Page 1 of 1

DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 8:58 am
by henried
Is hier iemand op die forum wat al so iets gebou het?
Ek sien daar is baie videos van manne in die US wat dit doen.
Jy kry baie callers in uit China ook... :confused:
Ek soek 'n goedkoop alternatief, vir my en my seuns.

Re: DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 9:05 am
by Reggie Gerber
Is jy ernstig?

Re: DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 9:05 am
by Geno
Hoe gaan jy hom afstand-beheerd maak?

Re: DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 9:21 am
by Capt. Yoda
Met daai ding kan jy ma net sowel 6x9s en n stel tweaters in jou bakkie sit en somer in die cab sit en "roep"

Re: DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 9:25 am
by henried
Ja, regtig!!
Ek het nie R5000 wat rond lĂȘ nie...

Wireless mini amplifier.
Ek kon nie foto kry van regte een nie, dink nie die een is nie wireless nie.

Re: DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 9:26 am
by henried
Capt. Oblivious wrote:Met daai ding kan jy ma net sowel 6x9s en n stel tweaters in jou bakkie sit en somer in die cab sit en "roep"

Sal nie vir my werk nie, dan moet ek camo vir die Fortuner kry... :laugh:

Re: DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 2:30 pm
by HennieC
Henried
Nee ou maat praat eerder, dan kyk ons om julle op die regte pad te kry.
As jy nie die regte pad vat nie gaan jy teleurgestel wees en iemand anders dalk skade kry.

Bel my dan reel ons eerder iets en vat dit van daar af.
Ek is net ander kant die Vaal rivier.
076zero45zero2zero4 Hennie

Re: DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 2:46 pm
by James Wilson
Henried, ek het vir baie jare geroep met n speaker en draad. Die speaker is die soort wat jy in kar alarms kry. Sal later n foto plaas. Ek dink ek net die speaker by n scrapyard of so iets gekry. Kannie meer onthou nie. Dit is maar tweede prys. Ek het baie jakke so geskiet. Toe ek destyds oor is na n roepper het my sukses seker x3 verbeter.

Die speaker en draad kan jou seker nie meer as R200 kos nie

Re: DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 2:57 pm
by James Wilson
As ek reg onthou was die draad destyds so 35m

Re: DIY varmint e-caller

Posted: Thu Nov 05, 2015 3:38 pm
by henried
HennieC wrote:Henried
Nee ou maat praat eerder, dan kyk ons om julle op die regte pad te kry.
As jy nie die regte pad vat nie gaan jy teleurgestel wees en iemand anders dalk skade kry.

Bel my dan reel ons eerder iets en vat dit van daar af.
Ek is net ander kant die Vaal rivier.
076zero45zero2zero4 Hennie

Dankie, ek maak so.