Page 1 of 2
Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Tue Jun 07, 2011 12:47 pm
by baboonstalker
Ek was gou vnoggend by S&O in vir kruit en sommer bietjie scouting/ window shopping vir 'n scope vir my teikenskiet .22
Ek het gekyk na die Niko Sterling Diamond -@9.5K is dit veel meer $$ as wat my budget kan dink om te buig, en dan sy goedkoper boetie - die targetmaster @3.5K wat my nogal aan die jeuk het soos ek hier sit.
Die teleskope het groot vergrotings (x50) en 'n lekker sensitiewe kant fokus wat dit moontlik maak om te range met hom.
Die teleskoop moet werk vir veldskiet tipe .22 kompetiesies tot op 75m, maar moet ook lekker werk in die veld as mens daardie vlooi van die spreeu se kop af wil skiet.
Ek hoor graag as julle manne ondervinding het met die scopes, of as julle ander voorstelle het. (die field target manne KEN mos van die scopes?)
vlooisluipmoordenaar
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Tue Jun 07, 2011 1:04 pm
by Arnold
Pieter, daai scopes is bulletjies met daardie klas van vergroting. Ek het baie daarmee geskiet en selfs my staan skote op 50X vergroting geskiet. Hier raak die bewe erg en mens moet baie oefen.
Ek het so tydjie terug in die reen een van die .22 Chasa baan skiete gedoen en my scope (NS targetmaster 8-32) op 20X vergroting gestel en was heel tevrede.
(ek wonder of die telling nog gaan uitkom

)
Ek weet nie wat die koste is nie maar jy kan ook gerus na die Bushnell 4200 8-32 scope kyk. Beeld is mooi helder en ek sal self nie omgee om so meneertjie op my .22 te sit nie.
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Tue Jun 07, 2011 1:26 pm
by baboonstalker
Arnold, Ek doen op die oomblik vedskiet met die 4200 6-24x50 tactical en my 6mm sal my nooit vergewe as ek die 8-32 op my .22 sit nie! (amper soos om met jou vrou se(jonger) suster te vry!)
Kaapjag en chasa se ranglyste/ punte is 'n orgie op sy beste. Ons (wynland) se laaste .22 scores is ook nognie op die web nie, maar ek het darrem 'n 560 gekry op daadie een waarmee ek REDELIK tevrede is.
Hoekom het jy net op 20X geskiet? ek het 'n crappy NS gold crown 4-12x40 AO op my .22 en ek smag na iets meer wat die vergroting betref.
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Tue Jun 07, 2011 1:28 pm
by MJK
Pieter
Ek het onlangs die Hawke Sidewinder 6-24*56mm by S&O gekoop en op my AA S510 gesit. Sover baie ingenome met die scope en die beeld kwaliteit is vir my baie beter as die NS Nighteater. Koste was R3250 as ek reg kan onthou.
Groete
Marius
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Tue Jun 07, 2011 1:54 pm
by Arnold
Ek het maar op 20X vergroting geskiet omdat ek dan geweet het watse mildot om op watse afstand te gebruik.
Die reen was net bietjie onplesierig en die wind het nie gehelp met die scores nie
Hierdie is die Bushnelll waarna ek verwys
http://www.bushnell.com/products/scopes ... lite/E8320
Jy kan altyd joy 6-24 met die een vervang
http://www.bushnell.com/products/scopes ... cal/ET4305
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Tue Jun 07, 2011 8:32 pm
by Christo
Pieter
Bel vir Ig Oli4 van Hamlet Elektries en gaan kyk na sy scopes.
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Tue Jun 07, 2011 9:46 pm
by erx
Hi daar manne, jammer ek bars so in op die topic.
Wil graag weet watse nie te duur scope kan ek op 'n Gamo No2 windbuks sit wat sal hou, die geweertjie is glad nie vir kompetisie of so iets, net 'n voeltjie en teiken vir ontspanning hier en daar.
groete
erx
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 8:41 am
by MJK
[quote="Christo"]
Pieter
Bel vir Ig Oli4 van Hamlet Elektries en gaan kyk na sy scopes.
[/quote

Is hy van Mars met so 'n naam

Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:26 pm
by Jaco Swart
Ek het op my dogter se Gamo 'n Nikko Stirling Airking 2-7 X 40.
Hy het tot Mill dots en ek kan getuig dat daar geen fout met hom is nie.
Groetnis
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:27 pm
by Christo
MJK wrote:
Christo wrote:
Pieter
Bel vir Ig Oli4 van Hamlet Elektries en gaan kyk na sy scopes.
[/quote

