Page 1 of 1
Wat kan die fout wees..?
Posted: Sun Jun 05, 2011 10:45 pm
by KalahariKlong
Goeie naand maats.
Ek sukkel met die volgende probleem.
Het 'n Burris FFII 6.5-20 x 50 op die 25 06 gesit en gaan inskiet. Vertikaal is hy reg maar sukkel met die horisontale verstelling.
Op 200 meter skiet hy 1.5" regs en stel ek hom dan een "klick" links, dan skiet hy weer 1.5" links.
Dit is 'n verstelling van 3" op daai een klick. Dit kan mos nie wees nie.
Wat stel julle voor kan fout wees?
Groete
KK
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Sun Jun 05, 2011 11:23 pm
by Ponkie
Kalahari
Hierdie is vir my baie snaaks....
Op die forum weet ek van myself,SJ en Danie wat hierdie spesifieke model van Burris gebruik en ek dink ons almal kan getuig van positiewe verstellings?
Is jy seker die ringe is vas en daar is nie dalk fout soos bv 'n drukplek nie?
Groetnis en sterkte
Ponkie
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Sun Jun 05, 2011 11:56 pm
by Theo E
Is it in on 100m ?
If so then your scope is not aligned center
Often a problem with mounts that have grub skrews
On ether side !
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 12:04 am
by 243Songdaug
Kalahari
Maar ek weet jy ken van skiet, gewere en goed, maar uit ondervinding het ek al gevind dat teleskope geneig is om te doen wat joune nou doen as die tube onder spanning is.
Met ander woorde - iets is nie inlyn nie en plaas stremmming op die teleskoop, dit kan wees dat die ringe nie dieselfde hoogte is nie of selfs dat hulle nie mooi opgelyn is nie. As dit moontlik is kan jy die teleskoop op 'n ander geweer te monteer en te kyk of hy steeds dieselfde doen?
Ek dink dit wat Theo E s? hou ook water.
Sal nog so bietjie dink oor die saak en laat weet as daar nogiets is waaraan ek kan dink. Burris bou oor die algemeen baie goeie gehalte teleskope.
Songdaug
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 6:41 am
by KalahariKlong
Dit wat julle almal s? maak sin. Ons sal nog so bietjie tyd spandeer en kyk wat ons uit gerig kry.
@ Theo, it does the same at 100m.
Ek laat julle manne weet as ons die fout op gespoor het.
Groete
KK
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 7:57 am
by BLOK
Kalahari
Ek het die naweek my nuwe Burris 4-14 ook opgesit ek het weer my gat behoorlik af gesukkel om hom te kry dat hy enigsins vertikaal stel kan hom 10 kliks op of af stel niks gebeer nie. Na seker 15 Skote toe raak my geduld op en jy weet mos hulle se geweld maak alles reg. Wel na n bars hou met die skroewedraaier en n klomp F en K woorde daar verstel hy toe.
Ek dink al wat vout kon wees is dat die kruishaat binne vasgesit het, dalk het die scope lank gele voor ek hom gekoop het. maar na daai hou stel hy presies en ek het die 15 kliks op, regs, af, links gedoen en hy loop presies.
Glo my ek het amper gedink die manne op die forum het my n gat in die kop gepraat en dat ek stront gekoop het, maar toe hy reg is man jy sal nie daai beeld kwaliteit glo as die son al onder is nie. Ek is sommer baie tevrede.
Blok
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 8:22 am
by KalahariKlong
Ek hoor jou blok, ai maar ek is net bang vir daai stukkend moer slag.
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 8:35 am
by fanie17
KalahariKlong
Het jy die ringe gelap voor jy die scope opgesit het,dit klink my hy is onder spaning,maak ook seker hy is presies in lyn met die loop
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 2:08 pm
by Danie Lombard .243
Fanie en Sing jakkals praat waar
Daai scope van jou Kalahari is onder spanning, jy sal baie vinnig daarna moet loer, dit kan jou scope beskadig. Laat iemand wat weet hoe seker maak dat jou scope ringe en blokke op dieselfde hoogte in lyn is met mekaar m.a.w. die een moet nie hoer wees as die ander ene nie. Die ringe moet ook in lyn wees met mekaar. Ander ding, soos die ander manne se, die scope se senter as/lyn moet inlyn wees met jou loop se senter as/lyn.
