Page 1 of 1

Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Wed Nov 25, 2015 4:30 pm
by Jean Marais
Dagsê manne. Ek soek bietjie raad, en wil graag hoor wat julle sou doen.

Vriend van my koop 'n Chev Corvette by 'n ou wat besig is om die kar op te bou omdat hy bietjie geldelike probleme het, en die vriend van my al lank soek na so 'n kar. Op die datum van die koop, doen ons mooi al ons huiswerk, en bevestig onder andere dat die voertuig nie gesteel is nie ens ens, doen die transaksie, net om ongeveer 5 maande later uit te vind, nadat 'n makelaar van 'n korttermyn versekeraar ons kontak, en hy ons meedeel dat die voertuig nou gelys is as "gesteel" by die SAPD.

Die voertuig is intussen geregistreer in my vriend se naam, en ons is nou besig om die finale herstel/mooimaakwerk af te handel, en het reeds 'n hele klomp geld spandeer daarop.

Is ons in die moeilikheid, selfs nadat ons op die tyd van koop bevestig het dat die voertuig nie gesteel is nie. Ek moet net bysê, dat die voertuig ongeveer 4 jaar by die ou by wie ons gekoop het was. Nou skielik kom 'n ander eienaar na vore.

Hoe nou gemaak?

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Wed Nov 25, 2015 5:08 pm
by Jackalsniper
Ek het al gehoor van mense wat met fake ID n kar of bakkie koop, versekering uitneem en dan n voertuig as gesteel aangee. virsekering betaal uit, dan trek hul natuurlik die geld en verdwyn, en keer terug na regte ID of dalk nuwe fake nr.

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Wed Nov 25, 2015 5:17 pm
by DeonvTonder
Destyds toe julle hom gekoop het sou ek die nodige dokumentasie gekry het by SAPD waarin hulle bevestig dat die motor nie as gesteel aangemeld is nie. Maar aangesien julle dalk nie daardie dokumentasie vir so iets gekry het nie sal ek julle aanraai om dalk maar stadig maar seker bietjie regshulp nader te sleep.

Sterkte

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Wed Nov 25, 2015 5:39 pm
by Gawie(13mm)
Jean, het julle self die "Polisie klaring" vir die voertuig laat doen of het die vorige eienaar die "klaring" voorsien?

Indien jy agter "deur 2" staan het julle moeilikheid en ruik ek 'n rot.
Soos Mnr. Van Tonder voorstel is 'n prokkerower nie 'n slegte opsie nie.

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Wed Nov 25, 2015 6:43 pm
by Bakkies303
Jean, as jy se die voertuig is klaar in jou vriend se naam, kan ek nie sien hoe hulle hom in die 1ste plek op sy naam kon sit as dit gesteel was nie. Ek het wel al van geval hier by ons rond gehoor van ou wat motor verkoop het en daarna as gesteel aangegee het om die versekering geld ook in die hande te probeer kry.

Vind dus uit wanneer die voertuig as gesteel aangegee is. Probeer ook uitvind wie die voertuig as gesteel aangegee het. Kyk ook of nommers op voertuig ooreenstem met nommers op die papierwerk. Hopelik het julle papierwerk wat as bewyse dien dat julle wel die voertuig by hom gekoop het. Ek sou egter soos die ander lede aanbeveel regshulp kry om die sakie te probeer oplos, veral as die eienaar betrokke is.

Laat weet maar hoe dit gaan.

Groete
Elmo

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Wed Nov 25, 2015 6:44 pm
by Piet Pille
Dis 'n gemors.
Pel van my in Whk het ook 'n motor so gekoop. Nogal by 'n bekende 2de handse motorhanderlaar. Klaring en alles was uitgereik en bank het motor finansier. Toe een mooi oggend daag die polisie op en laat weet dat die motor (saam met klomp ander) gesteelde voertuie is uit RSA. Die handelaar is i hegtenis geneem sover ek weet.

Kar is inpound. Bank het egter aangedring dat hy moet bly betaal, en dit het op hofgeskil uitgeloop. Lang storie kort- dis nou 2 jaar later en hofsaak karing nog aan. Hy is nou geblacklist en kry geen finansiering meer nie. Kar stan nogsteeds by polisie in die son. ...


