Page 1 of 1
Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop verandering?
Posted: Fri Nov 27, 2015 10:17 am
by phb
Hierdie is iets waaroor ek nou al n rukkie wonder. Sal jy n voorlopige aansoek kan indien vir n loop verandering en/of kaliber verandering sonder om al die loop te gekoop het?
Ek lees gereeld hier dat dit eintlik nag is om die verandering proses deur te maak sonder probleme of in n kort tydperk. So nou wonder ek of kan ek solank voorlopige aansoek kan indien of om my 243 se loop te vervang wanneer dit uitgeskiet is of om sommer dan oor te gaan na 1 van die ander populêre 6mm kalibers.
Dit sal mos beter wees om al die goedkeuring ens. te he en teen die tyd wat die regte loop beskikbaar is sommer te koop en te laat verander.
Ek luister graag...
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Fri Nov 27, 2015 10:29 am
by Albert84
Jy het die loop se reeks nommer nodig om aansoek te doen.
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Fri Nov 27, 2015 10:49 am
by Kallie Fernhout
Sodra ek n loop opgedraai het sit ek al klaar een op backorder, wanneer hy kom betaal ek hom en doen aansoek vir loopvervanging. My loopvervanging is nou al seker 5maande terug goed gekeur. Maak n afspraak met gunsmith wanneer hy hom kan inneem werk vat gewoontlik so week of 2 daar na gee jy nuwe dokumentasie by polisie in sodra polisie dit ingeneem het en geteken het gaan haal jy n afskrif by hulle. As jy afskrif het bel jy n paar nommers in pretoria mail vir hul dit deur, en as jy gelukkig is kan jy dit afhandel in 4weke.
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Mon Nov 30, 2015 7:31 am
by Henna308
Kallie gebeur dit rerig so gou nadat die kamer gesny is? My pa is in die proses om sy 300 H&H se loop ter vervang. Hoe werk die geodkeuring storie? Aanvanklik sou 'n spesifieke geweersmid dit doen maar kan nou weens omstandighede dit nie meer doen nie (SAPS het die vervanging al goedgekeur). Kan mens daardie selfde goedkeurings dokumente oordra na 'n ander geweersmid toe?
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Mon Nov 30, 2015 8:41 am
by Kallie Fernhout
Dit gaan nie vanself so gou gebeur nie, dit kan ek jou waarborg. Ek het met my vorige vervangings my papiere ingegee by polisie vra dan vir n afskrif. Die afskif mail ek sommer daai selfde dag nog vir Pretoria en elke keer wat dit die geval is het hul dit sommer op die sisteem "geupdate". So dit was elke keer op die sisteem gelaai nog voordat die aansoek wat ek vir die plaaslike polisie ontvang het hul kantoor verlaat oppad Pretoria toe. Dan wag jy maar net vir jou kaartjie en hier in wes-kaap het ek nog nooit lank gewag daarvoor nie.
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Mon Nov 30, 2015 9:10 am
by Kallie Fernhout
Henna308 wrote:Kallie gebeur dit rerig so gou nadat die kamer gesny is? My pa is in die proses om sy 300 H&H se loop ter vervang. Hoe werk die geodkeuring storie? Aanvanklik sou 'n spesifieke geweersmid dit doen maar kan nou weens omstandighede dit nie meer doen nie (SAPS het die vervanging al goedgekeur). Kan mens daardie selfde goedkeurings dokumente oordra na 'n ander geweersmid toe?
Ek dink nie dus so maklik nie, op gou goedkeuring dokument "to alter a firearm" is dit uitgemaak vir die gunsmith wat die loop ondersoek het en die motivering geskryf het dat die loop bv uitgeskiet is. D.w.s op die goedkeurings brief staan sy naam en so ook sy geweersmit nommeren as ek dit dan regverstaan is dit goedgekeur dat die sekere geweersmit aan die wapen mag werk.
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Mon Nov 30, 2015 9:12 am
by cassie_calvinia
en dan is daar die proefhuis sage ook
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Tue Dec 01, 2015 1:11 pm
by Gawie(13mm)
cassie_calvinia wrote:en dan is daar die proefhuis sage ook
Cassie, daar is nie meer so iets nie. Die wapensmit wat die werk gedoen het skryf 'n verslag dat die wapen veilig is en handig dit in saam met die aansoek vir die lisensie.
So maklik soos dit. Net soos Kallie en Corné, en nog van ons vriende hier in die Kaap gedoen het. Geen probleme.
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Tue Dec 01, 2015 1:16 pm
by cassie_calvinia
gawie, dalk in die weskaap, maar ooskaap, en noord kaap se hulle net, sorry, need proofing
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Tue Dec 01, 2015 1:21 pm
by Gawie(13mm)
cassie_calvinia wrote:gawie, dalk in die weskaap, maar ooskaap, en noord kaap se hulle net, sorry, need proofing
Cassie, sit jy met daai probleem? Indien wel, kontak jou jagtersvereniging sodat hul jou DFO kan voorsien van die regte inligting. Hulle weet hoe om met ons vriende in die mag te werk

Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Posted: Tue Dec 01, 2015 4:01 pm
by Finfan
Gawie(13mm) wrote:cassie_calvinia wrote:gawie, dalk in die weskaap, maar ooskaap, en noord kaap se hulle net, sorry, need proofing
Cassie, sit jy met daai probleem? Indien wel, kontak jou jagtersvereniging sodat hul jou DFO kan voorsien van die regte inligting. Hulle weet hoe om met ons vriende in die mag te werk

Ek kan ook getuig oor n geweer wat Terry vir my gebou het, net met die verslag (sonder proef sertifikaat) in Bloemfontein voor aansoek gedoen en laasweek goedgekeur.