Page 1 of 1

alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Sat Nov 21, 2015 11:16 am
by Jaco v Zyl
Hallo almal.
Eks is besig met n nuwe projek,die kaliber ,loop,aksie,mounts en scope is gekies ,maar ek sukkel om n besluit te neem oor die kolf.Die kolf gaan meerendeels langafstandwerk doen.
Ek oorweeg 3 opsies:
1.mcmillan a5
2.alliminium kolf van armtec/mojet/sudami
3.laminated van jc van niekerk
Sal graag wil opinies/ervaring wil oor oor bg 3 kolwe,voor of nadele van elk.
Dankie
Jaco

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Sat Nov 21, 2015 11:38 am
by Arnold
Verseker die A5

https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/McMillan/IMG_27382.JPG

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Sat Nov 21, 2015 12:41 pm
by Jaco v Zyl
Dankie Arnold,dai is n baie mooi geweer!
Wat sou jy se is die mcmillan se sterkpunte,ek nog nooit een in my hande gehad nie ,wat is dit aan n mcmillan wat hom so gesog maak?
Jaco

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Sat Nov 21, 2015 10:04 pm
by Vlakvark Soldaat
Daai geweer lyk nogal heel stout!

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Sun Nov 22, 2015 7:30 am
by Arnold
Die A5 se sterkste punt is dat hy in my kluis staan ;)

Die kolf lyk goed, is duursaam en hanteer vreeslik gemaklik uit verskillende skiet posisies. Die feit dat so baie Amerikaners die kolf kies moet ook iets sê ...

As ek een kon kry sou ek graag n Manners kolf wou hê maar hulle wil nie vir ons stuur nie.

Dalk moet jy fotos opsit van die ander kolwe wat jy oorweeg vir die ouens om beter kommentaar te kan lewer?

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Sun Nov 22, 2015 9:12 pm
by Carel Maritz
Naandsê Jakoos

PM vir my jou email adres dan stuur ek vir jou fotos vd kolf wat JC vir my gemaak het. Alluminium bedding block in n copy vd McMillan A5 shape. Bedding block en bottom metal van Disen Eng (Boesman). Beste v al die werelde. Hyt n variant, n tiepe upsize waar hy die kolf oral 2mm meer vleis gee. Ekt daarvoor gegaan, like die dik gevoel.

Maak geen fout ek is baie pro sintetiese, voel vir my of jy minder jammer is vir stampe en krappe. Kromtrek ens is ook dan minder v n issue. Ek vertrou met die laminated hout en bedding block is ek okay.

Groete
C

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Sun Nov 22, 2015 10:09 pm
by Jaco v Zyl
Baie dankie Carel, ekt jou gepm.

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Sun Nov 22, 2015 11:27 pm
by Vlakvark Soldaat
Carel, sit maar n pic of twee hierso ook vir ons almal om te sien.

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Mon Nov 23, 2015 8:14 am
by Carel Maritz
Hier is die kolf julle. Copy vd McMillan A5. JC kan verstelbare wangstukke ook insit, verstelbare butplates ook. Hyt die kolf vir my ook mooi plat voor gemaak dat hy goed stil kan lê.

Baie goeie vakmanskap julle.

Sy nr: 082 788 nege 043

Hoop julle kom reg. Hy kan feitlik enige kolf maak. Hys veral lief vir die Tikka T3 Sporter ontwerp.

Groete
C

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Mon Nov 23, 2015 8:23 am
by Ben
Sjoe dis Mooi!
Carel, waar is JC gelee as ek mag vra?

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Mon Nov 23, 2015 10:16 am
by Carel Maritz
Hi Ben,

Hys in die Kaap, hys in daai area net bo Panorama Hospitaal. Bitter maklik om te kry.

Groete
C

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Mon Nov 23, 2015 12:23 pm
by Vlakvark Soldaat
Dit wil gedoen word!

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Mon Nov 23, 2015 2:24 pm
by 1250bandit
Sjoe Carel dis darem maar mooi. Mag ek vra wat die prys was?

Re: alliminium vs fibreglass vs laminated

Posted: Mon Nov 23, 2015 2:32 pm
by Carel Maritz
Hi Bandit,

Dit was R6,500 maar ekt die alu blok en bottom metal gegee. Prys is verseker afhanklik van elke persoon se vereistes, verstelbare wangstukke, verstelbare but plates, tot die tiepe recoil pad het n invloed. JC is bereid om hom onafgewerk ook te verkoop dat jy self skuur.

Praat met liefde met hom.

Groete
C