Page 1 of 1
Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Fri Oct 30, 2015 2:10 pm
by Kalahari
Goeiedag almal
Ek kyk na 'n spesifieke teleskoop om te koop vir die kompetisie skiet. Burris XTRII 5 - 25 x 50. Scr moa kruis ffp.
Volgens die handleiding is die dikte van die kruis (floating cross) 0.11 moa.
Is ek reg as ek sê dat die dikte in mm dan +-2.9mm gaan wees? Ek neem aan dit sal op 100m wees, maw die spasie wat die kuis gaan toemaak.
Nou my eintlike vraag is: hoeveel mm gaan die kruis dan bv op 300m toemaak en hoe doen ek daardie berekening?
Dit is 'n ffp teleskoop en ek probeer vasstel of die kruis op maks vergroting nie te dik gaan wees om "fyn" te kan korrel nie.
My huidige z6 met die br kruis se dikte is 0.4cm op 100m en ek kom goed reg met die teleskoop in veldskiet kompetisies.
Dankie
Johan
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Fri Oct 30, 2015 2:32 pm
by alecjohnson
Kalahari wrote:Goeiedag almal

2.9 100m
5.8 200m
8.7 300m
11.6 400m
want
1MOA =
+-1" op 100m
2" op 200m
10" op 1000m
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Fri Oct 30, 2015 2:41 pm
by Kalahari
http://www.burrisoptics.com/sites/defau ... s-2015.pdf
Baie dankie Alec
Is ek dan reg as ek sê dat die z6 se kruishaar dikker is as die Burris se kruis?
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Fri Oct 30, 2015 3:36 pm
by Fritz
Jammer ek spring in. Maar ek kry 3.2mm op 100m
Potato potAto..

Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Fri Oct 30, 2015 3:46 pm
by Kalahari
Fritz Hagen wrote:Jammer ek spring in. Maar ek kry 3.2mm op 100mPotato potAto..

, reg Fritz, ek het mos gevra.....
Verduidelik asb man, ek leer baie graag...... of ek dit gaan onthou is 'n ander storie

Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Fri Oct 30, 2015 3:49 pm
by tripodmvr
.11 x 29mm = 3.2mm, dus op 1000m gaan dit 32mm dik vertoon.
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Fri Oct 30, 2015 8:25 pm
by alecjohnson
Ha! Ek het nie daai som gemaak nie ek het net gekyk na die grote wat gegee is. Wys net hoe ek in die klas oplet!
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Sat Oct 31, 2015 11:19 pm
by Piet Breedt
Johan, het jy toe n XTR onder oe gehad?
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Sun Nov 01, 2015 2:01 am
by Kalahari
Hallo oom Piet. Nee ongelukkig nie, maar daar is wel voorraad in die moa kruis wat ingekom het. Wou nog vir oom vra as oom weer in daardie omgewing kom of oom nie vir ons na die scope wil gaan loer nie asb.
Ek gebruik nog my z6, maar sal iets moet begin soek vir die 260. Begroting is die probleem.
Aos as ek reg is, prys is bietjie styf.
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Sun Nov 01, 2015 12:41 pm
by Piet Breedt
Waar is hulle op voorraad Johan, dan gaan kyk ek so gou ek kan?
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Sun Nov 01, 2015 2:27 pm
by Kalahari
Piet Breedt wrote:Waar is hulle op voorraad Johan, dan gaan kyk ek so gou ek kan?
Middag oom Piet , as ek reg is dit African Outdoor Sport(s) (AOS).
Ek hoop oom sal by hulle kan gaan kyk, ek weet nie of die mense die groothandel verspreiders is en hoe hulle "deal" nie.
Ek sal vir waardeer as oom kan kyk na die scope, want vir my om iets so blind te koop is baie moeilik.
Groete
Johan
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Sun Nov 01, 2015 9:53 pm
by Piet Breedt
Johan, hulle is groothanderlaars en sal nie sommer vir my wil help nie, maar ek gaan probeer.
Re: Bepaling van Kruishaar dikte
Posted: Sun Nov 01, 2015 10:02 pm
by Kalahari
Piet Breedt wrote:Johan, hulle is groothanderlaars en sal nie sommer vir my wil help nie, maar ek gaan probeer.
Baie dankie oom Piet, waardeer.
Dit is soos ek vermoed het dit gaan wees, maar ek hoop oom kan daar inkom.
Ons ry Dinsdagoggend vroeg, voorspoed vir oom en die tannie met die herstel na die operasie.
Groete
Johan