Page 1 of 1
Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 3:41 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê manne.
Ek het amper vanoggend 'n aar gebars!!!!
Ek koop laasweek 'n nuwe 243 by VGK in Parow en is baie in my noppies met hul vriendelike diens. Ek kry al die nodige dokumentasie by hul en vul dit in soos verlang. Ek kry mooi al my eendjies in 'n ry en sit vanoggend die stuk in na my plaaslike polisiekantoor. Ek staan eers 45 min in die ry om my ID afskrifte te laat sertifiseer, maar daar is 'n huppel in my stap, want al my ander dokumente is mooi korrek ingevul en my endorsement van my Jagtersvereniging, getuigskrifte en motiverings is in my pakkie.
Die DFO ontvang my vriendelik en begin met sy proses. Alles loop vlot totdat hy die wapen se nommer op die stelsel intik!!!
Die wapen verskyn nog onder die invoerder se naam en is nog nie ingevoer op die stelsel onder VGK se naam nie. Ek kan dus nie aansoek doen vir die wapen alvorens dit uitgesorteer is nie. Daar is net mooi niks wat ek daaraan kan doen nie.
Hoe kan 'n handelaar dan 'n wapen adverteer en aan jou verkoop sonder om seker te maak dat die wapen korrek op die stelsel gelaai is? Hoekom moet ek dan die volle bedrag van die wapen betaal alvorens hul die papierwerk invul en aan my oorhandig?
Indien ek geweet het dat die geweer nie op die stelsel is nie, sou ek dalk my planne verander het.
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 3:51 pm
by BeesBreet
Jissie, ek is nou sommer saam met jou die mo€r in!!! Wat se die mense?
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 3:53 pm
by Smous v.d. Vyver
Ek het my 308 destyds by Quenets gekoop by Oom Hannes.Ek en Willie het sommer daar my papierwerk ingevul nog voordat ek betaal het.By die huis gekom en sommer onmiddelik gaan aansoek doen.Daarna het ek afbetaal in 2 paaiemente.
Ek weet van paar geweerwinkels wat nie sulke vertroue in hulle kliente het nie.
Jammer om te hoor van jou ongerief Gawie.P.S. die DFO kan jou dokumente self setifiseer.
Paarl groete!
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 3:59 pm
by ruaanb
Wat is hulle antwoord ten opsigte hiervan?
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 4:04 pm
by blaser
tien teen een le die fout nie by hulle nie maar by die sap
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 4:09 pm
by Riaan Kriel
Gawie, dalk het ek dit heeltemal verkeerd verstaan maar hier is my "verstaan" van die proses.
Wanneer die invoerders 'n besending wapens inkry word dit op die stelsel geregistreer. Dan eers mag hulle dit na die handelaars toe versprei. Saam met die vervoer van die wapen word 'n SAP350 gestuur. Dit dui die wapens aan wat die "afsender" stuur na die "ontvanger" toe. Hy moet dan weer die SAP350 voltooi. Dit word dan na CFR gestuur wat dit op die stelsel invoer om tred te hou oor waar is watter wapen. Net so as wapens bv. na 'n geweersmit of na 'n ander handelaar toe gestuur word.
Dus jou eintlike frustrasie moet wees met CFR.....
Ek weet van handelaars wat al die SAP350-vorms saam met die nodige dokumentasie vir kopens gee wat dit dan saam met hulle aansoeke indien. Dan moet die "regte" persoon eers sy werk doen alvorens die res van die aansoek hanteer kan word.
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 4:29 pm
by Gawie(13mm)
Corné, die vorms is ingevul by VGK, saam met 'n afskrif van die 350 vorm. Die ry by die DFO en die toonbank vir waarmerk, was ewe lank vanoggend.
Riaan, ek het hom ook so, maar daar is glo 'n agterstand met die insleutel van die informasie op die stelsel by die CFR.
Wat my m@€r meter in die rooi druk, is dat ek nou klaar geskiet is vir die jaar.

Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 4:29 pm
by Askari
Presies dieselfde het gebeur toe ek my 22-250 by 'n baie bekende handelaar in Krugersdorp gekoop het. Die eienaar vd wapenwinkel het net sy skouers opgetrek en gesê die SAPS moet hul werk doen en my DFO het weer geweier om die aansoek te aanvaar voor dit reg was op die stelsel.
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 5:07 pm
by Nickvn
Ek het dieselfde gehad met die aankoop van my pistool by Safari. My DFO (ons mense) het toe met die invoerders geskakel en die papierwerk gekry en dit ingesleutel om die proses aan die gang te kry.
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 5:46 pm
by DWB
Dis nie ñ nuwe probleem nie..
Die CFR sleutel nie die goed vinnig genoeg in nie.
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 6:01 pm
by marco
Dankie Gawie vir die skoolgeld wat jy betaal het.. eks bitter jammer om dit te hoor en sou net so omgekrap gewees het as ek jy was. Maar ek het nou iets geleer hieruit.. As ek ooit n nuwe wapen koop van vandag af sal ek errs al die wapen se besonderhede kry en my DFO bel en vra dat hy moet kyk of als in orde is voor ek n sent neersit...
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Mon Nov 02, 2015 6:52 pm
by Frikkie Coetzee
Ek weet van HEELWAT gewere waarmee dit gebeur het. Nogal almal waarvan ek weet was Howas. Onder andere my 375.
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Tue Nov 03, 2015 9:48 am
by RUPERT
Nou weet ek nie Gawie. Ek het CFR op die 16de gebel toe se hulle vir my dat my liksens goed gekeur is maar twee weke voor dit toe vertel hulle my ook van die stelsel en dat my wapen nie onder die handelaar gerigestreer is nie.
O m n lang ding kort temaak het DFO dit uitgesorteer so is dit is nie iets wat jy kan verander nie maar DFO/SAPS se verantwoordwelikheid.
Bel dalk Zimo by CFR 012 353 6011 en hoor wat se hy moet of kan jy doen of dalk Sam by Sentraal 083 318 5830
Sterkte
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Tue Nov 03, 2015 10:12 am
by Gawie(13mm)
Darem snaaks hoe dinge werk. Vanoggend besoek ek die DFO en daar is die wapen nou op die stelsel.
Aansoek is in!!!! Nou wag ons.
Dankie manne vir die woorde van bemoediging!

Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Tue Nov 03, 2015 11:48 am
by matewis
Dieselfde storie met my 308 vroeer vanjaar gewees.
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Tue Nov 03, 2015 11:57 am
by Eugene
Dit klink my of die probleem by die SAPD lê wat nie sorg dat die "Dealer Stock" tydig op die stelsel gelaai word nie. Daarom moet jy by ons die SAP350(a) saam met jou aansoek stuur en as dit nog nie op die stelsel gelaai is nie, dan doen die DFO dit sommer. Dit was laas die probleem met S&O se nuwe besending gewere ook gewees. Gelukkig het S&O my gehelp om dit vinnig reg te stel.
Re: Van bakboord na stuurboord!
Posted: Wed Nov 04, 2015 11:06 am
by tau
Lyk my ek sit met dieselfde probleem met my Semi Auto aansoek my handelaar het dit ook al in Junie ingehandig en nou is daar nie so wapen op stelsel. GOSA vat Vrydag my aansoek in op hulle besoek aan CFR.