Page 1 of 3
Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:18 pm
by erx
Hi daar manne
Ek wil net 'n paar opinies kry voor ek weer die winkels invaar.
My 308 het 'n baie stadige 1 in 14" twist wat sal se dat ek langer en ligter punte in hom moet skiet. Ek het egter my beste resultate met 165 Hornady Interlocks gekry en goeie kop en nek skote geskiet, geen blad skote tot dusver.
Hier is nou die einlike ding, ek verstaan dat die Interlocks nie bymekaar hou en dus groot vleis skade aanrig met lyf skote.
Help nou die biltong jagter om minder vleis skade te kry, aangesien 'n kop of nek skoot nie elke dag moontlik is nie.
Groete
erx
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:29 pm
by Jagtersdok
Probeer Nosler se 165gr Accubond maar ek glo die 150gr gaan beter werk
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:41 pm
by erx
Thanks dok, gehoop jy gee ook raad aangesien ons laas oor die interlocks gepraat het.
Hoekom verkie jy die 150, oor my twist?
Gee my bietjie 'n lading op 335 wat ek kan try asb.
Groete
erx
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:43 pm
by Arnold
erx wrote:
langer en ligter punte in hom moet skiet
Hierdie is verkeerd, dit is korter en ligter.
Probeer 150gr of 130gr monometaal koeels soos Barnes of GScustom
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:50 pm
by Koos Barnard
ERX
Ek het al heelwat groot bokke met 150gr Nosler Accubonds geskiet uit my .30-06. Spoed is 2700vps. Het nou die dag Barnes se 110gr Triple Shocks probeer (teen 2980vps) en hulle in dieselfde wetpack geskiet op 25, 125 en 200m as die 150gr Noslers. Die ligte Barnes-koe?ls penetreer net so goed as die 150gr Noslers. Miskien moet jy hulle probeer. Ek het blouwildebees en blesbok in die kop met die 110s geskiet en my laaitie 'n blesbok op die lyf. Hulle werk goed. Ek hoop om nou 'n bok of twee op die blad te gaan skiet met die ligte koe?ls. Hulle mors beslis minder vleis as die loodpunte. Miskien moet jy hulle of die 130gr Barnes oorweeg as jy bereid is om te betaal waarvoor hulle verkoop. Somchem se nuwe herlaaiboekie (April 2011) het laings vir hoerdie koe?ls.
Groetnis
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:54 pm
by Jagtersdok
Presies oor wat Arnold ges? het, jy moet korter en ligter gaan.
Ek sal kyk watse spoed jy sal moet jaag met die 150gr
Gee net gou weer jou loop lengte
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:02 pm
by Jaco Swart
Oom Koos.
Ek het die artikel in die Magnum gelees oor die Barnes se ligte punte. Ek kan nie presies onthou nie, maar was daar nie ook vir oom 'n nadeel nie.
Ek kan verkeerd wees.
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:08 pm
by mossie
naand
gewig het min met groefdraai uit te waai, lengte is die deurslaggewende ding- hoe stadiger die groefdraai, hoe korter die optimale punt. goeie papiergroeperings vertel net die halwe storie. Stabiliteit ,in vlug en stabiliteit vir lynreguit penetrasie in weefsel hou nie altyd verband nie. n te lang punt kan dalk wonderlik in vlug stabiliseer maar sal op impak tuimel en massiewe vleisskade veroorsaak, die 308 en die 130gr gshv is fenomenaal en die 130gr impala ook baie goed. moenie jou ore uitleen aan kommentaar waar die impala as marginaal beskryf word na "toetse" op vyf of ses diere nie. afgelope twee seisoene seker digby die tweehonderd diere, vanaf springbok tot eland en kameelperd met impala en gshv geskiet en as die vitals bereik is, was dit deurgaans eenskoot gevalle. almal kla oor die goed se prys, maar die geld wat jy spaar aan die verminderde vleisskade betaal driedubbel vir die punt.Kop en nekskieters roem daarop dat premium punte nie nodig is nie, maar is dikwels nie by as ek n paar dae later die spring- of blesbok vrekkend van die dors met n flenter bek moet uithelp nie. n woordjie- as jy sou besluit om na gs, impala of selfs spartan toe oor te skakel, DINK voor jy die sneller trek- hierdie goed penetreer ongelooflik, veral die impala
lekker om terug te wees op die forum na n goor tyd.
MOSSIE
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:14 pm
by erx
Hi meneer, dankie vir die raad, sal maar gaan loer wat hulle kos, die pryse raak maar mal deesdae.
Jagtersdok, my loop gemeet vanaf kroon tot waar hy in aksie indraai is presiesm 682mm, dit gee 26.8", sal maar seker 26" wees?
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:24 pm
by Jagtersdok
mossie wrote:
naand
gewig het min met groefdraai uit te waai, lengte is die deurslaggewende ding- hoe stadiger die groefdraai, hoe korter die optimale punt. goeie papiergroeperings vertel net die halwe storie. Stabiliteit ,in vlug en stabiliteit vir lynreguit penetrasie in weefsel hou nie altyd verband nie. n te lang punt kan dalk wonderlik in vlug stabiliseer maar sal op impak tuimel en massiewe vleisskade veroorsaak,
MOSSIE
mossie die eerste gedeelte is maar net presies om te s? hoe ligter die koeel hoe korter sal hy wees dit geld vir konvensionele koeels sowel as monometaaldus 30 kaliber Hornady interbond 150gr is korter as die 165gr interbond en die GSC 140grHV is korter as die 160gr, maar waar die verwarring in kom is wanneer mense konvensioneel en monometaal saam gooi, want jou monometaal koeels is baie langer per gewig as konvensionele koeels en selfs ligter monometaal koeels kan langer wees as heelwat swaarder konvensionele koeels.Soos die geval met die 160gr GSC in vergelyking met die naby gewig Hornady Interbond165gr
So as jy na klas/tipe koeel kyk bly die reel hoe langer die twist hoe korte/ligter die die koeel.
nou jou tweede punt van die lang koeels wat maklik begin tuimel, maal jy s? die Impalas en GSC penetreer so goed, maar tog is hulle per gewig baie langer as konvensionele koeel van dieselfde gewig. Dus volgens jou teorie behoort hulle makliker te tuimel.
