Page 1 of 1

80000km waarborg op bande?

Posted: Fri Nov 06, 2015 9:48 am
by Johnnie De Wet
TWT smous n hankook AT band wat hulle waarborg vir 80000km. Het iemand hul al probeer en wats jou bevinding? Raas hul op teerpad, wat is hul pad hou en rem vermoeë?

Re: 80000km waarborg op bande?

Posted: Fri Nov 06, 2015 11:41 am
by JPS
Weet nie van daai nie kaar ek het nou al twee stelle Continentals gehad wat altwee stelle oor die 100000km gegee het. Laaste stel het saam met my ranger gekom en 106000km het ek hulle replace agterste twee kon seker nog 10000km doen.

Re: 80000km waarborg op bande?

Posted: Fri Nov 06, 2015 3:38 pm
by M98mauser
Ek het van daai bande en hulle is heel skaflik dink ek , twyfel egter of hulle 80 000 km gaan hou. Teer pad en grond pad hulle ry lekker.

Re: 80000km waarborg op bande?

Posted: Fri Nov 06, 2015 5:32 pm
by DiscoBiscuit
Dagsê,

Ek het 'n stel op my VW Transporter CrewBus, hulle is 5000 km van 80 000 km af en daar is nog heelwat loopvlak oor. Ek hou baie van die bande, hulle ry lekker sag en padhou, die kan hulle ook. Ek ry soms bietjie skerp, so goeie pad maniere is belangrik. Ek ry baie swak grondpaaie en daar het hulle my al baie verbaas. Waar ander manne op die sleg paaie bande verloor het, het ek nog geen probleme gehad nie. My volgende stel sal weer dieselfde wees.

Groete,

Herman.

Re: 80000km waarborg op bande?

Posted: Sat Nov 07, 2015 10:18 am
by Gawie(13mm)
Dankie vir die terugvoer.
Bande is soos koeëls. Ons soek waarde vir geld. ;D

Re: 80000km waarborg op bande?

Posted: Mon Nov 09, 2015 4:17 pm
by Johnnie De Wet
Dankie Manne!