Page 1 of 1

Doppe wat nie meer pas nie

Posted: Wed Jun 08, 2011 9:24 am
by afriventure
Manne ek soek raad sab by iemand

Ek het gister 'n klompie doppe "ge-resize" vir herlaai my 243 - 'n klomp Federal doppe (uit my geweer geskiet) toe ook sommer so 20 Prvi Partisan doppe (ook in my geweer geskiet) om te sien of hulle kan werk.
Die Federal doppe het 100% uitgekom, maar die partizan doppe se skouers is nou te lank ? hule kamer glad nie en het merkies op die skouer waar hulle vasdruk.
Ek het gemeet maar kan nie enige merkbare verskil kry tussen die Federal en Partizan doppe nie?

Wat kan hier gebeur het?

Johan

Re: Doppe wat nie meer pas nie

Posted: Wed Jun 08, 2011 9:51 am
by tripodmvr
Ek vermoed jy begin do-nuts kry en die verdikking veroorsaak dat die dop meer elasties is en die terugdruk van die skouers verhoed. het dit ook met my 243 gekry en die verwydering van die do-nuts met 'n 6.25mm boor het die' probleem grootliks opgelos.

Re: Doppe wat nie meer pas nie

Posted: Wed Jun 08, 2011 12:30 pm
by THOMAST
afriventure, gebruik jy 'n nek matrys, of 'n vol lengte matrys (full length sizer)? Dis moontlik dat jou patroondop se skouer vorentoe geduk is as jy al die doppe baie herlaai het en slegs 'n nek matrys gerbuik het.

Re: Doppe wat nie meer pas nie

Posted: Wed Jun 08, 2011 1:25 pm
by afriventure
Thomast

Ek gebruik 'n vol lengte matrys en dit was "factory" ammo" wat net een keer geskiet is.

Tripod
Ek glo nie daar is 'n do-nut nie hulle meet presies dieselfde en self minder as die Federal op die skouer, die dop lengte is ook niks mee verkeerd nie.

Ek gaan probeer om ander matryse te gebruik en dan weer kyk vir interresantheid

Re: Doppe wat nie meer pas nie

Posted: Wed Jun 08, 2011 2:01 pm
by THOMAST
Miskien moet jy die vol lengte matrys 'n bietjie dieper inskroef om die stywe doppe se skouers 'n bietjie terug te druk.

Re: Doppe wat nie meer pas nie

Posted: Sun Jun 12, 2011 9:54 pm
by Frikkie Coetzee
Afriventure

Die probleem het ek al gehad met PMP doppe. Ook in 243. Ook vanaf die eerste herlaai af.

My probleem was opgelos deur my doppe te anneal. Blyk die metaal het te veel "spring" gehad en het nie sy hervormde vorm behou nie.

Interresant ek het ook Federal doppe begin gebruik. Het ondervind dat FC doppe gouer druk gee as bv PMP en Winchester. Op 3de herlaai met die FC doppe en nog geen probleem nie.

Kyk bietjie daarna.

Frikkie

Re: Doppe wat nie meer pas nie

Posted: Tue Jun 14, 2011 4:36 pm
by afriventure
Frikkie

My maat het jy die waarheid gepraat! Ek "anneal" sit hulle weer deur die vol lengte matrys en siedaar! geen probleem meer nie ;D

Baie dankie vir die raad, alhoewel ek al lank van anneal weet het ek dit nog nooit gedoen nie, nou my eerste, maar beslis nie die laaste keer nie - wie sou kon dink dat nuwe doppe na 1 skoot anneal moet word. Dit wys net weereens dat koper doppe is beslis nie almal van dieselfde metaal inhoud gemaak nie.