Is hy van Mars met so 'n naam
Olivier
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:32 pm
by erx
Hi Piet en Jaco
Dankie vir die raad. Watse mounts sal dan goed werk? Wat kos die scopes minof meer?
Groete
erx
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:39 pm
by Jaco Swart
ERX
As ek reg onthou het ek so maand terug naby R 800 betaal , maar kan verkeerd wees.
Ek dink hy het saam 'n tipe rail gekom wat jy op die Gamo mount. Moet asb net nie vir my vra wat noem jy die rail nie.
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:01 pm
by baboonstalker
Arnold, Die 8-32 lyk of hy kan werk. Die fokus op kort afstande sal seker maar die bepalende faktor wees en in die verband hou ek van die NS waar die fokus ook vir ranging gebruik kan word.
Die tactical bushnell is dieselfde as wat ek tans op die 6mm het, ek het net sy 6-24 boetie. As hy die dag nie meer met ons is nie sal daar hopelik ook 'n NXS op kom, maar nou droom ek darrem lekker!
Christo, Watse scopes gebruik die Oli4 mater van jou, hy beter my net nie 'n ig kap as ek by sy winkel instap nie!
P
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:05 pm
by Arnold
Pieter, jy kan daai 8-32 ook gebruik vir afstand skat. Die parralaks stel net so voor. Die scope fokus af tot 10yds wat dit nice maak vir die windbuks!
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:07 pm
by Christo
baboonstalker wrote:
Christo, Watse scopes gebruik die Oli4 mater van jou, hy beter my net nie 'n ig kap as ek by sy winkel instap nie!
P
Nee hy smous met die goed ook. Daar is 'n ?? 6-24 x 56 of so iets vir R 2800 en 4.5-14 x 56 vir R 1900. Laas toe ek gehoor het.
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:46 pm
by baboonstalker
Arnold,
Ek was net erg beindruk met hoe sensitief die NS'e was met hulle side focus en dan kry jy mos die groot wiel ook wat dit maklik maak. (ek moet seker ook bys? dat ek binne in die winkel gespeel het met die fokus en die afstand was dus kort wat ook die fokus baie kritiek maak.) Volgens John is die groot verskil tussen die Targetmaster en die Diamond reekse dat laasgenoemde beter lense het. Is die verskil regtig die 6K werd?
Ek het nou die Leupold VariX3 4.5-14 AO target op my .22, maar die AO is baie ongemaklik om te verstel en sy fokus gladnie so fyn dat jy daarmee kan range nie.
Dankie Christo, ek sal uitvind wat oli4 aanhou.
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Wed Jun 08, 2011 11:35 pm
by Arnold
Pieter, as dit windbuks veldteiken jou sport is is die verskil van R6k dit werd. Ons gebruik die scopes tot op 50m en dan tel mens nog taamlik gerieflik 'n verskil van 2m op as jy op 50X vergroting fokus. Hoe goed dit op verder afstande gaan werk weet ek nie, maar stuur vir Piet Breedt 'n pm en vra. Hy het mos nou vir 'n hele tyd op sy 25-06 met een geskiet. (Onthou ook daai groot scope weeg so hier by 'n kg)
Onthou die scope het 'n 60mm lens voor wat sy objectief 70mm dia maak ... dit vereis ho? mounts wat weer mors met jou kop posisie.
Die 8-32 Bushnell word ook deur somigge internasionale veldteiken skiet deelnemers gebruik wat heel goed met hom presteer.
Die beskikbare teleskope vir veldteiken skiet is min en omdat die mark so klein is word daar nie veel ontwikkel nie.
{minimum fokus afstand van 10yds met maksimum vergroting en klein "depth of field" vir goeie range finding abilities is maar van die eienskappe wat benodig word}
Dink mooi wat jy met die 22 wil doen en of hierdie nodig is ...
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Thu Jun 09, 2011 1:09 am
by baboonstalker
Arnold, nou wat het "regtig nodig" dan nou ooit met skiet ui te waai gehad?

Ek kan die NS Target master 10-50x60 kry vir R2800 (ingevoer) of R3K5 plaaslik en jy gaan nie baie ander scopes met groot vergroting en goeie paralaks/ fokus verstelling vir daardie prys kry nie.
Die Bushnell is ook heelwat duurder as die target master. Die een ding wat ek net moet sekermaak van is of die targetmaster se kwaliteit wel goed is wat verstellings, duursaamheid en lense betref. (OK dit is nou wel nie 'n Diamond nie, maar ek het ook nie Swaro's op my ander gewere nie)
Ek het 'n maat wat van die VSA hier kom jag en hy kan mos maar so ietsie saambring of hoe?
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Thu Jun 09, 2011 8:51 am
by Arnold
Pieter, oor hoe goed die targetmaster is weet ek nie. Dat baie vergroting lekker is, is waar

Vir R2800 kan jy hom seker probeer ...
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Thu Jun 09, 2011 1:03 pm
by erx
Watter een? Nikko Stirling gold crown 2-7x32, Mount master 4x32 of Gamo series matriek 3-9x46.
Kom op my Gamo no2, skiet glad nie kompeterend of so iets, net dood gewone windbuks.
Groete
erx
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Thu Jun 09, 2011 6:50 pm
by baboonstalker
ERX, Wat van die BSA teleskope vir veer gewere? hulle het een tot 16 vergroting met AO
Hier is die een wat my nou aan die kort krulle beet het!
http://swfa.com/Nikko-Stirling-10-50x60-Targetmaster-30mm-Riflescope-P49001.aspx
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Thu Jun 09, 2011 10:02 pm
by erx
Hi Baboonstalker, lyk nice, maar soos ek se is ek glad nie kompetererend met die air gun nie, net hier en daar 'n ou bosduif of so.
Groete
erx
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Sun Jun 12, 2011 2:52 pm
by .::Alwyn-U::.
Ek is bly ons praat nou van .22's! Hier het ek nou 'n lekker paar vrae:
1. Is 'n lisensie bekombaar vir 'n semi-auto .22? vir toegewyde sportskiet
2. Moet ek kyk vir 'n nuwe model of 2de hands?
3. Watse maak beveel julle aan vir 'n kwaliteit vir geld .22?
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Sun Jun 12, 2011 2:56 pm
by Beretta
Alwynu
Die een om te kry Ruger 10/22 ek het een en ek ken nog iemand wat een het.Die enigste probleem met hom is hy eet BAIE pille.
Goete
Beretta
Re: Windgeweer en .22 teleskope
Posted: Sun Jun 12, 2011 3:05 pm
by .::Alwyn-U::.
Ok ek sal hom bietjie probeer opspoor. So hy is semi-auto natuurlik. Die vraag is, kry mens hom goed gekeur deesdae?