Page 1 of 1

Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 8:18 am
by tripodmvr
Vir die V8 manne.
Ford Mustang.JPG

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 8:22 am
by RUPERT
Daar is maar min dinge in die lewe wat so mooi klink soos n V8 se brul . Hel dit is n mooi wa daai

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 8:57 am
by Johan JvR

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 8:58 am
by JTM
WOW, Mooier as 'n nuwe Hilux!

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 9:21 am
by RUPERT
Ek het daai video van Ken Block die eerste keer gesien die naweek. Wow daai man weet wat hy doen. Ek dink hy ry n man laat jy vra vir water.

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 9:22 am
by tripodmvr
En omtrent dieselfde prys as 'n double cab - dit geld vir Australiƫ - het die foto daar gesien.

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 9:23 am
by Geno
Ek was gelukkig genoeg om vir Ken Block en sy Mustang te sien ry hier in Jhb vroeer die jaar. Wat 'n masjien!

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 9:24 am
by Chevvy SS
Hulle is in Desember op die S.A. Ford handelaars se vloer.

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 9:27 am
by Triple2
JTM wrote:WOW, Mooier as 'n nuwe Hilux!
...maar hoeveel bokke kan hy dra??

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 9:57 am
by VdWalt
Lekker praat die mid-life crisis nou met my. Ek sal die Pajero Sport vir die bokke hou.

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 10:03 am
by Capt. Yoda
Triple2 wrote:
JTM wrote:WOW, Mooier as 'n nuwe Hilux!
...maar hoeveel bokke kan hy dra??
1 sker

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 10:24 am
by Henry
Dis nou een op my bucket list. Om 'n V8 soos daai eendag te ry. Toe ek jonk was het ek met my pa se Ford Fairlane 500 rond gery. Die een met die blokkies rooster. Het 2 uitlaatpype gehad. As ek hom gerev het, het die kar se bakwerk lekker soos 'n koeksister ge-twist.

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 10:49 am
by ANDRIES
Ken Block het nou vir hom 'n Escort laat bou waarmee by later 'n gymkana gaan doen.Daar gaan net 'n sekere hoeveelheid Mustangs land in kom,die wat hom graag wil koop moet gou spring.

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 10:51 am
by JTM
Triple2 wrote:
JTM wrote:WOW, Mooier as 'n nuwe Hilux!
...maar hoeveel bokke kan hy dra??
3 of dalk 4 mooi jong parmantige blonde bokkies ;)

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 11:13 am
by Chevvy SS
ANDRIES wrote:Ken Block het nou vir hom 'n Escort laat bou waarmee by later 'n gymkana gaan doen.Daar gaan net 'n sekere hoeveelheid Mustangs land in kom,die wat hom graag wil koop moet gou spring.
Hy ry al jare een:
https://www.youtube.com/watch?v=LuDN2bCIyus
https://www.youtube.com/watch?v=WUO-lPubXeI

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Fri Nov 06, 2015 11:17 am
by ANDRIES
Massie nee dit is 'n 78 Escort soortgelyk aan die XR3 waarmee hy nou besig is.

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Sat Nov 07, 2015 8:16 am
by blaser
amerikaanse scrap

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Sat Nov 07, 2015 8:36 am
by tripodmvr
blaser wrote:amerikaanse scrap
En as jy hom as prys wen? - dan skenk jy hom aan my - baie dankie.

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Sat Nov 07, 2015 11:17 am
by Chevvy SS
Van watter land se scrap word Blasers gemaak oom Driepoot?

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Sat Nov 07, 2015 8:41 pm
by Rudiejacobs
JTM
+1

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Mon Nov 09, 2015 7:07 am
by blaser
ek soek sommer moelikheid baie mooi kar my self is n v8 man

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Mon Nov 09, 2015 7:31 am
by Hein M.
blaser wrote:amerikaanse scrap
Maar as hy verbykom sal jy kyk :)

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Mon Nov 09, 2015 5:26 pm
by ReinierK
As n 21 jaarige met n passie vir goed het wat n groot lawaai kan maak, begeer ek so speelding...

Re: Vir manne wat petrol snuif

Posted: Mon Nov 09, 2015 7:22 pm
by Burger
Chevvy SS wrote:
ANDRIES wrote:Ken Block het nou vir hom 'n Escort laat bou waarmee by later 'n gymkana gaan doen.Daar gaan net 'n sekere hoeveelheid Mustangs land in kom,die wat hom graag wil koop moet gou spring.
Hy ry al jare een:
https://www.youtube.com/watch?v=LuDN2bCIyus
https://www.youtube.com/watch?v=WUO-lPubXeI
Sho! Daardie Fiesta is stout. 0-100km/h in 1.6 sekondes, heeltyd speeltyd.