Page 1 of 1
Eish ek verstaan nie die draai jakkals storie nie!
Posted: Wed Jun 08, 2011 11:49 am
by marno
Dag manne!!
Ek weet nie of my kop dalk net te plat is nie, maar hoekom mag mens nie draai jakkalse skiet as die goed lammers vang nie?
Dankie
Marno
Re: Eish ek verstaan nie die draai jakkals storie nie!
Posted: Wed Jun 08, 2011 11:54 am
by jaracal
Hulle is op die TOPS lys geplaas en het dieselfde status as 'n Luiperd ens.
Jy moet natuurbewaring inkry om die skuldige een te verwyder. Ek dink dit sal goed wees indien die boere natuurbewaring inkry om hulle werk te doen. Dit was hulle idee om die spesie op die TOPS lys te plaas.
Groete
Heinrich
Re: Eish ek verstaan nie die draai jakkals storie nie!
Posted: Wed Jun 08, 2011 11:58 am
by marno
Dankie Heinrich!
Nou die aand toe ons ry en kyk vir ystervarke wat die mielies opneuk het ons drie draai jakkalse gesien. Ek het met my 7mm Rem Mag in my hand gestaan en mag die goed nie skiet nie!!!
Een het ons so 50m van 'n trop skape af gesien.
Re: Eish ek verstaan nie die draai jakkals storie nie!
Posted: Wed Jun 08, 2011 12:12 pm
by foxripper
Marno, wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie

Re: Eish ek verstaan nie die draai jakkals storie nie!
Posted: Wed Jun 08, 2011 12:15 pm
by marno