Page 1 of 1

Trail cams

Posted: Wed Nov 25, 2015 1:00 pm
by Kubus
Middag maters.
Ek is op soek na 2 of 3 bekostigbare trailcams, wat aan so paar spesifikasies moet voldoen:
Geskik wees vir ongediertes en algemene wild.
Geskik wees vir fotos neem in terme van veediefstal
Nagfotos sonder flash m.a.w infrarooi soort van ding
Fotos of sms onmiddelik na selfoon stuur
Nie n ding wat op n soort van subskripsie werk nie, m.a.w. een maal betaal en klaar.

Waar kry jy dit te koop, en onthou ek bly in "hier rond kry jy niks wat jy soek" provinsie.
Prys min of meer?
Iewer is daar dalk n ou met kennis.
Thanx

Re: Trail cams

Posted: Wed Nov 25, 2015 1:27 pm
by tripodmvr
http://www.takealot.com/all?qsearch=tra ... uggestions

Die ou Kalahari.com. Kyk wat het hulle daar en Google die modelle om te sien wat kan hulle doen. Makro en Game kan ook moontlik dit he. Hopelik is hier van die ander manne wat meer praktiese resultate kan uitlig.

Re: Trail cams

Posted: Wed Nov 25, 2015 1:30 pm
by Dewitt
Jackal Pro verkoop LT ACORN, wat aan al daai voldoen. Ek het so rofweg R6800 voor BTW betaal vir twee met SD Kaarte en batterye ingesluit. Praat met Annerie 0419229858 of info@ajtruter.co.za

Groete
Dewitt

Re: Trail cams

Posted: Wed Nov 25, 2015 2:37 pm
by Kubus
Thanx Dewitt,
Het al met hulle besigheid gedoen, en jy het my baie gehelp. Hulle is lekker naby.
Is jy tevrede met die kamera, sy kwaliteit fotos ensovoorts.
Ek wil nie he die f@kken veediewe moet met vee en kameras die gaat vat nie. Is daar geen sort van flash/lig wat die diewe op die kamera gaan laat fokus nie?
Vertel bietjie.
Baie dankie

Re: Trail cams

Posted: Thu Nov 26, 2015 6:43 am
by Dewitt
Nee hy maak geen flash nie, ek het al 'n paar manne laat toesluit met myne. Baie tevrede met foto's, kyk maar net na jou settings en stel hul soos dit jou gaan pas. Ek praat maar van hoe sensitief kamera moet wees en tydinterval tussen foto's.

Groete

Re: Trail cams

Posted: Thu Nov 26, 2015 9:39 am
by kwagga
Ek het myne laat werk sodat die kamera flash nie afgaan nie. In die plek gebruik ek dan 'n 12 boor SSG, hy maak 'n mooi "flash" >:D

Nee ek praat sommer net poefies, maar ek wens ek kon dit doen!

Re: Trail cams

Posted: Thu Nov 26, 2015 9:49 am
by Regie
Hallo daar bel vir Uegene by sunbeamtec 082 ses 0 vier vier 00 6
dai ou se goed werk die beste

Re: Trail cams

Posted: Thu Nov 26, 2015 9:57 am
by OupaZA
Ek stel belang in een, weet Hendried het ook een dink syne is die rhino of so iets?

Re: Trail cams

Posted: Thu Nov 26, 2015 9:59 am
by OupaZA
http://www.rikrhino.co.za/products/

Dink dit is die een, meskien kan hy vir ons se hoe werk hy?

Groete

Re: Trail cams

Posted: Thu Nov 26, 2015 10:10 am
by Rasmus
Kontak ook vir Redge Grant by archers edge in Pretoria. Hulle doen spypoint kameras. Baie goeie kamera goeie diens. En Kirkwood het waarskynlik n poskantoor of couriers gaan daar verby.

Re: Trail cams

Posted: Thu Nov 26, 2015 3:20 pm
by henried
OupaZA wrote:http://www.rikrhino.co.za/products/

Dink dit is die een, meskien kan hy vir ons se hoe werk hy?

Groete
Ek is mal oor die Rikrhino. Nie om dat sy specks beter is as die ander nie, maar omdat die ou in SA 'n app vir hom geskryf het wat sy MMS laat werk. Ek dink hulle verkoop nou vir onder R4000, dan download jy die app vir jou foon. Hy stuur dan fotos na jou foon vir die koste van data, dink dit het 6c per foto uit gewerk.

Die MMS van die ander TC kos so 80C/foto.

'n Spypoint TC gaan jou so R7000 kos, dan moet ju nog $$$/jaar betaal om jou fotos op hulle web site te kry. Ek dink hulle het ook nou 'n app, maar alles kos jou geld, dan het jy nog nie eers die data betaal nie.

Ek mos die Rikrhino vir 'n boer toets, beste speelding wat ek vir 2 weke mee kon speel, dis baie lekker om heeltyd te weet as daar wild voor die kamera is.

Re: Trail cams

Posted: Fri Nov 27, 2015 7:41 am
by OupaZA
henried wrote:

Dankie, ek gaan vir my een kry.

Groete