Page 1 of 1

Punte op Springbokke

Posted: Mon Jun 06, 2011 7:03 am
by SS
Dagse manne

Ekke laas weet gevra of dit n goeie idee is om springbokke met Sierra Matchkings te skiet en het defnetief daarteen besluit nadat ekke die goeie raad van die manne op die site gehoor het!!

Nou is my vraag , watse punt laai ekke dan vir my 25-06. Een wat die akkuraatheid van n Matchking het maar wat mens kan gebruik vir jag!! Ekke weet die manne praat ook met lof van die Nosler BT maar my probleem is dat as daar n troffee bok verby kom wil mens hom op die blad kan skiet.

Watse punte stel julle voor vir jou akkuraatheid en goeie jagvermoe??

Groete :D

Re: Punte op Springbokke

Posted: Mon Jun 06, 2011 7:22 am
by Geno
Stefan,
Ek gebruik 85gr CS Custom HV koeels in my .25-06, hulle maak mooi!
Ek gebruik ook 100gr Swift SciroccoII, hulle mors maar nogsteeds, maar is dodelik akkuraat. Ek het gister 'n bobbejaan met hulle op 'n redelike lang afstand geskiet sonder stories.

Groete,
Eugene

Re: Punte op Springbokke

Posted: Mon Jun 06, 2011 7:43 am
by Flip Fouche
SS

Ek gebruik 100gr Sierra GameKing [Boat tail] met groot sukses op springbokke.

Skiet met Zastava .2506

Flip

Re: Punte op Springbokke

Posted: Mon Jun 06, 2011 7:45 am
by Wouter Roets
SS

Ek gebruik huidig Hornady 110gr Interbonds. Hulle akkuraadheid is goed en hulle is gecorebond wat help met die vleisskade. Daar is nog wel redelik op die kort afstande maar soos jy weet word die springbokke darem op redelike lang afstande geskiet.

As jy uitsluitlik op die lyf gaan skiet is jou monometaal koeels maar die roete om te gaan. Hieronder val Barnes X, TSX , TTTSX, GS Custom, Nosler E Tips, Rhino , Frontier se Spartan ens as eerste keuse. Jou premuim konvensionele corebonded koeels is die volgende nl. Nosler Partition(nie gecorebond nie maar het die partisie), Accubonds, Hornady Interbonds, Swift Sirrocco ens.

Groetnis
Wouter

Re: Punte op Springbokke

Posted: Mon Jun 06, 2011 7:49 am
by BLOK
SS

Omdat jy meerendeels kopskote gaan skiet soos genoem in jou vorige posts sal ek nosler accubonds aanbeveel, hulle behoort lekker vir kop en lyf skote te werk.

Blok

Re: Punte op Springbokke

Posted: Wed Jun 15, 2011 11:01 am
by PITSMIT
SS

ek stem saam met blok maar jy moet onthou spoed maak altyd skade en min punte maak nie skade as hulle been tref nie.

ek dink daai accubonds gaan goed doen en ekself wil hulle nou begin laai in my 270 ek skiet hornady sst maar hulle breek bietjie erg as jy iets hard tref

ek gaan definitief nou bonded punte begin laai en ek het nog niks sleg van die nosler accubonds gehoor nie

sterkte met jou keuse

Re: Punte op Springbokke

Posted: Wed Jun 15, 2011 3:53 pm
by Ralph
Ek skiet met 150gr Nossler BT's in my 7 Rem Mag en alhoewel die manne nie die punt aanbeveel vir jag nie wil ek graag die volgende met julle deel.

Verlede week Woensdagt het ek paar bokke moes gaan uitskiet. 19 om presies te wees en ook een jakkie genael! Ek het die oggend begin om eers veilig te speel en besluit om 'n Ma se gemsbok koei op die blad te tref. Die skoot het die koei (met horings tot op haar kruis) net agter die blad getref en dus meer longe gevang. Die bok het so 20 meter geloop en toe gaan sit. Ek het drie bokke geskiet en ons het toe eers ons aandag op die ander bepaal om hulle op die bakkie te laai want die ander het ek toe kop skote gegee. Toe ek by die koeie kom het sy plat gesit en toe op gespring en weer so 20 meter verder in 'n bos gaan weg kruip. Dis toe dat ek die brein tref en ons die bok kon keelaf sny.

Ek het daarna een hartbees en nog elf gemsbokke geskiet, almal kop skote met geen verliese nie. Ook vyf koedoes waarvan vier hoog agter die blad deur die longe getref is en slegs 10 -20 meter geloop het. Die ander koedoe het 'n hoe nek hou gekry en geen vleis is beskadig nie.

Ongelukkig geen fotos!

My punt is die: Ek verstaan dat die Nossler BT is nie die beste vir jag nie maar ek ondervind dat dit 'n baie akurate punt is om te gebruik. Dit is juis wat ek van hoe en daarom gebruik ek dit. Ek het van hierdie kopskote tot op 300-350 meter geskiet reeds as gevolg van die feit dat ek 'n akurate punt gebruik.

Ek luister graag na julle kommentaar.

Groete
Ralph

Re: Punte op Springbokke

Posted: Wed Jun 15, 2011 4:54 pm
by Biltongjagter
....... maar jy moet onthou spoed maak altyd skade
Nie so nie!

Fragmentering van of die koe?l en/of been getref maak die skade.

Spoed alleen met 'n koe?l wat nie fragmenteer nie, kan slegs skade maak indien been getref word en di? fragmenteer. Andersins maak 'n nie fragmenterende koe?l slegs skade in die wondkanaal wat die koe?l veroorsaak, wat meestal met goeie skootplasing, minimale vleisskade tot gevolg het.

