gaan hy ver gaan en met n koel soos die berger wat skade binne maak is jou kanse meer vir n bok wat vinning val. Van al die Gemsbokke wat ek oor die laaste 25 jaar geskiet het was die koels wat hulle die vinnigste gestop het jou standaard loop keren koels soos Sierra se Game of interlock, skiet hom laag op of net agter die blad en dit is n skop spring en n rol. Self n PMP op die regte plek doen die werk maar bly net weg van hoe skouer skote met ligte vinnige koels. EK het gesien hoe n man n Gemsbok van skuins agter af hoog op die blad met n 80gr PMP skiet waar die koel mooi gemushroom het maar net deur die vel gegaan het en gaan stop het teen die been. As jy n koel soek wat mooi reguit en diep penetreer en n klein uitgangs wond maak is die Berger nie die koel nie. Ek het nou al meeste koels in 6mm en 30 probeer en geskiet en na al die Mono’s en bonded wonder koele is ek weer terug by ballistic tips en Bergers.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 10:28 am
by Ben
Dankie Tau en Capt,
Waardvolle informasie. Ek begin al hoe meer Berger's se kant toe staan....
Of dan maar my 308....
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 10:36 am
by Supacow
Cappy ek deel jou sentiment. Barnes is n duur Army.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 10:38 am
by Ben
Ek het n paar boksies 80gn Barnes by die huis.
Wat is julle opninie oor 105gn A-max in die engin kamer..?
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 10:48 am
by Capt. Yoda
Ben wrote:Ek het n paar boksies 80gn Barnes by die huis.
Wat is julle opninie oor 105gn A-max in die engin kamer..?
Hy gaan maar baie dieselfde as die Berger reageer, af hanginde hoe ver jou skoot is kan hy dalk bq beter by mekaar bly maar dit gaan nie n vreeslike verskil wees nie . Is n sagte koel wat bitter vinnig reageer maar ek sou nie bang wees om hom te gebruik nie.
Het al n paar 140gr Amaxe op Blesbokke gesien werk en dit is nogals indrukwekkend, op kleiner wild moet jy nie n groot been tref nie anders is daar baie skade. Hou net die vinnige sagte koels weg van die grootste bene en jy sal goed doen
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Mon Nov 30, 2015 10:53 am
by Ben
Dankie Capt!
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Tue Dec 01, 2015 11:49 am
by 308Win
Ben wrote:Dankie Tau en Capt,
Waardvolle informasie. Ek begin al hoe meer Berger's se kant toe staan....
Of dan maar my 308....
Die mees sinvolle antwoord tot op hede.
Lees die:
http://www.napha-namibia.com/legal-info ... portation/
'n 243 het 2650 joules by die tromp en 1750 J op 300m met 'n 100 grein koeel.
'n 308 het 3350 joules energie by die tromp en 2050 J op 300m met 'n 168gr koeel. En nog meer met 'n 180gr koeel.
As jy na Taylor se KO factor kyk:
https://en.wikipedia.org/wiki/Taylor_KO_Factor
lyk dit al hoe slegter vir die 243. Ek weet dat mens Taylor se waardes maar met 'n knippie sout moet neem en dat dit meer gebaseer is op knock out van olifante waar die brein rakelings misgeskiet is, maar...
http://www.chuckhawks.com/taylor_KO_factor.htm
"
Legal minimums vary country by country if you want to use that as the criteria.
Zimbabwe:
• Class C Game
3000 Joule
Minimum caliber 7.0mm in diameter
(Leopard, Crocodile, Kudu, Oryx / Gemsbok, Hartebeest, Wildebeest, Zebra, Nyala, Sable Antelope, Waterbuck, Tsessebe, etc.)
I am sure more than one kudu has succombed to a 270 Winchester in Zim. Requirements vary by country.
Under the right conditions I am sure a 243 Winchester would kill a kudu with relative ease."
Die besluit en die onus le maar vierkantig op die man wat skiet se skouers. Ek het laasjaar n elandbul op 260m in die oorkanaal (van die kant af)onder ideale omstandighede met 'n 150gr Hornady Interbond (308w @ 2900f/s)geskiet. Die koeel het in die breinkas gestop. 7 cm penetrasie. Hy het net daargeval. Maar ek sal nie weer nie. Te marginaal na my mening.
Ek dink 'n mens is geneig om te veel te 'rus' op premium koeelpunte vir jag. Die koeel weeg nog steeds
net soveel. Maak nie saak of hy van 'unobtainium' gemaak is nie.
In die middel 90's het ek eenmaal springbokke gaan skiet met 'n 223 en premium koperkoeels (GS). Ek was nog 'n jong man van so 30. Die eerste dag loop dinge klopdisselboom en die Vrystaatse springbokkies val. Die gids saam met my hoogs beindruk met die klein partoontjie. Hy wys toe die patroon vir 'n ou gids en vertel hoe wonderlik dit is. Die ou swart man het die affere so gekyk, minagtend gesnork, die patroon terug gegee en anderpad gekyk.
