Page 1 of 1

Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Mon Nov 02, 2015 3:25 pm
by swc-tr
Vir manne in Limpopo wat mag belangstel, daar word 'n bekendstellingdag aangebied op 14 November in Pietersburg (Polokwane) op die Jimmy Moulder skietbaan. Daar word beplan om so tussen 8 en 8:30 te begin, gaan geskiet word op 500 en 700m.

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Fri Nov 06, 2015 11:54 am
by swc-tr
Is daar niemand in Limpopo (Noord-Transvaal Bosveld) wat belangstel nie? :o

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:10 pm
by Capt. Yoda
Daai manne skiet seker net Musgrave 06e daar in die bosveld

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:19 pm
by swc-tr
Capt. Oblivious wrote:Daai manne skiet seker net Musgrave 06e daar in die bosveld
Moet nie laat Ferdi Bam, Paul Prinsloo of Gerrit Botha jou nou hoor nie........

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:23 pm
by Geno
swc-tr wrote:
Capt. Oblivious wrote:Daai manne skiet seker net Musgrave 06e daar in die bosveld
Moet nie laat Ferdi Bam, Paul Prinsloo of gerrit Botha jou nou hoor nie........

Daai man skiet laat die rook draai. En as hy sy 7,82 Warbird uitpluk, dan is daar eers pêrre. Sy hele gesin eintlik. Oom Wors, Henry en Tannie Louise ook. Lanklaas sulke goeie skuts gesien.

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:27 pm
by swc-tr
Paul en Gerrit is nou besig om .375 Chey-Tacs te bou, hulle het klomp komponente gekoop toe ons (SA Protea Bisleyspan) nou onlangs in Amerika was.
Hulle is egter ou Bisley skuts, ons soek nuwes in die Bosveld.

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:54 pm
by Ferdi Bam
Janee hier heers n onaardse stilte oor die bekendstellingsdag. Sal maar my ordentlike baadjie aantrek en die Musgrave 06e verduur op die dag.

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Fri Nov 06, 2015 1:10 pm
by swc-tr
Dalk is daar nie so baie "keyboard-snipers" in die Bosveld nie...... >:D

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Fri Nov 06, 2015 2:11 pm
by savage(P Coetzer)
Ek gaan dit defnitief nie mis nie.
Weet van nog 2 ander manne wat ook daar gaan wees.

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Sat Nov 14, 2015 7:09 pm
by savage(P Coetzer)
Ek wil net net vir Schalk en Willem en die res van die bisley manne wat al die moeite gedoen het om ons manne hier bo aan die sport te kom blootstel baie dankie sê. Dit was n eye opener gewees om te sien hoe die manne die wind kan lees!

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Sat Nov 14, 2015 8:52 pm
by O@MOA
Dit was lekker om al die bosveld manne te ontmoet en saam julle te skiet. Soos Schalk gesê het vandag: Bisley is die ideale platform om langafstand skiet te leer verstaan. Jy kry nuwe perspektief op die opeenvolgende gebeure vandat jy daai sneller druk tot daai stoffie plat trek teen die stopwal. Hoop om julle vinnig weer te sien by die baan.

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Mon Nov 16, 2015 7:38 am
by swc-tr
Dankie aan almal van Polokwane wat die dag moontlik gemaak het, die baan was maar baie rof voor die tyd gewees.
Hoop om baie van julle weer in die toekoms op die Bisley bane te sien.
Om meer van die dag te sien, volg die skakel: http://sabisley.freeforums.org/limpopo- ... -t822.html

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Mon Nov 16, 2015 7:54 am
by savage(P Coetzer)
More Schalk.
Weet nie of ek aanjaag nie maar daardie link wil nie oopmaak nie.

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Mon Nov 16, 2015 7:57 am
by Bigfoot
Schalk,

your link is not working

:(

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Mon Nov 16, 2015 8:04 am
by swc-tr

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Mon Nov 16, 2015 8:24 am
by savage(P Coetzer)
Eks net spyt dat ek nie die braai na die tyd kon bywoon nie.

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Mon Nov 16, 2015 8:36 am
by swc-tr
Pieter, dit was gaaf om jou, Hennie en die ander manne te kon ontmoet, hoop om julle binnekort op die ander Bisley bane te sien.

Re: Bisley & F-klas bekendstellingdag Limpopo

Posted: Tue May 17, 2016 2:52 pm
by swc-tr
As opvolg aksie, bied die Pietersburg manne vanjaar vir die eerste keer die Bosveld Ope aan op 27 & 28 Mei.
Hoop om baie van julle daar te sien.
Bosveld ope.pdf