Page 1 of 2
Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm
by marno
Hi daar manne!
Ek het die naweek wat verby is twee van my pelle gevat om te gaan eland jag by ons.
Toe ons begin loop die oggend was dit -2 grade en die ys het op ons skoene gesit. Ons het lank geloop maar hulle wou net nooit reg staan nie.
En voor paar van die manne kritiseer, hulle wou elkeen 'n koei skiet vir vleis en nie trofee nie.
Ons het hulle toe op 'n stadium gekry en een van my pelle het die skoot gevat en die jong koei geskiet.
Ek weet sy is jonk maar ten minste is die vleis lekker van die jong goed.
Hy het my Steyr Mannlicher 7mm Rem Mag gebruik met 162gr punte en haar op die blad geklop.
Ek was verbaas oor die min vleis skade toe ons haar af slag.
Die hele naweek was baie lekker!
Ek moet oor so paar naweke my trofee bul en nog 'n koei gaan skiet.
Hier is Leslie met sy jong eland koei.
[img width=560 height=420]
http://i1211.photobucket.com/albums/cc4 ... 4-1600.jpg[/img]
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:18 pm
by Geno
Lekker sagte vleisies!
Mooi man.
groete,
Eugene
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:21 pm
by whisper
My mond water al klaar! Mooi Marno!
Pretty walk.
Whisper.

Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:24 pm
by marno
Thanks julle!
Dit is nou regtig nie die grootte bok wat ek iemand wil laat skiet as ek hulle uitvat nie, maar omdat hulle wou lekker vleis he, het ek nie om gegee nie.
Sy het ook nie nog gehardloop nie. Net daar geval. Ons het toe ons slag gesien die patroon was deur die hart.
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:29 pm
by Geno
Marno,
Wat prys julle elande?
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:30 pm
by marno
Ek het hulle laat skiet vir R4500 'n koei.
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:37 pm
by Geno
En groot bulle?
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:39 pm
by marno
Jong bulle - R6000 en groot/ou bulle - R8000
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:42 pm
by Geno
Dankie! Goeie prys.
Groete,
Eugene
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:46 pm
by marno
Maar ek moet vir jou se ek het lanklaas in my lewe so bekruip en ge-leopard crawl soos laas naweek.
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 3:32 pm
by Pvdw
Marno daai is my droom bok vir volgende jaar

. Is julle oop vir enige iemand of is dir net vir vriende en familie?
Peet
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 3:46 pm
by marno
Pvdw wrote:
Marno daai is my droom bok vir volgende jaar

. Is julle oop vir enige iemand of is dir net vir vriende en familie?
Peet
Hi Peet,
Eintlik net vir familie en vriende maar ek kan maar kyk volgende jaar of ek iets vir jou kan reel.
Groetnis.
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 4:12 pm
by Monrique (SJ)
Netjies gedoen daar. Sawwe vleisies daai.
Groetnis
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 5:01 pm
by foxripper
Wat het die koei uitgeslag?
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 5:20 pm
by gaaf
Bie nice, daai vleis gaan vrek lekker wees!
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 5:33 pm
by Jaco Swart
Marno.
laat weet asb bietjie waar in die wereld is jy en of jy nog groot bulle het wat gejag sal kan word.
Groetnis
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 5:49 pm
by Dawid
marno wrote:
Pvdw wrote:
Marno daai is my droom bok vir volgende jaar

. Is julle oop vir enige iemand of is dir net vir vriende en familie?
Peet
Hi Peet,
Eintlik net vir familie en vriende maar ek kan maar kyk volgende jaar of ek iets vir jou kan reel.
Groetnis.
Nou maar hier op die forum is almal sulke goeie vriende ons is amper soos familie so ek reken dis oop vir ons ook
Pragtige koei en skoot en vir my is Eland lekkerder as bees en daars baie meer genot daaraan verbonde om n Eland te gaan skiet as n bees.
Baie goeie prys ook , my trofee bul (35" ) het my verlede jaar 8 500 gekos
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Wed Jun 08, 2011 8:42 pm
by Jagtersdok
Baie mooi Marno.
dis nie altyd die grootte van die bok wat saak maar nie. Dis meer oor die storie en ervaring wat daarmee saam gaan
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Thu Jun 09, 2011 6:47 am
by marno
Nou maar hier op die forum is almal sulke goeie vriende ons is amper soos familie so ek reken dis oop vir ons ook
Pragtige koei en skoot en vir my is Eland lekkerder as bees en daars baie meer genot daaraan verbonde om n Eland te gaan skiet as n bees.
Baie goeie prys ook , my trofee bul (35" ) het my verlede jaar 8 500 gekos
HEHEHE Oom Dawid!! Jy sal my eers paar keer moet nooi om te braai voor ek vir almal oopmaak. hehehee
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Thu Jun 09, 2011 6:49 am
by marno
foxripper wrote:
Wat het die koei uitgeslag?
Jong Foxripper,
Kop af, binnegoed uit, vel af en so voorts het sy net oor die 200kg geweeg.
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Thu Jun 09, 2011 8:15 am
by Geno
Jaco S wrote:
Marno.
laat weet asb bietjie waar in die wereld is jy en of jy nog groot bulle het wat gejag sal kan word.
Groetnis
Jaco "sleeping beauty", Eland jag is vir manne wat baie vroeg kan opstaan....

Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Thu Jun 09, 2011 9:14 am
by foxripper
Marno,
Dan is dit n groot koei..hy kan jonk wees maar hy is glad nie klein nie
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Thu Jun 09, 2011 11:04 am
by Jaco Swart
Jaco "sleeping beauty", Eland jag is vir manne wat baie vroeg kan opstaan....

[/quote]
Geno.
As jy so mooi vrou soos ek gehad het so jy ook maar wou inle!!!!
Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Thu Jun 09, 2011 11:06 am
by Geno
Ok, nou verstaan ek. Jy's verskoon my maat!

Re: Eland jag die afgelope naweek....
Posted: Thu Jun 09, 2011 1:51 pm
by marno
hehehehe. Julle manne laat my lag!