Page 1 of 1
Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 5:30 pm
by Nic
Vanoggend die eerste keer met die Howa 1000m probeer. Wind was so 15km/h van so 45' van agter.
87gr vmax. Lee herlaai stel. 4 skote gevat oor die Landy se bonnet om op teiken te kom. Toe 2 gevat op teiken en gaan kyk. Ongelukkig net 6 rontes by my gehad. Nou baie spyt. Ek het die 2 patrone so 3m agter die teiken opgetel. Baie happy met my "budget" lang afstand geweer.
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 5:31 pm
by Nic
.
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 5:36 pm
by LoopSoosStroop
Sheesh Nic jy speel nie.
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 5:57 pm
by Striker.
Goeie genade daai is nie sleg nie. Laat jy terug gaan, gaan laai en nog lood gaan gooi. Lyk my jy weet hoe werk daai kettie!
Groete
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 6:00 pm
by Williel
Dis ongelooflik, baie mooi geskiet.
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 6:03 pm
by JTM
Baie mooi geskiet. Die Howas is verbasend om te skiet.
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 6:12 pm
by Heinz Petersen
Nic, hoe dik is daai plaat van jou? Dit lyk amper of daar twee gate in die plaat is
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 6:17 pm
by Nic
Die plaat is so 3mm dink ek. Sommer n ou stuk plaat wat ek by die stoor opgetel het. Dankie vir die komplimente.
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 6:20 pm
by DiscoBiscuit
Nic,
Daai is baie mooi gegooi. Ek hou baie van jou skiet tafel. Ek gebruik ook een
Skiet groete,
Herman.
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 7:16 pm
by Apie
Oorlekker!
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 7:30 pm
by Andre308
Met so n storie sal jy moet gaan F-klas skiet!!! 99.99% van almal op hierdie forum kan net droom van dit wat jy nou gedoen het....en dit met n R9000 se geweer!
Wow!!!
Re: Eerste keer 1000m Howa 243
Posted: Wed Nov 18, 2015 8:14 pm
by ruaanb
nic duidelik verstaan jy van skiet! netjies man