Re: Punte op Springbokke

Posted: Wed Jun 15, 2011 5:40 pm
by Raven
SS,

EK het toetse gedoen op nat telefoon boeke en Nosler 100gr Hunting Tips het deur 5boeke beweeg. In die middel van die 6de boek gestop

Image


So lyk die punte wat ek uitgehaal het.
Image

Raven.

Re: Punte op Springbokke

Posted: Wed Jun 15, 2011 5:43 pm
by Raven
SS,

Ek moet bys? die Sierra Prohunters punte het dwarsdeur 8boeke gegaan so ek het nie voorbeelde nie.

Ralph,

Die bladskoot op koedoe koei van ons laaste jag het baie min vleisskade getoon en ribbes was gebreek.

Raven

Re: Punte op Springbokke

Posted: Mon Jun 20, 2011 8:30 am
by BLOK
Ek het die naweek n kudoe koei geskiet met 150g sierra gameking, die afstand was oor die 300 meter en sy het teen n opdraande gestaan. Die koel het haar effe hoog ater die blad getref waar hy een ribbe been gebreek het groot deel van longe se bokant was vlenters en so ook n stuk van die lewer, daarna is die koel deur die oorkantste ribbe uit. Ek kan wragtag nie se dat daar regtig vleisskade is nie, en die bok het net een spring in die lug gegee en neergevat. Toe ons by haar kom was sy dood.

Hierdeur wil ek nie se dat dit n uitstekende koel is nie maar as die omstandighede reg is en die skootplasing dn is nie premium koels net so effektief.

Blok

Re: Punte op Springbokke

Posted: Fri Jun 24, 2011 8:00 pm
by Ralph
Blok

Net een vraag, wat is belangriker, skoot plasing of akuraatheid?

Re: Punte op Springbokke

Posted: Sat Jun 25, 2011 10:46 am
by Jaco Swart
Blok.

Akkurate skootplasing.

Re: Punte op Springbokke

Posted: Sat Jun 25, 2011 11:01 am
by pietjacobs
Ek skiet daai Nosler Accubonds (140gr) in my .270 en ek kyk nog nie 'n dag terug nie. Het laas naweek 2 Blouwildebeeste geskiet. Een bees het ek van voor in die nek in geskiet op so +-80m en die ander bees op so +-120m hoog bo dwars in die nek, en in beide gevalle is daai punte dwarsdeer. Daai beeste het net daar geval.

Ek gaan ook nou volgende naweek springbokke skiet in Trompsburg en is nogals opgewonde om te sien hoe daai Accubonds gaan hardloop oor die lang aftstande.

Re: Punte op Springbokke

Posted: Sat Jun 25, 2011 12:03 pm
by .::Alwyn-U::.
Geno wrote: Stefan,
Ek gebruik 85gr CS Custom HV koeels in my .25-06, hulle maak mooi!
Ek gebruik ook 100gr Swift SciroccoII, hulle mors maar nogsteeds, maar is dodelik akkuraat. Ek het gister 'n bobbejaan met hulle op 'n redelike lang afstand geskiet sonder stories.

Groete,
Eugene
Geno, sit fotos op.. ek vrek oor 'n bobbejaan jag! (jammer dis bietjie off topic)

Re: Punte op Springbokke

Posted: Sun Jun 26, 2011 4:54 am
by Geno
Alwyn,
Hier is solank 'n paar fotos:
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 2#msg23082

Groete,
Eugene

Re: Punte op Springbokke

Posted: Sun Jun 26, 2011 8:52 am
by DawieKotze
Ralph wrote: Blok

Net een vraag, wat is belangriker, skoot plasing of akuraatheid?
Hang af van jou definisie van die begrippe.

Jy gaan nooit jou skootplasing regkry as jou "setup" nie akkuraat is nie. En jy gaan met die akkuraatste "setup" ook nie jou skootplasing altyd regkry as jy nie met dit oefen onder veldtoestande nie.

Natuurlik is akkuraatheid eerste, maar daarna is skootplasing die belangrikste.

Re: Punte op Springbokke

Posted: Tue Jun 28, 2011 8:30 am
by Ralph
Jaco S wrote: Blok.

Akkurate skootplasing.
Nou praat jy!

Re: Punte op Springbokke

Posted: Tue Jun 28, 2011 8:51 am
by BLOK
Ek sal se skootplasing is die belangrikste, baie keer vat jy manne baan toe en op 100 meter skiet hy of sy geweer maak nie saak watter een nie kom ons se n 50mm groepering, nou vat jy hom om se n gemsbok te skiet en jy weet wat sy groeperings vermoe met die geweer is. As jy hom naby genoeg vat, kom ons se n maksimum skoot van 100m dan is 50mm meer as voldoende as hy vir die hartlong area gaan.

Wat ek hiermee bedoel is weet wat jou en jou geweer se maksimum vermoe is en sorg dan dat jy daarvolgens skiet so sal jy selfs met swakker koels die vleis by die huis aanbring.

Onthou die meeste jagters herlaai nie self nie skiet nie weekliks nie en weet niks van trajeksies ens nie(hulle se wel so). Hulle loop by die geweerwinkel in en koop die eerste en goedkoopste pakkie patrone en gaan reguit veld toe. Dit is nou jy wat die gids is wat moet vasstel wat sy vermoe is en daarvolgens hom laat skiet.

Blok.

Re: Punte op Springbokke

Posted: Sat Jul 30, 2011 1:39 pm
by Wiehan111
SS

Stem saam Geno, ekt 'n week terug springbokke gaan skiet met my 25-06 wat met 85GS Custom Hv gelaai is, het blad skoot geskiet(wou die kyp gehad het) en ekt omtrent 'n hand vol vleis wegegooi. Ek skiet ook +- 10mm groeperings met hul op 100m.

Groete