Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato
Posted: Fri Nov 27, 2015 9:53 am
Dag Vriende!
Soos die onderwerp verwys; wil ek graag weet watter wildsbokke aard op die Roggeveld Plato. Ek vra omdat ek my oog op 'n naweekplasie (ongeveer 1000 ha) het waarop ek graag 'n bietjie wild sal wil vestig, indien ek besluit om die plasie te koop. Tans kom daar die normale kleinwild voor soos steenbokkies, duikers en vaalribbokke in beperkte getalle. Die gawe jong man op die buurplaas het aangedui dat springbok byvoorbeeld nie daar sal aard nie, omdat dit sneeu in die veld. Die plasie is reg bo op die platorand. Hy stel toe swartwildebees voor, aangesien die gras teen die rante se hange ook redelik welig groei. Sy nguni-beeste wei tans daar en die karoobossies op die vlakte gedeelte is erg verniel deur oorbeweiding en sal die bossieveld vir 'n hele aantal jare skaapvry moet rus.
Nou wonder ek of die springbokke regtig nie sal aard nie en dink byvoorbeeld aan blesbokke en takbokke. Ek is nie seker of Noord-Kaap Natuurbewaring ook die verskuiwing van takbokke tussen plase / gebiede verbied soos die ouens van die Wes-Kaap nie. Miskien kan iemand ook lig op daardie onderwerp plaas.
Ek sal dit regtig waardeer as daar manne is met kundigheid wat my moontlik kan lei.
Groete!
Marcel