Page 1 of 2

Raad vir 300 win mag

Posted: Wed Nov 18, 2015 8:56 pm
by Smit@50
Soek raad by slim manne asb. Ek kan nie besliut op n teleskoop nie. Ek kyk tans n Zeis hd5 5-25 x50 of Meopta 6-18 × 50 . Ek soek iets wat ver kan sien en sy zero hou. Moet ook die terug skop van 300 kan hanteer. Kyk na n begroting van so 20 000. Ek het ook gekyk na Burris eliminator 3 maar weet nie of dit die moeite werd is nie.Geweer word vir jag en so af en toe gonge skiet gebruik. Help asb manne.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Wed Nov 18, 2015 9:02 pm
by ruaanb
Smit kyk hier waar ons oor Eliminator 3 gepraat het. Ek het hom op my 300wsm so hy kan recoil hanteer in my opinie.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=44998

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Wed Nov 18, 2015 9:09 pm
by Smit@50
Ruaandankie vir terug voer. Ek het gesien 2 naweke terug by ghong skietdag het die manne gesukkel mt die eliminator dit het hle te lank gevat om te range en dan te skiet . Dit was op 5 ghonge in 25 sekondes op afstande van 400m tot 80m ek dink die probleem was dalk die mirage dit was baie warm 40°plus die dag.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Wed Nov 18, 2015 9:28 pm
by ruaanb
Hy moet stil gehou word as jy te veel bewe dan vat hy langer. Vir jag werk hy mooi

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Wed Nov 18, 2015 9:30 pm
by ruaanb
met daai kondisies gaan jy sukkel egter. strelok pro het hom in so jy sal kan bepaal wat holdover moet wees indien afstand naastenby bekend is.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Wed Nov 18, 2015 10:58 pm
by Sangoma (IAN)
Lekker vir gonge en in jou budget,

Nightforce SHV 5-20x56
Sightron S3 6-24x50 FFP

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Thu Nov 19, 2015 1:56 am
by Nico Harris
Zeiss

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Thu Nov 19, 2015 1:25 pm
by mossie
Zeiss HD 5 op my 300 - skiet baie en ek het nog nie n oomblik se drama nie.
Groetnis

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Mon Nov 30, 2015 3:22 pm
by Ters Hickman
Stem saam met die Nightforce SHV. EK het die 3-10 x 42 op my 375 my virend het die 4-14 x 56 op sy 300WM. Dis baie lekker scopes.

Pasop vir te groot vergroting koop met ballistics reticle as jy wil jag ook. Die second focal plane scopes se ballistics reticles is meestal op maksimum vergroting gekalibreer. Dit kan lol om vining bokke vinning op te lyn 25x vergroting. Vir die rede dink ek die Nightforce SHV 4-14 x 56 is great...tensy jy nou baie ver wil skiet behoort jy met hom alles te kan doen.

Ek het die HD5 ook en dis 'n lekker scope. Die Nightforce SHV se MOAR kruishaar is baie fyner wat help met die lang skote....die kruis maak nioe die teiken toe nie.

Ek dink die Nightforce SHV is ook meer "robust" as die Zeiss HD5.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Mon Nov 30, 2015 3:48 pm
by Vlakvark Soldaat
Nightforce is 30mm tube en die Zeiss HD is 25mm... Dit hang alles af van wat jy wil doen, klink my dis jou all rounder vir jag en kompetisie tipe skiet. Vat die Nightfoce!

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Mon Nov 30, 2015 7:21 pm
by acssa
Ek het 4 Zeiss hd5 5-25 scopes, 1 Sightron 6-24 en 1 IOR 4-28.... paar jaar terug het ek n NF BR gebruik.
Ek het nog n IOR bestel.... 6-24 FFP 35mm tube. Die prys met ringe in SA is puik waarde vir geld!

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Mon Nov 30, 2015 8:54 pm
by Sangoma (IAN)
FFP IOR vir R20k?

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Mon Nov 30, 2015 9:26 pm
by Tiny Hunter
Nuwe Burris XTR II was nou op special vir 20000 By S&O...