Party skuts gebruik colomators, ander gebruik langs reguit rods deur die scope ringe met loodregte hang senter geweigte ens. ens. Die wapen moet 100000000% waterpas wees as jy die goed gebruik om die scope as op te line met die loop.
Ek het sommer hier by my skiet tafel een van die draar se droppers met 'n waterpas KIERTS reggop vas gemaak, so 15 meter van die tafel af. Ek maak dan die geweer BAIE stewig staan maak op 'n dooie rus op die tafel, en dan line ek die loop op met die dropper, die geweer staan ook waterpas, of so na aan waterpas as wat ek hom kan kry. Daar mag nie aan die roer beweeg word nie tydens nie proses. Ek line dan die loop so op dat as ek van agter deur die loop na die dropper kyk, die dropper die loop (terwyl ek deur die loop loer) in twee deel, so die dropper is nou in die middel van die loop. Nou stel en karring ek aan die scope ringe en loer deur die scope todat die vertikale kruishaar op die dropper is. Toets en loer kort - kort deur die loop en maak seker dat die roer nog in lyn is. Dit werk soos 'n kabooom bom. Die roer mag nie skuif nie. Ek hat al verskeie ketties so getune en elke keer was dit 'n sukses. Die elevation stelling stel na die manier in lyn op en af en die scope se middel punt is nou 95% of selfs meer in die middel van die loop.
NB NB NB

MAAK net seker jou scope se turrets is ook in die middel spektrum van die buis (tube).
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 8:03 pm
by KalahariKlong
Baie edankie vir almal se raad. More is dit ek en daai roer. Ek sal laat weet wat ek kon uit rig.
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 8:58 pm
by Monrique (SJ)
KK
Ek moet met Danie saamstem oor die turrets wat in die middel gestel moet wees. Wat ek doen voor ek my scope opsit is draai die turret eers heeltemal na die 1 kant, dan heeltemal die ander kant, weer ander kant, maar tel hoeveel klicks en dan die helfte terug. Dit doen ek met die elavation en windige turrets.
Hoop hy gooi mooi more.
Groetnis
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 10:26 pm
by KalahariKlong
Dankie my maat. Ek hoop in my hart dat die fout nie by die scope l? nie, maar almal s? min of meer die selfde ding so ek het moed dat ek hom gaan wen. Net sleg dat hier nie 'n betroubare wapensmit naby my is om te help nie. Die naaste vir my is Bloem toe en dis amper 500km. Sleg so aan die gatkant van die wereld as dit by die goete kom.
Dalk moet ek maar gou deur skiet Bloem toe en daai ringe laat lap en als laat meet wat gemeet moet word daar by Gerrie.
Groete
KK
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 10:54 pm
by JPS
KK,
Ek verstaan jy is helse ent van Bloem af, maar ek dink die rit gaan minder frustrasie wees Bloem toe as om te karring met daai scope se ringe. Ek wil amper vir jou se dit is 'n MOET om daai ringe te lap en op te lyn om die drukpunt/e uit te sorteer op die sccope. Anders is daai scope nou nou beskadig en dan gaan jy nog meer frustreerd wees.
My 5c.
Groete en sterkte
JP
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Mon Jun 06, 2011 10:55 pm
by KalahariKlong
Ek dink jy is reg my vriend. Is al redelik moedeloos. Dankie vir die raad.
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Tue Jun 07, 2011 9:58 am
by 243Songdaug
Kalahari
S? gou vir my - is dit 30mm ringe - indien wel kan ek jou help en ek gaan jou baie minder vra as wat jy aan brandstof gaan spandeer. Het egter nog nie 'n lapping tool vir die 25.4mm ringe nie.
Groete.
Songdaug
Re: Wat kan die fout wees..?
Posted: Sat Jun 11, 2011 1:12 pm
by KalahariKlong
Jaco, ek het sommer vir my 'n lapping tool gedraai. Dis 25mm ringe. Ringe gelap en en en... maar niks nie.
Ek dink ek moet hom maar terug stuur. Gatvol gesukkel met die ding.
Dankie vir almal se hulp en raad.
KK