Page 1 of 1

Burris Eliminator 3

Posted: Mon Nov 02, 2015 9:37 pm
by Smit@50
Naand manne . Wil hoor wat dink julle van die scope ? Ek stel belang maar is maar bang dat dit nie n goeie koop is nie. Ek wil hom op my CZ 300 winmag sit en vir langafstand jag gebruik . Ek hoor graag van julle.

Re: Burris Eliminator 3

Posted: Mon Nov 02, 2015 9:58 pm
by ruaanb
Ek het een op my 300wsm . As jou lading uitgewerk is en scope is gekalibreer loop hy mooi. Dit is egter nie n fyn groepeer skiet scope op 300m byv nie. Die kruishaar is te dik daarvoor.

Re: Burris Eliminator 3

Posted: Tue Nov 03, 2015 8:01 am
by Riebeeker
Kyk dat die teleskoop doen wat op die verpakking staan so is, is verseker. Dit range die teiken en kalibreer die kolletjie bykans onmiddelik en baie akkuraat. So vinnig as wat jy kan patrone in die kamer kan kry, so vinnig skiet jy gongs op 150, 350, 450 en 550 meter.

Aan die ander kant is die helderheid van die glas nie watswonders nie. Ek stem ook saam met die dikte van die kruishaar.

Re: Burris Eliminator 3

Posted: Tue Nov 03, 2015 3:46 pm
by ruaanb
Jy is reg Riebeeker. Die Hawke op my 6mm Musgrave se beeld is beter. Vir jagdoeleindes is dit egter goed genoeg. Vir fynskiet is dit nie goed genoeg nie. Ek het primer vir jag gekoop.

Re: Burris Eliminator 3

Posted: Sat Nov 21, 2015 8:06 pm
by Smit@50
Kan jy net een patroon se balistiese data laai op burris of kan jy meer as een laai.

Re: Burris Eliminator 3

Posted: Sat Nov 21, 2015 8:57 pm
by ruaanb
een op n slag maar om te reprogram vat sekondes