(Witpiet, FM en ander Whk manne kan dalk meer inligting verskaf- weet dit was groot stories destyds)

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Thu Nov 26, 2015 7:25 am
by Jean Marais
Manne, dankie vir die terugvoer sover. 5 maande nadat die kar in P se naam registreer is, word die kar by die SAPD aangegee as gesteel. Kar is in Mei geregistreer, saaknommer is 2015/10/...

Iets klink netnie reg nie. Die oorspronklike eienaar het die voertuig as gesteel gaan aangee by die polisie. Hoe maak 'n man?

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Thu Nov 26, 2015 7:49 am
by Viking
Hi Jean,

KRY REGSHULP!

Uit jou inligting blyk die volgende:

1. Die "hersteller" was moontlik nie die eienaar van die voertuig nie, want 'n ander party meld na 4 jr die voertuig as gesteel aan
2. Ek vind dit vreemd dat die versekeraar enigsins die eis hanteer, want gewoonlik moet 'n eis binne 'n redelike tyd vanaf "datum van gebeure" aangemeld word - 4 jr kan nie geag word 'n redelike tyd te wees nie!
3. Die inligting is gebrekkig en dui geensins aan wat die "transaksie" tussen die 3e party en die hersteller was nie.
4. Die registrasie van die voertuig laat nou ook 'n vraag ontstaan....wie was die "geregistreerde" eienaar toe die voertuig aan jou vriend verkoop is
5. Indien hier wel bedrog gepleeg is, staan die hersteller in die beskuldigde bank langs jou vriend - want hy is in besit van "gesteelde" goedere
6. Wie het die voertuig destyds "geclear" - alhoewel dit eintlik nie saak maak nie, want die voertuig is agterna as gesteel aangegee.
6. Die voertuig kan dus van jou vriend afgeneem word - hy sal van die hersteller moet eis vir vergoeding.

Hier is vir jou 'n pot .....!

Sterkte

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Thu Nov 26, 2015 8:04 am
by Jean Marais
Viking, dankie vir jou inset. Jy het die situasie nogal reg opgesom, want dis basies wat gebeur het. Die hersteller het die voertuig verkoop aan P. Hy is egter bereid om al die geld terug te betaal. Ek dink dis maar die roete om te gaan. Hofsake gaan net nog onnodige uitgawes wees, en die uitkoms is onseker of dit in P se guns sal wees.

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Thu Nov 26, 2015 8:49 am
by Chevvy SS
Dit gebeur ongelukkig gereeld.

Laat hy die motor se koopprys sowel as die herstelwerk tot op datum betaal.

Re: Aankoop van 'n "gesteelde" voertuig

Posted: Fri Nov 27, 2015 10:21 pm
by jamalley
In kort - my beskeie opinie:

Die hersteller het in my opinie die verkeerde roete gevolg met die verkoop van die voertuig - hy het heelwaarskynlik 'n retensiereg gehad vir herstelkoste wat hy gedoen het en was moeg om te wag om betaal te word. Hy moes eintlik die eienaar gedagvaar het, vonnis teen hom bekom het op die voertuig beslag gelê het en die voertuig op openbare veiling verkoop het.

Die eienaar gebruik nou die roete van 'n klagte van diefstal van die voertuig om die voertuig met die hulp van die Polisie terug te kry sonder om vir die herstelwerk te betaal - indien die Polisie op die voertuig beslag lê en dit verwyder, dagvaar die verkoper/hersteller vir die koopprys, plus rente en kostes.

Wanneer die Polisie op die voertuig beslag lê, wat ek glo hulle sal doen, gee hulle skriftelik kennis dat daar herstelwerk aan die voertuig gedoen is, gee 'n uiteensetting daarvan en gee hulle ook kennis dat julle 'n verbeteings retensie teen die eienaar, vir die waarde van sodanige herstelwerk het (ek aanvaar daar is genoegsame dokumentêre bewys van die herstelwerk en koste daarvan) - hulle gaan die voertuig nog steeds vat en nadat dit uitgeken is vir die wettige eienaar teruggee, maar julle kan 'n eis teen die eienaar en Polisie instel vir daardie verbeterings koste, tesame met rente en koste en sal heelwaarskynlik suksesvol wees.

Maak net seker dat julle alles op skrif stel en bewyse van alles hou. Maak ook seker dat julle die einaar se volle besonderhede en fisiese adres by die Polisie bekom.

Dring ook aan op 'n formele kwitansie of bewys dat die voertuig uit julle besit verwyder is - sien 'n Prokureur, want daar is tydbeperking rondom die tipe van aksies en stappe wat julle moet nakom.