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Mon Nov 30, 2015 9:32 pm
by Smit@50
Dankie manne ek het toe maar oë toegeknyp en Burris eliminator 3 gekoop vir 19k by ons plaaslike Wildman . Gaan die naweek kyk wat maak hy.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Tue Feb 02, 2016 10:42 pm
by Sybrandz
acssa wrote:Ek het 4 Zeiss hd5 5-25 scopes, 1 Sightron 6-24 en 1 IOR 4-28.... paar jaar terug het ek n NF BR gebruik.
Ek het nog n IOR bestel.... 6-24 FFP 35mm tube. Die prys met ringe in SA is puik waarde vir geld!
As jy ooit een van die Zeiss telescope wil laat gaan laat weet my asseblief?

Groete

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Tue Feb 02, 2016 11:33 pm
by joe rocket
Kyk na die Burris Veracity ffp lekker jag scope dink hy kos R 17000.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Sun Feb 21, 2016 5:12 pm
by NicovanderMerwe
Vortex Viper PST FFP in Milrad 6 - 24 X 50 met die EBR 1 of nog beter die EBR 2C reticle.

Vinnige verstellings en as jy eers die hold over verstaan gaan jy nog beter regkom.

Uitstekende koop.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Sun Feb 21, 2016 5:19 pm
by Capt. Yoda
Nog net Swaro en Leica dan het ons meeste van die scopes gecover

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Sun Feb 21, 2016 7:28 pm
by tripodmvr
Nikko is nog nie genoem nie. Koop sommer 6 vir daardie prys.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Mon Feb 22, 2016 3:10 pm
by Boesman10
Smit@50 wrote:Dankie manne ek het toe maar oë toegeknyp en Burris eliminator 3 gekoop vir 19k by ons plaaslike Wildman . Gaan die naweek kyk wat maak hy.
Ek het ook die Eliminator III op my .300 WM en baie gelukkig daarmee.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Mon Feb 22, 2016 3:17 pm
by FHM
Smit@50 wrote:Soek raad by slim manne asb. Ek kan nie besliut op n teleskoop nie. Ek kyk tans n Zeis hd5 5-25 x50 of Meopta 6-18 × 50 . Ek soek iets wat ver kan sien en sy zero hou. Moet ook die terug skop van 300 kan hanteer. Kyk na n begroting van so 20 000. Ek het ook gekyk na Burris eliminator 3 maar weet nie of dit die moeite werd is nie.Geweer word vir jag en so af en toe gonge skiet gebruik. Help asb manne.

Smit, wat is jou minimum vergroting wat jy met jou nuwe glas wil he?
Is dit n absolute vereiste vir n x 50 mm of is x 40 mm ook reg?

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Tue Feb 23, 2016 7:33 am
by Wouter Roets
Smit@50 wrote:Dankie manne ek het toe maar oë toegeknyp en Burris eliminator 3 gekoop vir 19k by ons plaaslike Wildman . Gaan die naweek kyk wat maak hy.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Tue Feb 23, 2016 7:59 pm
by Steyr
Manne

Ek het ook n 300 win mag en sit met dieselfde probleem. Watter scope om op te sit het laasweek my liksensie gekry... die geweer 300 wm Steyr Mannlicher SM12, gaan meestal jag met hom maar sal ook papier skiet by die club. Ek soek glas wat nie die gewwer gaan laat bulky lyk nie.

Ek het gekyk na die VXR leopold 4-12 x 50 ballistic firedot nogal nice maar ek ken nie die scopes nie, enige raad?

Jammer ek hijack nou die post.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Tue Feb 23, 2016 8:23 pm
by Vlakvark Soldaat
My gevoel is maar net Swarovski of Zeiss op n Steyr.

Re: Raad vir 300 win mag

Posted: Wed Feb 24, 2016 4:34 pm
by Steyr
Vlakvark

Ek stem saam jy kan nie VW mags op n Hilux wil sit nie......... ;)