Pasop oor wat jy s? van ore uitleen en mense wat toetse gedoen het afmaak asof hulle niks weet nie, party van ons weet miskien dalk net tikkie meer as die volgende ou
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:25 pm
by mossie
ERX
Die impala, direk van die vervaardiger is R250 vir 50 afgelewer by jou poskantoor- heelwat goedkoper as barnes x of nosler en dit is eg SA!!!!
MOSSIE
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:26 pm
by Monrique (SJ)
Ek sal dink dat die 150gr - 165gr Hornady Interbons mooi behoort te werk in daai .308! Ek wil self daai manne probeer wanneer ek my .308 aan die werk begin kry het.
Groetnis
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:27 pm
by erx
Thanks Mossie, dit maak sin.
Het jy kontak nommers vir hulle?
Groete
erx
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:29 pm
by erx
Yes SJ, klink my die Interbond is 'n beter keuse as die Interlocks, net jammer ek het nog 'n kleinhuisie vol Interlock 165's
Groete
erx
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:29 pm
by Jagtersdok
Erx
Maak jou slot toe dat hy gespan is. druk cleaning rod in tot teen die bolt face, maak merk op stok met pen. Meet van die punt van die rod tot by die merk. Dit is jou loop lengte
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:46 pm
by mossie
JAGTERSDOK
Dit is glad nie wat ek bedoel nie. Kom ons gestel n gegewe groefdraai hou van n koeel van se 35 mm in lengte en jy gaan laai n koeel van 45mm in lengte, hetsy nou n monometaal koeel of n loodkernkoeel, het jy ongetwyfeld n groter risiko ten opsigte van stabilisering. ek het nie vir n oomblik bedoel dat die gewigte dieselfde sou wees nie.die 45 mm monometaal koeel mag argumentsonthalwe 160 gr weeg en die loodkernkoeel 220 gr maar as beide te lank is verhoog jou risiko. As n monometaal te lank is, is die risiko van tuimel net so hoog en die gepaardgaande vleisskade net so skrikwekkend.
MOSSIE
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:55 pm
by Jagtersdok
Jy is heeltemal reg, maar deur te s? gewig het geen verband nie is nie heeltemal waar nie, want hoe ligter 'n koeel hoe korter sal hy wees vir daardie spesifieke koeel.
So as jy die verskillende tipes koeels en fabrikate ken, kan ek maklik vir ou s? die 140gr GSC of die 180gr of 200gr Nosler vir arguments othalwe gaan goed werk in sy geweer want ek weet hoe lank die verskillende gewigte is van die verkillende fabrikate.
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Thu Jun 09, 2011 12:42 pm
by erx
Hi Jagtersdok, as ek jou meet metode gebriuk kry ek 702mm, dis 27.6".
Ek het met die PMP manne op hul kompetisie 'n heuwige argument oor die metode gehad, volgens my opinie is jou loop vanaf waar die lands begin tot voor by jou kroon.
Hul se toe vir my, ja maar hoe kan hulle dit akuraat meet? Ek sou se mens vat die laaistok metode se waarde en trek ten minste die kaliber se standaard dop lengte af, jy is dan nog nie daar, maar amper op die regte lengte.
Hoe sou julle se, of is die metode 'n standaard wat oor die wereld gebruik word?
Ek het vandag 'n pakkie 150 Nosler Accubonds gekoop, help 'n bietjie verder asb.
Groete
erx
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Thu Jun 09, 2011 12:58 pm
by Arnold
Dit is standaard om jou loop se lengte tot teen die slot se gesig te meet. Dit is tog daadwerklik die loop se lengte.
Dit help nou ook nie jy stry met die pmp manne as dit so vooraf in die reels was nie
Hier moet die mense tog pasop. As jy bv. met 'n geweersmid praat, maak seker dat julle altwee dieslefde vertaan in terme van hoe hierdie gemeet word. Di tkan dalk gebeur dat jou loop korter gesny word as wat jy soek oor so eenvoudige misverstand.
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Thu Jun 09, 2011 1:10 pm
by erx
Thanks Ludwig en Arnold, as dit die standaard is, dan is dit so. Ek verstaan net nie wat daai ekstra gedeelte met die ballistiese kant van die saak te maak het, maar as dit so in quickload gebruik word is dit seker reg.
Groete
erx
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Thu Jun 09, 2011 1:14 pm
by Arnold
ERX, soos jy s? is die "bullet travel" die belangrike deel.
Met die totale loop lengte en die rondte se lengte bereken Quickload die aftsand wat die koeel eintlik in die loop is.
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Thu Jun 09, 2011 10:09 pm
by erx
Ok, help nou verder asb manne!
Groete
erx
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Thu Jun 09, 2011 10:27 pm
by erx
Agnee manne, jul kan my nie hier los nie!
Groete
erx
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Thu Jun 09, 2011 10:31 pm
by Jagtersdok
Watter kryt wil jy gebruik?
Re: Punt keuse op 308 vir min vleisskade
Posted: Fri Jun 10, 2011 9:17 pm
by Jagtersdok
Erx
Stoot so 2850ft/sec met TPL van 72mm
Die volgende akurate node is by 2980ft/sec maar dit is oor die max druk. met 2500PSI ek dink nie dit is die risiko werd nie