Page 1 of 2
Alge in waterkrippe
Posted: Sun Nov 15, 2015 4:52 pm
by kwagga
Ek sukkel om die alge groei in die waterkrippe onder beheer te kry. Minder as 2 weke nadat kripe gewas word is dit weer vol alge en slym.
Wat kand mens doen daaromtrent sonder dat die bokke nadelik beinvloed kan word? Hoor graag jul voorstelle en aanbevelings.
Dankie
Louis
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Sun Nov 15, 2015 6:14 pm
by Johan308
Ekt al gesien boere sit vleikurpers in. Hulle eet die alge en hou dit in toom
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Sun Nov 15, 2015 6:31 pm
by PWV
Ek skat 'n vis sal nie hou in 'n krip nie!

Re: Alge in waterkrippe
Posted: Sun Nov 15, 2015 7:19 pm
by jamalley
Ek het voor ek my skaapboerdery altyd iets met die naam EM gebruik. Dit het deels die alge verhoed, maar ook interne organismes in my skape beheer. Stuur my n pm dan gee ek jou die kontakbesonderhede van James Moffet die ou by wie ek die EM gekoop het.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Sun Nov 15, 2015 7:20 pm
by Nico Harris
Ek soek ook asb sy besondehede.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Sun Nov 15, 2015 8:16 pm
by Heinz Petersen
Ek het al my krippe met dik veselglas oorgedoen en hulle word elke tweede dag leeg gemaak en skoon geskrop met elke krip se eie besem. Nog nooit probleme gehad nie.
As jy sement krippe het, stel ek voor jy vat een vir een en maak dit leeg en laat dit vir n paar dae droog staan. Neem dan daai materiaal wat jy kry om dakke af te seel en doen die krip daarmee oor. Die krip het dan n gladde afwerking en die alge kan nie groei plek kry nie en dit is ook maklik om skoon te maak. Maak dan jou krippe weekliks skoon.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 9:12 am
by kwagga
Heinz, al my krippe is van veselglas gemaak, (baie duursaam en bleddie swaar!) maw hulle is lekker glad aan die binnekant maar dit stop nie die groen alge en slym nie. Dis vir my onprakties om elke tweede dag skoon te maak want daar is baie krippe. Ek het al gewonder of ek die krippe met 'n swembad chloor oplossing moet skoonmaak en kyk wat dan gebeur. Is net bekommerd aan wat dit aan die bokke sal doen?
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 10:32 am
by jamalley
Die man met die EM: -James Moffet - nul vyf een 933 3959 OF NUL AGT TWEE 375 8382
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 11:06 am
by PWV
http://landbou.com/kundiges/vra-vir-faf ... tergrasse/
http://landbou.com/kundiges/vra-vir-faf ... rinkwater/
Ek span 'n paar koperdraadjies op die nok van my huis se dak. As dit reën, los uiters klein hoeveelhede koper op en spoel oor die dak en beheer die groei van alge op die dak.
Wonder of dit sal help as jy 'n bondel koperdraad in die krip vasmaak op 'n plek waar dit die vee nie sal pla nie.
Groetnis
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 11:21 am
by Philip J
My Pa het maar al die jare wat hy skaap geboer het, sommer blou kopersulfaat gebruik.
'n Klein hoeveelheid in elke krip nadat hulle skoongemaak is, of in die opgaardam, hou ook die alge in toom.
Sien oom PW se "links" hierbo vir die regte hoeveelheid kopersulfaat om te gebruik.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 11:28 am
by Jean Marais
Kopersulfaat in die koshuis het 'n ander doel gehad ... hehehe. Gaan die nie die ramme se prestasie belemmer nie?
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 11:43 am
by Philip J
Hahahaha. Selfde ding met diensplig.
Nee wat. Jy sit mos maar baie min in. Dit het definitief nie my Pa se
Vleismerino ramme negatief geaffekteer nie. Het weer vanoggend by hom seker gemaak voordat ek geskryf het. Dis maar dieselfde beginsel as oom PW se koperdraad.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 11:48 am
by PWV
Philip Jordaan wrote:Hahahaha. Selfde ding met diensplig.
Nee wat. Jy sit mos maar baie min in. Dit het definitief nie my Pa se
Vleismerino ramme negatief geaffekteer nie. Het weer vanoggend by hom seker gemaak voordat ek geskryf het. Dis maar dieselfde beginsel as oom PW se koperdraad.
Philip, "click" op die drade wat ek hierbo, in my vorige post, opgesit het.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 11:55 am
by Philip J
Dankie oom PW. Het my "post" ge"edit".