Die volgende dag het die wind begin waai en die bokke het begin hol. Ek moes 'n vriend se 270 leen om my bokke klaar te skiet. En ook soos 'n totale gek gevoel. Dat die ou swart man my op my neus laat kyk het.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Tue Dec 01, 2015 12:01 pm
by 308Win
Ek het die jaar soos Todd gevoel. Die "dun vel' gemsbok wat 'n vriend geskiet het wou net nie dood speel nie. Ek het hom in die weghol met die 9.3 (200gr Impala Bosvelder) net voor die pelvis ingeskiet (vir die rug gemik). Die koeel het al die pad langs die werwels afgehardloop en omtrent al die ribbes aan dieselfde kant afgesny. Deur die bokant van die long. Die bok het net aanhou hol vir omtrent 'n kilometer. Eers daarna het hy begin spoed verloop. Die 200gr Bosvelder het onder die vel voor die blad geeindig.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Tue Dec 01, 2015 12:09 pm
by Ben
Dankie vir daai. Indien ek die 243 gaan gebruik sal dit met die VLD hunting wees. Maar ek dink eerder met die 308win en 130gn Barnes TTSX. Dis maar wat v my werk nog sover!
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Tue Dec 01, 2015 1:12 pm
by obasch
Ben,
Hoekom WIL jy die 243 gebruik as jy 'n 308 het. 'n 243 is NIE 'n gemsbok kaliber nie.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Tue Dec 01, 2015 1:24 pm
by Ben
obasch wrote:Ben,
Hoekom WIL jy die 243 gebruik as jy 'n 308 het. 'n 243 is NIE 'n gemsbok kaliber nie.
Ja en Nee....Kerels so paar jaar gelede was n 303 genoeg vir alles in Afrika. Nou durf mens dit nie. Ek verstaan tye het verander maar tog moet ons nie ons eie skiet vernuf begin twyfel nie. Ek dink as ek hom gaan skiet sal dit seker die 308 wees, maar as ek besluit op my 243 moet ek myself tog back.
Daar is reeds Wilds Boere wat hul neus vir n 22-250 optrek (Ek weet op my jagplek verseker) Nou die ou toppie wat daai 22 dryf het al meer geskiet as die boer se lewe lank is.
Is grooter altyd dan beter....ek dink nie so nie!
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Tue Dec 01, 2015 1:43 pm
by Gawie(13mm)
Ben, met daai stukkie wysheid het jy nou onwetend die heilige graal ontbloot.
Daai man met die "saloontjie" , staan nou op oor die 4000 skote met daai roertjie. So ek dink hy is effens beter gekwalifiseer as 99 % van die manne op Jaracal.
My persoonlike mening is dus die volgende: Indien jy twyfel en hier op Jaracal moet kom vra, is dit 10 teen een nie die regte opsie nie.
Groetnis.
Ns. Gemsbok val soos 'n sak nat ....., as hy 'n 6mm koeël in sy oor kry.

Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Tue Dec 01, 2015 2:41 pm
by Koos Barnard
Die probleem is dat daar een of dalk twee manne is wat 'n brommer van 'n miskoek af kan skiet op 700m met die saloentjie, maar die ander 98 sukkel dikwels om 'n 20 liter drom op 100m raak te skiet. Hoe moet die boer nou onderskei of weet wie die goeie en wie die swak skut is. Teikenskiet tel nie, as die adrenalien begin loop het ek al goeie teikenskuts gesien wat daardie spreekwoordelike 20L-drom mis bewe. Boere trek hul neuse op vir klein kalibers omdat hulle al te veel gesien het hoe hul wild gekwes word... en soms moes ondervind hoe die "jagter" dan nie wil verantwoordelikheid neem vir sy kwesskoot nie. Grote kalibers waarborg nie doodskote nie, maar die kans is darem altyd beter hoe groter die koeël, hoe groter die skade aan die bok en hoe gouer val hy.
Mooi loop
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Tue Dec 01, 2015 3:06 pm
by Eugene
Koos Barnard wrote:Die probleem is dat daar een of dalk twee manne is wat 'n brommer van 'n miskoek af kan skiet op 700m met die saloentjie, maar die ander 98 sukkel dikwels om 'n 20 liter drom op 100m raak te skiet. Hoe moet die boer nou onderskei of weet wie die goeie en wie die swak skut is. Teikenskiet tel nie, as die adrenalien begin loop het ek al goeie teikenskuts gesien wat daardie spreekwoordelike 20L-drom mis bewe. Boere trek hul neuse op vir klein kalibers omdat hulle al te veel gesien het hoe hul wild gekwes word... en soms moes ondervind hoe die "jagter" dan nie wil verantwoordelikheid neem vir sy kwesskoot nie. Grote kalibers waarborg nie doodskote nie, maar die kans is darem altyd beter hoe groter die koeël, hoe groter die skade aan die bok en hoe gouer val hy.
Mooi loop
Hierdie is verseker waar woorde, maar ek voel tog dat sedert bokke begin het om jagtydskrite te lees, hulle nou skielik weier om dood te gaan as hulle met kalibers geskiet word wat hulle voorheen maklik laat val het! Wys jou net die gevare van te veel lees.....
Grappies op 'n stokkie, ek vat veel eerder die ou wat vertroud en gemaklik is met sy 243, as die ou wat 11.1.11 bang is vir sy 375 of 458..... Na 'n Gems of 'n BWB in die pens geskiet is, vergeet hy wat hy gelees het en weier hy/sy doodeenvoudig om vinnig dood te gaan, as is daar 'n tonnel deur sy derms....
Ek verstaan egter ook die boer se dillema.
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Posted: Tue Dec 01, 2015 3:33 pm
by Capt. Yoda
2x post