Page 1 of 1
6.5-284
Posted: Sun Nov 22, 2015 8:55 pm
by Dano 1
Naand Manne
Wie van julle skiet met 6.5-284? Wat is julle resep wat julle laai?
Groete Dano
Re: 6.5-284
Posted: Sun Nov 22, 2015 9:05 pm
by tripodmvr
Herlaai is nie koekresepte nie. Looplengte en ander kenmerke van jou geweer het 'n groot invloed. Ky en lees onder QL Herlaai oor inligting benodig om veilige ladings te verkry. Verdere huiswerk - Google OBT en bestudeer.
Re: 6.5-284
Posted: Sun Nov 22, 2015 9:08 pm
by Dano 1
Ek is besig om te bou dit is n Brouten loop 26" 1/8 twist
Re: 6.5-284
Posted: Sun Nov 22, 2015 9:17 pm
by VdWalt
Oom Drie Poot, die loop is 26 duim lank.
Re: 6.5-284
Posted: Sun Nov 22, 2015 9:19 pm
by tripodmvr
En 'n 1 tot 8 groefdraai.
Wat se koeƫls is die in ding vir die ver gooi?
Re: 6.5-284
Posted: Mon Nov 23, 2015 6:21 am
by 6.5/284Norma
Ek skiet hom.
Daar is heelwat gepost na ek hulp gevra het, dit sal help.
Die Nosler accubond Long Range 142 en Sierra Matchking 142gr skiet baie mooi in myne.
Die Laupua 123gr is die heel akkuraatste in my roer.
Groete
Johan
Re: 6.5-284
Posted: Mon Nov 23, 2015 6:53 am
by tripodmvr
Hoogste node vir 142SMK sal in die orde van 2900vps wees met 'n 26 duim loop.
Re: 6.5-284
Posted: Mon Nov 23, 2015 7:46 am
by Dano 1
Johan jy het n pm.
Groete
Dano
Re: 6.5-284
Posted: Mon Nov 23, 2015 11:40 am
by 6.5/284Norma
tripodmvr wrote:Hoogste node vir 142SMK sal in die orde van 2900vps wees met 'n 26 duim loop.
Die spoed wat ek kry is 2850.
Re: 6.5-284
Posted: Mon Nov 23, 2015 11:47 am
by VdWalt
6.5/284Norma wrote:
Die Nosler accubond Long Range 142
Groete
Johan
Hi Johan
Waar het jy van die koeels in die hande gekry?
Re: 6.5-284
Posted: Tue Nov 24, 2015 4:52 am
by 6.5/284Norma
VdWalt wrote:6.5/284Norma wrote:
Die Nosler accubond Long Range 142
Groete
Johan
Hi Johan
Waar het jy van die koeels in die hande gekry?
Vriend van my het dit ingebring van Amerika af toe hy kom kuier het. As jy wil kan jy van dit by my kry en kyk of dit werk...
Hy kom ten minste een of twee keer per jaar oor.
Re: 6.5-284
Posted: Wed Mar 02, 2016 7:47 pm
by bokboran
Laai 140 gr cc met 385 kruit 53gr skiet mooi
Re: 6.5-284
Posted: Thu Mar 03, 2016 8:50 am
by tripodmvr
bokboran wrote:Laai 140 gr cc met 385 kruit 53gr skiet mooi
Ja, in jou geweer, maar in ander geweer en ander Lot 385 skiet hy goor of gevaarlik. Ladings word ontwikkel vir jou spesifieke platform.
Re: 6.5-284
Posted: Thu Mar 03, 2016 8:57 am
by Eugene
tripodmvr wrote:bokboran wrote:Laai 140 gr cc met 385 kruit 53gr skiet mooi
Ja, in jou geweer, maar in ander geweer en ander Lot 385 skiet hy goor of gevaarlik. Ladings word ontwikkel vir jou spesifieke platform.
Ek gebruik 54,2gr S385 (Lot 14) vir die 140gr Nosler CC vir 'n spoed van 2820ft/s uit 'n 24" loop. Dit is met Lapua doppe en met Federal LR primers. Vir veiligheidsonthalwe, sal ek begin met 52gr en dan stadig opwerk.