Page 1 of 1

Groukatte

Posted: Wed Nov 18, 2015 11:23 pm
by NicoSmit
Die groukat of vaalboskat watse skade kan hy aanrig?

Re: Groukatte

Posted: Thu Nov 19, 2015 7:58 am
by Chrisjan
NicoSmit wrote:Die groukat of vaalboskat watse skade kan hy aanrig?
Oor die algemeen is hulle skadeloos. Ek het wel van gevalle gehoor dat hulle dag oud lammers aanval. Dieselfde met draai jakkals, hulle kan stout wees maar my versiere bly maar op rooi jakkals en rooikat.

Groete

Re: Groukatte

Posted: Thu Nov 19, 2015 5:37 pm
by NicoSmit
'n Hoender boer sal seker ook nie van hom hou nie

Re: Groukatte

Posted: Thu Nov 19, 2015 5:44 pm
by Jackalsniper
Is n groukat nie n ander spesie as vaalboskat nie?, hier onder in die suidkaap loop baie vaalboskatte,maar ek weet ini Noorde praat die boere van groukatte wat definitief lammers vang. Met die vog op die lense hier onder het ek al amper n paar vaalboskatte aangesien vir jakkalse, hulle oe is so flippen helder dit verblind n man skoon as hul baie naby is...

Re: Groukatte

Posted: Thu Nov 19, 2015 10:35 pm
by NicoSmit
Volgens Wikipedia is hulle dieselfde kat

Re: Groukatte

Posted: Thu Nov 19, 2015 10:39 pm
by Jackalsniper
NicoSmit wrote:Volgens Wikipedia is hulle dieselfde kat
O okay ek het nogal gewonder dankie. iemand my gese dat sy springbok lammers deur grou katte gevang was, sal nogal goed wees om defnitiewe bewyse te he

Re: Groukatte

Posted: Fri Nov 20, 2015 12:54 am
by NicoSmit
weet vir 'n feit hulle hou van hoendervleis

Re: Groukatte

Posted: Sat Jan 23, 2016 5:09 pm
by Danie01
Groukat en African wildkat is dieselfde kat ek is nie so seker dat dit ook Vaalboskat is nie

Re: Groukatte

Posted: Sat Jan 23, 2016 5:41 pm
by tripodmvr
Vaalboskat.jpg
Tierboskat.jpg

Re: Groukatte

Posted: Sat Jan 23, 2016 5:46 pm
by NicoSmit

Re: Groukatte

Posted: Sun Jan 24, 2016 6:39 am
by Danie01
Nico, ek weet verseker ons het nie die Vaalboskat in ons streek nie of dan ook nooit gesien nie maar wel die rooikat, wildekat/ african wildcat/ groukat en dan ook die klein miershooptier.

Baie van ons mense praat van die Wildekat as die groukat, ek weet nie of dit net in ons streek is nie maar op Wikipedia of een ander internet bron word die bakoorjakkals ook die draaijakkals genoem wat nie reg is nie.

Ek sal graag wil hoor wat die manne self se en nie Wikipedia nie, hul feite is nie altyd 100% nie, nie dat ek altyd reg is nie, haha.

Groukatte

Posted: Sun Jan 24, 2016 6:51 am
by Danie01
Nico, ek het nou so bietjie op web gekyk en dit blyk of ons Groukat en Vaalboskat dalk dieselfde kat is en wel die South African Wild Cat is. Ons praat gladnie van die Vaalboskat in ons streek nie maar wel van Wildekat of Groukat

Re: Groukatte

Posted: Sun Jan 24, 2016 6:56 am
by tripodmvr
Groukat (Gryskat) = Vaalboskat = wildekat (volksnaam) = SA Wild cat

Die grou en grys verwys na die velkleur.

So een kat het verskeie volksname.

Re: Groukatte

Posted: Thu Mar 09, 2017 6:26 pm
by Pieter
Hier by my (Boesmanland - Brandvlei gebied) loop groukatte, 2 soorte, soos ek hul leer ken het, lyk soos 'n huiskat, die een soort is groot, effens vaal met grys strepe, met 'n geel pens, hy vang lammers tot en met 3 weke, die ander soort is die helfte kleiner, baie donker en swart strepe, baie skaars. Hier is nie vaalboskatte nie, wel muskeljaat katte met kolle, maar skadeloos, behalwe so nou en dan dun hul die hoender boerdery uit.

Wat ek probeer sĂȘ is daar is 'n verskil tussen 'n vaalboskat en groukatte.

Groetnis

Re: Groukatte

Posted: Thu Mar 09, 2017 6:32 pm
by Geno
Oom Pieter.
Groukat is vaalboskat.
Die kleiner een wat Oom na verwys met die strepe is heel moontlik die swartpootkat.

Re: Groukatte

Posted: Fri Mar 10, 2017 2:48 pm
by Pieter
Dankie Geno, ek sien nou op die foto (kon nie gister nie), nou weet ek as mense praat van die vaalboskat dat dit my groukat is >:D :laugh: