Die een wil gedeel word !
Posted: Tue Jun 07, 2011 10:41 pm
Gaan die naweek op 'n genooide boogjag ( lag jou gat af - my eerste ) naweek na 'n plaas saam met vriende. Erkende boogjagters op 'n plaas met nuwe hides ens. Ek ken die Bosveld en besef dit wild gaan nog nie begin drink nie, die blare het nog nie eers begin verlep nie. So 'n lekker naweek !
Nie te vroeg in die hide nie - ek is seker te lank vir die hide - sukkel om 'n boog op 60# te trek met die sit - op die knie? is dus die antwoord . Van wanneer af werk jou poepstring as jy 'n boog moet span ? Nie geweet soveel spiere moet daai stringetjie in lyn kry nie. Alles mooi uitgewerk vir my eerste jag. Koedoe, BWB, Gemsbok - budget sal dit maak - ek is lekker lus vir die storie. Groot storie !!
10h00 - 11h00 - 12h00 - niks- baie tarrentale !! Het een van daai draadkarpunte wat hulle vir kleinwild aanbeveel. Net die regte ding vir die kolletjievo?ls ! Op 30y kan ek hom mos nie mis nie. Lieflike dwars skoot - ping - lyk of jy die vo?ltjie met 'n handgrenaat gegooi het , moese geraas, baie vere en baie stof !!! Gebreekte pyl teen 'n Mopaniebos agter die vo?ltjie, effe mank vo?ltjie, geen vo?ltjie !! Wat ek egter moet s? is dat die advertensie dit duidelik stel dat die pyl maklik gekry sal word !! Dit was so !! Volgende een sal met 'n BH gehelp word !
Half uur later - Groot Jakkals. Kom reguit in vir 'n vinnige dorslekkertjie. Glo nie sy tong was twee keer in die water nie, toe is hy weer op pad. Net daar verloor ek 'n Koedoebul. Volgens die baas van die plaas is 'n Jakkals 'n Koedoebul werd. Volgende keer gaan die gradeboog saam vir daai een !
My eerste outing met die boog was 'n reuse sukses. Baie geleer en baie gelag !!!