Page 1 of 1

Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 1:13 pm
by foxripper
More aan almal.

Ek olie my kolf gereeld maar na so paar skote die naweek, het my kolf so 8cm gekraak. Skiet al jare met die geweer en dis die eerste keer wat so iets gebeur.
Die kraak kom van die sneller se kant af tot amper daar waar jy jou wang sit.
Die geweer het nie geval nie en ek is ge"stress"

Wat sal julle dink is die oorsaak en watse nadele hou dit as dit by skiet kom? Hy gaan obviously verder kraak so ek sal iets moet doen. Kan n mens die houtkolf laat reg maak of moet ek nuwe kolf kry?

Dankie, ek luister.


Groete

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 1:17 pm
by Beyers
Watter olie?
As jy minerale olie (mototrolie) gebruik is die vesel van die hout vernietig. dus kraak die kolf.
Geen lym gaan in die kraak vat nie
Beyers

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 1:21 pm
by foxripper
Beyers,

Ek gebruik net Shaftol.

Dankie

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 1:22 pm
by Dawid
Daai kolf is nou moeg, kry n ander een. Kontak vir Beyers ek glo hy sal help.....kyk bietjie rond op die forum die kolwe wat hy maak.

Beyers daars vir jou n klient   :laugh:

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 1:24 pm
by Beyers
OK
Dan het die tang van sie aksie as die 'n k98 of iets soortgelyk is nie vryruimte nie. Die jare se gekap van die skoot kan ook krake veroorsaak.
Beyers

Ek meet hom Dawid

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 1:30 pm
by foxripper
Beyers, ek PM jou.

Dankie

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 3:15 pm
by fanie17
foxripper
Watse kaliber is dit,ek dink jou voorste bout wat die kolf in die geweer vas maak was los .Dit is die normale rede dat n kolf kraak.As jy hom wil regmaak kan dit gedoen word.Daarna moet jy bedding doen om sekewr te maak dit gebeur nie weer nie.Ek het al n 375 kolf wat gekraak het reg gemaak met sukses.Ek gebruik n resin wat twee resins is wat gemeng word maar masjien ook n gleuf in die kolf deur die kraak om dan n stuk metaal daar vas te resin.Van buite kan jy niks sien nie

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 3:27 pm
by foxripper
Fanie,

Dit is 308 Musgrave. Ek is bietjie dom, wat presies is jou "bedding" als?


Groete

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 3:42 pm
by .::Alwyn-U::.
Yes manne! Het sopas vir my 'n Leupold VX1 opgesit en ook agter gekom ek het 'n kraak... Loop van die slot af na die wang. omtrent 2duim lank...  GEE BIETJIE RAAD ASB!
Dit is my pa se Sako - 7mm rem mag waaroor ek baie erg is so ek wil eintlik nie die kolf heeltemal nuut maak nie as moontlik?

Meer oor die scope, ek het 'n baie goeie kontak wat vir my die leupolds verskaf. VX1 3-9x40 het my R2800 gekos... Ek het gedink dit is baie billik, wat dink julle? As iemand belang stel kan julle my enige tyd PM!

Ek weet nie hoe om fotos op die site te sit nie, as iemand my gou kan se sal ek 'n foto van die kraak oplaai gou

Groete
Alwyn

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 4:04 pm
by foxripper
Alwyn,

Upload jou foto by photobucket.com, sodra jy dit ge"upload" het, Click jy op die foto se "IMG Code" en dan paste jy net hier waar jy tik.

Hoop jy kom reg, anders email dit vir my na bergh.vanwyk@hcanamibia.com dan laai ek dit vir jou op.

Groete

Re: Kolf Kraak?

Posted: Mon Jun 06, 2011 4:12 pm
by fanie17
fox
Waneer daar ordentlike beding by die aksie se voorste rekoillug is kan die aksie nie terug beweeg in die kolf nie,dit is met die beweging wat n kolf kraak,dit is hoekom ek se dat jou boute onder los was.