Page 1 of 1

Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Mon Nov 23, 2015 9:12 am
by heywillie
Goeie more,

My broer het die bogenoemde scope gekry direk van die VSA af (iemand het dit oorgebring).
Nou sien ons die verstelling op die vergroting werk nie (sit op 20x en wil nie afstel nie).
Die parallax, windage en elevation verstellings werk wel.
Sal die plaaslike handelaars die scope terugstuur of gaan dit 'n probleem wees oordat die scope direk ingebring is ?

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Mon Nov 23, 2015 9:20 am
by ruaanb
Julle moet die vraag mos nou vir die handelaar vra en kyk of hulle bereid sal wees om julle te help.
Glo nie hier is iemand wat gaan kan help nie.

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Mon Nov 23, 2015 9:29 am
by heywillie
ruaanb wrote:Julle moet die vraag mos nou vir die handelaar vra en kyk of hulle bereid sal wees om julle te help.
Glo nie hier is iemand wat gaan kan help nie.
Ek gaan dit doen, wil maar net hoor of iemand nie voorheen dieselfde probleem gehad het nie ?

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Mon Nov 23, 2015 10:00 am
by heywillie
Ons het die probleem gekry... daar was n los skroef :D
Dis nou die skroef op die verstelling meganisme self

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Mon Nov 23, 2015 11:38 am
by ruaanb
Dit is goeie nuus!

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Mon Nov 23, 2015 11:45 am
by Gian_dP
As jy nie regkom nie, kontak lokale agente -Whylo. Hulle is in Durban. 0315848088.
Vortex se waarborg behoort dit te dek

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Mon Nov 23, 2015 12:32 pm
by Vlakvark Soldaat
Ek wil net weet of jou pel nie nog kan inbring nie...

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Tue Nov 24, 2015 7:08 am
by heywillie
Vlakvark Soldaat wrote:Ek wil net weet of jou pel nie nog kan inbring nie...
Vlakvark, dit is n familie lid wat kontrak werk oorsee doen.
Kontak my in Februarie dan kan ons 'n plan maak

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Tue Nov 24, 2015 8:33 am
by Vlakvark Soldaat
Wiele!

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Tue Nov 24, 2015 10:45 am
by heywillie
Mens loop net ongelukkig die risiko dat hulle dit item kan konfiskeer.
Ek het al 5 scopes so ingebring sonder probleme, maar mens weet nooit wie sit agter daardie counter en hoe voel hy / sy daardie dag nie.

Maar vir die geld wat mens spaar is dit die moeite werd

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Tue Nov 24, 2015 11:08 am
by JohanvanZyl
Self een van Nederland af ingebring. sonder pyne en mens spaar baie baie

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Tue Nov 24, 2015 7:20 pm
by OU VOORSLAG
Dom vraag, weet glad nie hoe dit werk nie, maar hoekom sal hulle dit konfiskeer?

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Tue Nov 24, 2015 7:26 pm
by Andre308
SARS hou nie van mense wat goed in bring sonder invoer belasting nie. Die item moet verklaar word, en jy moet die Keiser sy geld gee, en as jy hom in jou bagasie 'in smokkel' dan neem hulle hom.

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Tue Nov 24, 2015 7:28 pm
by Askari
As jy van die VSA inbring gaan ITAR jou lewe moeilik maak. Sekere items, soos bv teleskope, se uitvoer word gereguleer deur die Amerikaanse regering. Dit mag dus slegs uitgevoer word met 'n geldige uitvoerpermit. In kort, hulle beperk die uitvoer van alle items wat gebruik kan word deur bv terroriste etc

Re: Vortex Viper 6.5-20x50

Posted: Tue Nov 24, 2015 7:29 pm
by Vlakvark Soldaat
Veral uit die VSA, agv sanctions ens. Alle vuurwapen related items...