Page 1 of 1
.223 Rem aanwendings.
Posted: Sun Jun 05, 2011 1:18 pm
by Pvdw
Hi manne, ek het nou net vir my die HOWA 223 gekoop. Ek ken nie die kaliber baie goed nie en sal net so bietjie inligting by julle wil kry van die 223 se aanwending en beperkings.
Ek het reeds hier en elders gehoor dat die 223 met 55gr koe?ls so in die omgewing van 3000-3200 ft/s skiet. So knertsie vinniger met 50 en 45gr.
Wat ek wil weet is wat sou julle s? is die mees algemene wild/pesdiere wat ek met vertroue met die kaliber kan skiet sonder om "under gunned" te raak.
Ander belangrikke inligting sou wees die maks. veilige afstand.
Ek wil nou nie weet van daai 1 skoot wat Oom Sarel die koedoe op 356m deur die ore geskiet het nie, ek kan nie so goed skiet nie en ek gaan ook nie die kaans waag nie. Ek is maar een van daai hart/long jagters.
Ek weet ek kan jakke lekker met hom skiet, maar tot op watter afstand sal die 223 nog sy werk doen as die skoot mooi geplaas is?
Hoe voel julle oor Blesbok, Rooibok, Springbk en die grootte wild en weereens rowwe maks. afstand?
Dankie.
Peet
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Sun Jun 05, 2011 2:01 pm
by whisper
Oom Peet, ek skiet al n hele ruk met my .223, hy was my oes geweer vir 4 jaar, en is al op sy vierde (4) loop. Deur al die skietery wat ek met hom gedoen het, is daar een ding wat jy vroeg moet leer met hom, hy hou glad nie van wind nie. Ek skiet gewoonlik n 55gr pilletjie, met 24.5gr s321, en hy skiet teen 3150fps (skies, dit is n brno). Jy kan met gemak, al jou bogenoemde bokke skiet met hom, maar soos enige ander kaliber, is skootplasing krities. Ek het self koedoe met myne geskiet, en n paar ander groot bokke, wat ek nie sal noem nie want dan word daar gese dat ek "irresponsible" is. As jy gemaklik is met jou roer, en die skoot is daar, sal jy dit mos vat, of hoe? Ek en Foxcreek skiet altwee .223 op jakkalse saam, en dit moet een van die lekkerste kalibers wees om te skiet, herlaai ens. Hy is ook baie stil met sy KD op. Ek weet baie manne skiet 300m met hom in baan kompetisies, maar op n bok, veral as daar wind is raak ek HOOGS ongemaklik na 180m. (onthou asb. dit is ek, en nie oor die algemeen). Hoop dit het van jy vra geantwoord?
Mooi loop.
Whisper.

Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 8:14 am
by Beyers
Wind is 'n probleem met die kaliber. 300m met 'n goeie koeel is nie 'n probleem nie. Net baie oefen, sodat jy die trajek ken.
Beyers
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 8:34 am
by Hein M.
Fantastiese kaliber
As die wind waai, bly by die huis. Skootplasing is kardinaal - veral met groter bokkies. Gebruik premium punte met die jag van hierdie groter bokkies. Soos gese: 180m is 'n goeie maks afstand indien jy onseker is oor langafstand trajek. Vir peste is die 55gr V-Max koning!
Hein
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 3:23 pm
by Frikkie Coetzee
Dagse
Gepraat van 223. Wat is julle gevoel. 55gr teen +/- 3100 of eerder die 69 gr teen bietjie stadiger.
Ek het n Savage met n 1 in 9 twist en is lus om iets anders te probeer. Die groefdraai behoort darem die69 gr te stabiliseer. My 223 is n speel geweer en is te swaar om rond te dra maar is altyd nuttig om ape in die lande of teen kranse te skiet so meeste skote sal wees op 200 tot 300 meter.
Ek speel al lank met die idee om swaarder punte te probeer maar het nog nooit sover gekom nie.
Ek skiet nie peste of bokke vir geld nie soek kan maar match punte gebruik. tans gebruik ek 55 gr V max wat wel baie akkuraat is maar ek voel met die groefdraai kan ek meer verrig.
Wat dink julle??
Frikkie
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 3:55 pm
by Arnold
Frikkie, jy kan gerus die swaarder koeels 'n kans gee. Hulle gaan minder gepla word deur die wind al hardloop hulle 'n bietjie stadiger.
Ek het ook 'n Howa 223 en het onlangs bietjie gaan springbok skiet. Ek het myself maar beprk tot so 160m omdat ek net kopskote geskiet het. Natuurlik gaan alles nie altyd soos mens wil h? nie en een was 'n bekskoot. Toe die bokkie op 300m gaan stilstaan klap die skoot weer en ek tref hom mooi agter die blad {bietjie hoog}. Hy het net daar geval. Gelukkig het ek geweet waar my geweer op op 315m skiet omdat dit een van die afmik punte op die scope se reticle is en ek hou toe sommer daar (daarom die effense hoe skoot).
Daar was egter geen wind nie.
en omdat ek hou van br?g ...

Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 4:18 pm
by Nico Harris
watse scope is daardie Arnold?
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 4:19 pm
by Arnold
Burris FFII 4.5-14x42 met die ballistic plex kruishaar
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 6:31 pm
by whisper
Gromit, ek sal versigtig gaan met daai 69gr, doen eers bietjie navorsing, ek wil amper se dat jpu "twist" dalk n bietjie stadig is vir daai pil. Hy sal ook heelwat meer "drop" he oor afstand, en baie vinniger spoed verloor. Check asb, daai info met jou "twist", dit kan tot groot frustrasie lei, as jou "twist" te stadig is, en dan wil hy nie groepeer nie!

Ek kan heel verkeerd wees, maar as ek reg ontou, soek n .223 n twist van 1:7 (minstens) of vinniger, vir pille BO 62gr, maar soos ek se, ek kan heel verkeerd wees, lank terug dat ek met sulke "swaar" pille gespeel het!
Mooi loop.
Whisper.
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 6:53 pm
by Nico Harris
Arnold dis n bleddie mooi scope!
Whisper...ek dink weer daai 62gr pil sal sy spoed beter hou as die ligter koeels en minder wind sensitief wees.
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 6:58 pm
by Arnold
Dankie Nico
Barrel Twist Rate 1:14" 1:12" 1:9" 1:8" 1:7" or 1:6.5"
Max Bullet Weight 55gr FB 65gr FB 73gr BT 80gr BT 90gr BT VLD
Whisper, ek stem saam met Nico ... BC is 'n wonderlike ding
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 8:29 pm
by Pvdw
Dankie vir die terugvoer so ver manne.
As ek so kan aflei is die 55gr maar die kos vir daai HOWA van my en as die wind nie pla nie is ek veilig tot 200m en as ek bietjie brawer raak dalk so 250-300m met goeie skootplasing.
Lyk vir me ons meer algemene klein wild is ook skietbaar met die 223
Peet
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 9:09 pm
by Arnold
Kyk net 'n bietjie hier sodat jy nie goed in jou motivering skryf wat nou onwettig is nie ...
http://www.info.gov.za/view/DownloadFil ... ?id=146677
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Mon Jun 06, 2011 9:21 pm
by krisie
GROMIT
Hoeveel duim is daai savage 223 se loop.Wat is jou beste groep. Ek kry mynne nie kleiner as 30 mm op100m nie.Kan julle manne my help.
KRISIE.
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Tue Jun 07, 2011 4:12 pm
by Frikkie Coetzee
Krisie
Die 223 van my is n Savage model 110 met n sintetiese kolf en n SWAAR loop.
Ek was baie verbaas oor die twist rate. Dit is maar die hoof rede hoekom ek dink aan swaarder ounte
Met 55gr V Max skiet hy 1/4 duim heeldag lank. Behalwe as die wind waai.
Ek moet se ek het met n 22 Hornet grootgeword en BAIE springbokke geskiet voor ek gelees het jy kan eintlik nie... Ek en die bokke het dit ongelukkig nooit geweet nie.
Frikkie
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Tue Jun 07, 2011 4:55 pm
by Frikkie Coetzee
Krissie
Sorry. My 223 het n 26 duim loop
Frikkie
Re: .223 Rem aanwendings.
Posted: Tue Jun 07, 2011 4:58 pm
by Pvdw
Arnold dankie vir daai stukkie inligting. Dit help baie om te weet wat die geregs dienaars wil sien en wil weet. Die inligting sal maak dat ek mooi my storie agter mekaar kan kry.
50-100gr bullet
(i) furred game larger than the species contemplated in sub-paragraph (1)(a)(i), up to and
including the size of springbok; and
(ii)mountain reedbuck
So alles vanaf mountain reedbuck en springbok is "Fair game"
Peet