Page 1 of 1

Trailer sleep en versekering

Posted: Thu Nov 26, 2015 11:19 am
by Johnnie De Wet
Ek het volle omvattende dekking op my voertuie.
Ek sleep egter waens en trailers wat gelisensieerd is, maar nie verseker is nie.

Ek stel nie eintlik belang om die waens te verseker nie, maar wat gebeur as jy jou bakkie omgooi met bv n beeswa wat gehak is?
Moet jou versekering omskrywing insluit dat jy waens gaan sleep met betrokke voertuig?

Skuus ek kom vra eers hier, sal hierna dit eers met makelaar bespreek. ;)

Re: Trailer sleep en versekering

Posted: Thu Nov 26, 2015 12:45 pm
by Viking
Johnnie,

Jou inligting is gebrekkig en wat hierna volg is nie advies nie!

Omvattende dekking word op alle "klasse" versekering gebied vir voertuie.

Die klasse - privaat of besigheid (of kombinasie van beide)

Solank jy die voertuig aanwend waarvoor hy gemaak is sal omvattende dekking enige skade aan die voertuig dek.

Die probleem begin inkom wanneer my voertuig privaat klas versekering het, maar ek begin die bakkie gebruik om bv 'n tuindiens te bedryf of ek begin 'n insleepdiens! Selfs die rondsleep van trailers teen vergoeding gaan dan vir my versekeraar'n probleem wees, want ek het die klas van gebruik verander sonder om die versekeraar daaroor in te lig.

As my voertuig privaat klas is 'n treiler kan sleep en ek sleep my buurman se treiler vir hom see toe en iets gebeur gaan die versekeraar my voertuig se skade dek en nie die buurman se treiler nie. Onthou net die bestuurder moet oor 'n geldige lisensie, vir treiler sleep, beskik!

Hoop dit help

Dirk

Re: Trailer sleep en versekering

Posted: Sat Nov 28, 2015 6:19 pm
by Johnnie De Wet
Dankie Dirk.

Re: Trailer sleep en versekering

Posted: Mon Nov 30, 2015 6:43 am
by 6.5/284Norma
Johnnie De Wet wrote:Ek het volle omvattende dekking op my voertuie.
Ek sleep egter waens en trailers wat gelisensieerd is, maar nie verseker is nie.

Ek stel nie eintlik belang om die waens te verseker nie, maar wat gebeur as jy jou bakkie omgooi met bv n beeswa wat gehak is?
Moet jou versekering omskrywing insluit dat jy waens gaan sleep met betrokke voertuig?

Skuus ek kom vra eers hier, sal hierna dit eers met makelaar bespreek. ;)
Dit is 'n ingewikkelde een maar hier is my verstaan (nie advies) van dit:

Die sleepvoertuig moet verseker wees - omvattend vir privaat en professioneel of besigheid.
Die sleepwa moet verseker wees - omvattend vir privaat en professioneel of besigheid.
Die beeste moet verseker wees.

Dan is jy gedek vir die omgooi en skade aan die voertuig, wa en beeste.

Johan

Re: Trailer sleep en versekering

Posted: Mon Nov 30, 2015 9:03 am
by James Wilson
Johnnie, is jy n boer? En as jy is het n agri polis?