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 12:48 pm
by Boesman10
Ek sit 'n stuk koper in my swembad pomp se sif. Dit hou die water skoon en die alge weg. Oor tyd los dit op. 'n Stafie van so 8mm in deursnee en 10 cm land vat so 8 maande om te verdwyn. Miskien kan jy die koper draad ding probeer.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 2:38 pm
by Gawie(13mm)
Ek sit met dieselfde probleem in twee van my "water features" in my tuin. Ek weet nou wat ek met al my ou 7 x 57 doppe gaan maak wat se nekke gekraak het.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 2:48 pm
by Jakkalsgat
Kopersulfaat (blouvieterjoel) hou ook die water vry van alg maar ek weet nie in watter hoeveelhede dit veilig is vir diere nie.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 2:56 pm
by PWV
Jakkalsgat wrote:Kopersulfaat (blouvieterjoel) hou ook die water vry van alg maar ek weet nie in watter hoeveelhede dit veilig is vir diere nie.
As jy op hierdie draad hierbo ge-"click" het, sou jy geweet het.
http://landbou.com/kundiges/vra-vir-faf ... tergrasse/
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 3:03 pm
by Kalahari
Baie interessante raad, dankie manne.
Ek skrop my krippe ten minste (of soos nodig) 2 maal 'n week met 'n sterk vloer skropborsel om skoon te hou.
Meer male in die somer as die winter.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 4:04 pm
by Jakkalsgat
PWV wrote:Jakkalsgat wrote:Kopersulfaat (blouvieterjoel) hou ook die water vry van alg maar ek weet nie in watter hoeveelhede dit veilig is vir diere nie.
As jy op hierdie draad hierbo ge-"click" het, sou jy geweet het.
http://landbou.com/kundiges/vra-vir-faf ... tergrasse/
Dankie vir die inligting Oom Pieter. 'n Rubbertjie voor oor 'n kierie maak dat hy nie so lawaai as mens met hom loop nie en dis baie veiliger ook, dink net as Oom se pa dieselfde raad gevolg het, het ek nie nou die inligting gehad nie.
Groete
Jaco
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 4:44 pm
by PWV
Jakkalsgat wrote:PWV wrote:Jakkalsgat wrote:Kopersulfaat (blouvieterjoel) hou ook die water vry van alg maar ek weet nie in watter hoeveelhede dit veilig is vir diere nie.
As jy op hierdie draad hierbo ge-"click" het, sou jy geweet het.
http://landbou.com/kundiges/vra-vir-faf ... tergrasse/
Dankie vir die inligting Oom Pieter. 'n Rubbertjie voor oor 'n kierie maak dat hy nie so lawaai as mens met hom loop nie en dis baie veiliger ook, dink net as Oom se pa dieselfde raad gevolg het, het ek nie nou die inligting gehad nie.
Groete
Jaco
Party Ma's se kinders, darem!!
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 16, 2015 6:01 pm
by johans
Philip Jordaan wrote:My Pa het maar al die jare wat hy skaap geboer het, sommer blou kopersulfaat gebruik.
'n Klein hoeveelheid in elke krip nadat hulle skoongemaak is, of in die opgaardam, hou ook die alge in toom.
Sien oom PW se "links" hierbo vir die regte hoeveelheid kopersulfaat om te gebruik.
ek gebruik dit ook.dit gaan jou die goedkoopste uitwerk.onthou dat alge die water in n krip lekker koel hou in warm dae soos die
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Thu Nov 19, 2015 6:13 pm
by Freddie101
Sit bietjie watergras in jou krippe. hulle sal die krip vol groei. Dit hou die alge in toom. En water bly skoon.
Partykeer kry hulle nog die oorhand. Maar ek verkies dit so en maak my krippe nooit skoon. Is vir my beter dat elke krip so sy eie mikro ekologie kry.As ek dit so kan beskryf.
Mooiloop
ns Onthou dat n skaap kan kopervergiftiging kry van te veel koper.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Thu Nov 19, 2015 10:00 pm
by Bakkies303
Ek dink die een boer het ons destyds raad gegee om Carol, die tipe wat jy as doseermiddel gebruik, in die krip te gooi om alge te beheer. Dit het nogal goed gewerk en is nie nadelig vir die diere.
Re: Alge in waterkrippe
Posted: Mon Nov 23, 2015 4:49 pm
by Johan04
Ek het gehoor n chloorpil,die tipe wat in die houertjie in n swembad dryf,toedraai in tinfoil,met n klein skeurtjie in. Dit stel die chloor stadig vry en voorkom dat die alge groei.
In al die dorpswater is tog chloor en ons drink dit,so dit sal niks aan die diere doen.
Johan