Page 1 of 1

Handel in renoster horings.

Posted: Sun Jun 05, 2011 10:54 pm
by Zillen
Ek het vandag in die Time tydskrif in my opinie 'n baie insiggewende atrikel gelees wat handel oor renoster stroping en die handel in renoster horings.

Dit is vir my duidelik dat die oplossing van die renoster stroping krisis waarin ons onself bevind nie deur die wetstoepasings agentskappe opgelos gaan of kan word nie. Hulle kan slegs poog om die skade wat aangerig word te verminder. Ongelukkig le die oplossing van hierdie probleem in die hande van die politici en verder is ek nie so seker of ons regering die politieke moed het om teen die Chinese en die Vietnamese op te tree nie. Volgens die atrikel in Time is een Vietnamese diplomaat al twee keer vasgetrek weens die besit van renoster horing en het die diplomaat weens sy diplomatieke immuniteit vervolging vrygespring. Nou is my vraag. Is hierdie diplomaat deur die regering gevra om die land te verlaat of is daar maar in die ander rigting gekyk? Verder noem die artikel dat daar al vergaderings tussen die SA en Vietnamese regerings was, maar dat die Vietnamese blykbaar hulle nie veel daaraan steur nie.

Vietnam is 'n land wat glad nie bekend is vir sport jag nie, maar 109 aansoeke is ontvang van Vietnamese wat wettig renosters in SA wil kom jag en dan hulle troffee terug vat huis toe. Nou wonder ek maar hardop hoekom die Vietnamese nou ewe skielik sulke krannige jagters geword het en wat dink die wildboere waar hierdie ouens kom jag, wat hulle kliente met hulle trofee gaan maak as hulle terug by die huis is.

Die Chinese het glo permiite gekry om 'n hele klomp renosters in te voer vanaf SA en hulle is glo besig met navorsing om horings van lewende diere te oes en glo dat hulle ongeveer 1kg materiaal per jaar van 'n renoster kan oes. Die etiese aspekte hiervan is 'n heel ander saak.

Wat vir my egter baie duidelik is dat vir elke stroper wat dood gesiet word sal daar 10 ander wees wat bereid sal wees om sy plek te neem aangesien ons sit met baie hoe vlakke van werkloosheid. Tensy die samewerking van die Chinese en Vietnamese verkry word om te verhoed dat die horings hulle lande binnekom gaan ons nie binnekort 'n oplossing vir hierdie krisis kry nie.

Ek wil graag julle opinie oor die aangeleentheid hoor.

Zillen

Re: Handel in renoster horings.

Posted: Mon Jun 06, 2011 2:18 pm
by Jassie
Zillen

Ek dink die oplossing is eenvoudig- ons teel/boer met beeste en skape vir vleis en wol en teel/boer met renosters vir die horing. Wat hulle met die horings maak is seker hul saak (vra net vir hulle hoeveel kg hulle soek). Uitvoermark bring valuta in en die probleem met "stropery" is op 'n einde. Die renosters hoef boonop nie eers die pad van die bg bees en skaap te volg nie. Hulle kan oud raak en self doodgaan.

Het ook so terloops nie 'n Jakkalsprobleem met so 'n boerdery nie.